Grondhervorming: ‘Boere gaan self moet inspring’

Prof. Ferdi Meyer is die direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), Foto: BFAP.co.za

Grondhervorming en ʼn verskuiwing na ʼn meer inklusiewe ekonomie is onvermydelik – dit gaan op die een of ander manier moet gebeur. Dit is hóé dit gedoen word wat uiteindelik die bepalende faktor sal wees of die landbousektor gaan floreer of sink.

Só het prof. Ferdi Meyer, direkteur van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP), Donderdag gesê in sy voorlegging aan skougangers by Laeveld Agrochem se Seil-Safari-landbouskou. Meyer het gesels oor die sogenaamde ses megatendense wat Suid-Afrika se landboukundige uitkyk op medium- en lang termyn sal vorm. Een hiervan is die kwessie van grondhervorming.

Meyer het op ʼn grafiek twee asse getrek om die stand van sake rakende grondhervorming en ekonomiese vooruitgang uit te beeld. Aan die kant van die een as lê ʼn inklusiewe ekonomie met ʼn gekonsentreerde ekonomie aan die ander kant. Op die tweede as lê swak beskerming van eiendomsregte aan die een kant, met uitbreiding van sterk eiendomsregte aan die ander.

Meyer meen Suid-Afrika lê tans op ʼn plek van sterk eiendomsregte, maar binne ʼn gekonsentreerde ekonomie. “Die realiteit is dat daar tans ʼn baie klein persentasie van ons bevolking deelneem en bydra tot ons ekonomie. Daar is natuurlik ʼn lang geskiedenis vir die redes hiervoor, maar dit is die realiteit,” sê hy.

“Dit kan nie meer so aangaan nie. Ons sal moet beweeg na ʼn inklusiewe ekonomie wat ʼn groter persentasie van die bevolking betrek. Daar is druk op die stelsel en ons almal voel dit. Dit is nie noodwendig ʼn ekonomiese besluit nie, maar ʼn sosiale besluit, ʼn hartsbesluit.”

Meyer sê die verswakking van eiendomsregte is egter nie die manier om dit te doen nie. Hy het Zimbabwe as voorbeeld gebruik waar die onteiening van plase vir ʼn baie kort tyd gelei het tot ʼn meer inklusiewe ekonomie, voordat die ekonomie in duie gestort en die land grootliks verarm het. “Die scenario is doodeenvoudig nie volhoubaar nie,” sê hy.

Om egter die behoefte aan grondhervorming te ignoreer, is ook nie die antwoord nie, sê Meyer. Hy meen die uitvoering van grondhervorming sal die bepalende faktor wees en tans het die staat nie die nodige instansies, hulpbronne en kundigheid om die proses alleen te hanteer nie.

Sy boodskap aan boere is om nou al self die proses aan die gang te sit – self die grond te identifiseer, self ʼn swart vennoot of begunstigde te kies. “Die grondhervormingsproses is polities belemmer en is oor die jare vertraag deur korrupsie. Nou kan ons eenkant staan en sê hierdie is ʼn slegte proses en ons gaan niks doen nie. Dan gaan ons sosiale opstand sien. Of ons kan self besluit om iets te doen.”

Meyer sê daar is reeds talle suksesverhale van boere wat self die inisiatief geneem het om ʼn voorman of plaasbestuurder by te staan en te help om op klein skaal ʼn suksesvolle boerdery te vestig. Dit is die boere wat nie wag vir die regering om te help nie, maar wat self inspring om die grondhervormingsproses aan die gang te sit.

“In hierdie kamer sit ʼn hengse klomp vaardige ouens wat hierdie ding ook kan bestuur. So kry jou swart vennoot, bou jou gesamentlike onderneming en koop self in hierdie toekoms in saam met die regering. Daar sal ʼn tweeledige proses moet wees waardeur ons hierdie proses aan die gang kry, want as ons dit nie gaan doen nie, gaan ons ʼn situasie sien waar grondgrype al meer gaan plaasvind,” verduidelik hy.

“So ek sê die positiewe uitkoms lê daarin dat die regering die instansie of staatsinstelling in plek moet kry wat verantwoordelik is vir grondhervorming, wat die partye bymekaar bring en sê hier is die finansiering, hier is ʼn begunstigde, wat kan jy as boer tafel toe bring. Gee jy die mentorskap en kom ons sit ʼn pakkie bymekaar en nou het ons ʼn suksesvolle boerdery. Almal sal daardie hartskuif moet maak om te sê, ek gaan ook my bydrae lewer om met die proses te help. Jy ken jou begunstigde of die ou met wie jy ʼn vennootskap wil aangaan. Jy het die kundigheid, jy het die toerusting, jy kan hierdie begunstigde help om op sy voete te kom. En voor jy jou oë uitvee, skuif ons hierdie ding binne vyf of ses jaar dat jy hom nie meer sal herken nie.”

Meyer meen dit is hoogs onwaarskynlik dat die Suid-Afrikaanse regering sal toelaat dat grondonteiening dieselfde paadjie stap as Zimbabwe. “Die boodskap oor grondonteiening word meer gedryf deur ekstremistiese uitlatings, maar as jy met die beleidsmakers praat, is daar ʼn besef dat grondonteiening ʼn baie riskante proses is. Ek glo dat hulle hoogstens sal sê daar is sekere kategorieë wat onteien gaan word. Ek kan nie dink dat hulle kommersiële landbou se grond sal onteien nie, ek dink dit is hoogs onwaarskynlik.”

Meyer voeg by dat die fokus van grondhervorming moet wegbeweeg van die grootte van die grond wat herverdeel word en dat daar eerder gefokus moet word op die ekonomiese potensiaal van grond. Natuurlike hulpbronne moet in ag geneem word.

“Ons moet wegbeweeg om te kyk na die grootte van grond as definisie van grondhervorming en eerder kyk na die kondisie van die grond wat herverdeel word. Jy kan mos nie die waarde van ʼn 2 ha-bloubessieplaas vergelyk met die waarde van ʼn 2 ha-skaapboerdery nie. Persentasiegewys is die twee dalk dieselfde, maar ekonomiesgewys kan daar nie eers ʼn vergelyking getref word nie. Dít is die boodskap wat ons moet vestig. Dit gaan nie net oor persentasies nie, dit gaan oor die ekonomiese konsep van ʼn inklusiewe ekonomie.”

Ander tendense wat Meyer geïdentifiseer het wat ʼn bepalende rol in die toekoms van die landbou gaan speel, sluit in noodsaaklike infrastruktuur (onder meer ʼn doeltreffende krag- en waternetwerk), wêreldmarkte, handel en die nodige handelsooreenkomste, klimaatsverandering, en die gebruik en wetenskap van data.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

AP ·

Nee wat malema sal in beheer wees , zuma gupta wou alles oorneem en wanbestuur

AP ·

Nee wat malema sal inspring , hy behoort presies te weet waar om te begin , sy voorgangers het gefaal

Wouter ·

Dis als goed en wel. Maar wat van die honderde plase wat reeds gevat of gekoop is en vir “our people” gegee is en het totaal tot niet gegaan. Kyk net die Vrede suiwel plaas, Wintershoek naby Kimberley?

Johann M van Heerden ·

‘n Ekonoom het gepraat. Ek vra my net af: wat hy nou eintlik gese wat nie vanselfsprekend is nie. Dit is dus weereens net ‘n pratery. Die mense wat die besluite gaan neem, sal dit nie op logika baseer nie, maar op vooroordeel. Net soos met die ‘haatspraak’ bevindings deur die MRK gebeur het. Die ‘wenner’ skryf die reels. Ons weet wie dit is. Swart mense behoort ‘n groter aandeel aan die ekonomiese koek te kry, maar as hulle na bykans ‘n kwarteeu van bevoorregting nognie het nie, is die vraag of hulle dit ooit sal kry al word dit vir hulle gegee op ‘n skinkbord. Soos tans wel gebeur.

Johan ·

Ek dink wat die meeste boere omkrap rondom grondonteiening is die die woorde SONDER VERGOEDING…

Jaco Burger ·

Altyd snaaks hoe daar “slim” mense, oftewel, mense wat dink hulle is slim, navore kom en goed kwyt raak wat hulle nie aan hulle self gedoen sal wil he nie. Meyer moet dalk net wakker skrik, die plaas eienaars het gewerk vir die grond, dit is gekoop met geld, nie verniet gekry nie. Wil my voorkom hy is ook ‘n cANCer ondersteuner, of liberalis, en ken nie heeltemal SA se geskiedenis nie. Die swart volk wil ne he, en nie werk vir iets nie. Maar ander mense moet maar werk en hulle eiendom afstaan. Ek hoop na regte, hier gronhervorming kom byt iemand in die agter stewe.

Boer ·

Stem met jou saam
Die “slim” mense praat te maklik want hulle gaan dit nie aan hulle bas en bank rekeninge voel nie
Ek werk dag en nag, koud of warm, droog of nat vir dit wat ek het….ek gaan niks weg gee nie. End of story!

Dries du Toit ·

Presies Wayne. Dit is vreeslik hoe die sogenaamde slim mense daardie doodswens binne hulsef dra en vertroetel tot sy hele volk se uiteindelike verdwyning in donker Afrika

AJ. ·

Nou wonder ek waar gaan die 20 miljoen Nigeriese immigrante wat ons president na die land wil bring, plase en werk kry. Daar is nie eers genoeg werk vir almal nou in ons land nie.

J ·

Hierdie persoon boer baie duidelik nie self, eerste plek sukkel die gemiddelde boer om net ekonomies n bestaan te maak, dit geld vir sowat vir 90% van middelklas en kleiner boere, tweede plek sal die swart massas nooit ooit tevrede wees voor geen blanke meer iets besit nie, en dit geld nie net vir die landbou nie, so megaboere kan makliker hierdie pad loop, sal werk vir n jaar of twee dan sal dit nie meer genoeg wees nie, word wakker, sal nie stop voor daar nie meer iets oor is om te aas nie

PieterJohannes ·

Ek weet van boere wat nog steeds in Zimbabwe boer. Ten spyte van alles wat daar gebeur het. Vraag is hoe het hulle dit reggekry? Waarom is hulle nie verjaag nie? Onlangs het ‘n persoon van Dept Arbeid by my kom draai. Hy beweer toe dat hy ‘n boek oor Zimbabwe gelees het en sy gevolgtrekking was “They did not want to share” As ons nie gaan wakker word nie, gaan ons sekerlik ontnugter word. Die bestaande model waarvolgens ons nou opereer is dalk uitgedien. Ek sien regtig nie kans vir so ‘n vennootskap nie, maar weet nie wat die oplossing is nie.

Alida ·

70% van die bevolking weet nie van hard werk vir iets nie. Hulle glo alles is verniet. Daar is nie ‘n oplossing vir hierdie situasie nie. As jy nie wil gee nie dan maak ek jou dood. Dit is maklik want ek kom niks oor nie. Verskyn, kry borg en alles is vergete.

Zak ·

Slegs as 1 kind policy toegepas kan word want oor 10 jaar teen 4 kinders per huis is dit SAME OLD SAME OLD!

Gert ·

Ek glo nie dat baie boere kan bekostig om ‘n swart vennoot in te bring en dan die plaas se inkomste met hom te deel nie. Dit sal beteken dat die boer sy eie inkomste halveer. Wie van ons kan oorleef met 50% minder inkomste?
Ek dink ook dis baie onregverdig om van boere te verwag om hulle inkomste te halveer, terwyl die res van ons ons vol inkomste behou.
Die regte oplossing vir Suid-Afrika is vir swartes om opleiding te kry sodat hulle hulle eie inkomste kan begin genereer, nie om wittes se inkomste te verdeel nie.

Boerin ·

Ja want gaan die nuwe swart boer dan 50% van die SKULD ook oorneem? En skuld maak vir oeste om ingesit te word en Trekkers regmaak en PETROl ingooi en BEsproeiing installeer of gaan hulle NET in die WINSTE deel? So die ou bly by jou op die plaas, en jy deel 50% van jou inkomste met hulle ? Die swart boer wil nie boer nie .. hy wil nie skuld aangaan en vir herstelwerk van implemente verantwoordelik gehou word nie, WAT verstaan julle nie?

John ·

… sè my nefiie, is diè kundige familie van onse Roelfie wat net so ‘n slim kèrel was? Geen plan, hoe goed ook al bedoel word deur Afrika vertrou wat nog gevolg nie… Self inspring… of self van die krans afspring… Ses megatendense… verswakking van eiendomsreg is juis die plan. AgriSA het ook gaan kruip… Afrika glo as jy iets uit die bloute vir hom gee, moes jy hom iewers grootliks ingedoen het. Woede ipv dankbaarheid is jou voorland.

Dries du Toit ·

Dit is hoe dit gaan in SA. Die ANC kom met belaglike voorstelle teen blankes wat net verdien word om totaal verwerp te word maar dan kom die sogenaamde slimkoppe in ons geledere met n plan met toegewings om dit net so 80 % belaglik te maak. Dan oortuig hulle ons dat ons gewen het

Gaitsigubib ·

Die hele probleem is eintlik as jy nie ‘n stuk grond kan afbetaal nie, dan is wat ook al jy op die grond wil doen in elk geval nie lewesvatbaar nie. Die ANC se tekort aan “common sense” gaan boere noop om met die buiteland te praat soos Afriforum, TLU en n paar ander tans doen, want die ANC het nie ore nie. Gondhervorming kon wel slaag as die tempo daarvan nie binne ‘n bepaalde raamwerk geplaas was nie en as die vrye mark beginsel gevolg was. Dan kan jy stelselmating swart boere wat kan boer help om lenings te kry en sy grond te bekom op ‘n “behoorlike” manier. Daar is wel swart boere wat kan boer maar hulle is min en die regering wil hulle nie noodwendig help nie. Hulle wil ook nie na die boere luister nie.

Gaitsigubib ·

Ek meen hulle MOES die die vryemark beginsel volg, nie kommunisme probeer bevorder nie……………………… maar hoe vertel jy dit vir mense wat vir geslagte deur Kuba, Rusland en China getrain is?

Jerry ·

Prof Ferdie behoort nie te raai oor wat die ANC regering beoog nie, Hy behoort darem al teen die tyd te weet. Dit daar gelaat, niemand kan se dat Prof Ferdie verkeerd is met sy goeie bedoelinge nie en dat dit nie sal werk nie. Laat die boere wat dit wil probeer, dit doen soos wat daar reeds gevalle van is en wat sover wel vir hulle werk. Inteendeel laat elkeen self besluit en doen wat elkeen dink is die beste om te doen. Iewers gaan iets wat OSV nie nodig maak nie, uitpop! Die meerderheid mense soek in elk geval nie grond om te boer nie, hulle soek vergoeding. Dit is die regering wat landbougrond soek om minerale te myn, soos bv uraan vir kernkrag. Daai plannetjie is net vir eers in die kas gebere en glo my hy gaan nie vir te lank stof opgaar nie. Wat soek die meerderheid mense? Hulle soek grond vir behuising naby aan die stede en werkplekke, dit is wat hulle soek mbt grond en munisipaliteite is reeds besig daarmee. So al wat regtig oorbly is landbougrond en iewers gaan n gesamentlike Prof/boereplan oppop wat OSV in sy vuil spore gaan stuit! Gun die boere net n kans, moet nie die handrem aanhou optrek nie!

Alida ·

Die slim mense het die papiere en dink hulle weet alles. Kom voel aan jou lyf prof of dit gaan werk of nie dan praat ons weer.

Stoffel ·

Nou toe nou, met sy twee asse kom die prof vorendag met ‘n helse gevolgtrekking. Maar wag, hy het mos die Kirsten perd opgevolg wat nou die dag dieselfde twak êrens in die Weskaap opgedis het.

Alida ·

Die prof sit in ‘n kantoor agter ‘n blink lessenaar. Kom “practice what you preach” en dan kyk ons of jou plan werk. Boeke en navorsing help niks in SA nie. Hier wil hulle he of vat net of brand alles af.

Steven ·

Prof jy en meeste sprekers daar is so ver verwyderd van die werklikheid, dis skokkend en terselfdertyd te verstane… werktuie van die regering of vir eie gewin.
Dis n tragedie wat voor ons afspeel.
Van ons boere “dine en wine” op n skippie wat deur die gemaksugtige maatskappye geborg word, wat maar net die laaste sente uit die boere wil tap. Terwyl ander boere veg teen droogte, moord, en probeer om sy plaas te behou. Dan betaal diegene nog vir die uitstappie, dink tereg dis seker n goeie idee om nog te jol terwyl hulle kan, word kaf in hulle ore gepraat, glo dit wragtig saam met die dop en seelug, en voor jy jou kom kry is ons oorrompel soos ons dit nie kan glo nie… klink dit dalk bekend vir julle. Ek dink nie so nie, want dan was ons nie by hierdie keerpunt nie. Baie boere voel reeds die pyn en kan nie seil safaris bekostig nie, wat nog om sy plaas te deel. Julle gaan julle plase 100 % verloor, punt. Mega boere inkluis, net n kwessie van tyd en dalk met so bietjie teenstand mits n paar boere kromrug trek. Wat anders kan julle verwag met die roete waarop SA invaar… dis n skim (drog)beeld op die horison – fantastiese ekonomiese groei, geen korrupsie, wonderlike sosiale kohesie… ondersgeunende staat, min of geen belasting nie… droom aan en geniet die seil safari, terwyl SA sink en dit bes moontlik julle laaste lekker trippie sal wees.

AG asb tog ·

JA BOET, HET JY ‘N PLAAS? Kom ons begin by jou .. vreemd dat die Agri SA en slim manne soos julle altyd ANDER mense se plase wil uitdeel??? NIKS gaan help nie . die ANC het die mense PLASE belowe SONDER wittes op .. hulle gaan nie tevrede wees met ‘n wit boer op HULLE plaas nie . julle leef in ‘n droomwereld … TWEEDENS wie se skuld is dit ?? Die BOER gaan die skuld aan en die NUWE OPKOMENDE boer deel in die winste . ?? Sjoe julle is slim …

Absoluut! ·

AG asb tog – jy is absoluut 200% inni kol. Dit gaan NIE werk NIE.

Dup du Plessis ·

Al uitweg wat daar kan wees vir hierdie probleem is om ‘n fonds te stig vir die sogenaamde boere wat wil begin boer. Gee aan die wat dan kwalifiseer ‘n normale (maar sagte lening) waarmee hulle dan soos enige normale boer grond kan koop (daar is oorgenoeg grond beskikbaar in die mark), produksieskuld maak, implimente aankoop ens. Dus is die onteiening sonder vergoedig dadelik van die tafel en almal is dadelik in ‘n ekonomiese omgewing. Dan leer hulle van dag 1 af wat dit behels om te boer, en dat skuld terugbetaal moet word. Op die huidige manier word skuld meestal jaarliks afgeskryf, ‘n volgende probeer en die proses bly herhaal met bitter min sukses. Met die vermorsing van hierdie geld en al die onsuksesvolle pogings kon ons seker al vir ‘n jaar of wat graan ingevoer het – sonder die vestiging van 1 nuwe boer. Volgens my kon daar eerder van die miljarde rande wat op gratis studies vermors word vir so ‘n fonds gebruik word.
Dit waarborg egter steeds nie die sukses van die boerderye nie. Dan die belangrikse, daar is ongelukkig net ‘n paar duisend plase waarop geboer word wat steeds vir miljoene moet kos voorsien

Johan ·

Elke boer in die land plant net 20% minder en due boer wat dit nie doen brand sy plaas.

fred ·

nog n “sofa” akademikus wat belangrik wil voorkom…..nou moet boere “soebat” vir n BEE ‘er wat tog asb n stukkie grond sal aanvaar plus seker nog n trekker op die koop toe…NIEMAND praat van miljoene hektare staatsgrond nie…waarom stel hy nie voor dat die stamhoofde hulle gronde weggee nie…..

gatiep ·

Hoop die prof is bereid om die helte van sy huis ook af te staan dit staan.
Dis net die regte ding om te doen as jy dit van ander verwag.

hendrik ·

Die ANC kom met idees en belaglike voorstelle en tree dan terug om dit vir ons te los en dan te maak daarmee wat ons wil en hulle hou die situasie fyn dop. Nou kom mense uit eie geledere en stem eintlik saam maar water die planne so n bietjie af en die ANC hou baie van dit wat uit eie geledere kom en “stoor” dit en kom met nog idees gebasseer van die vorige een. So is hulle besig om vir ons ore aan te sit en al wat ons doen is om in hulle hande te speel.

Andreas ·

‘n Boer maak ‘n plan, maar ek twyfel of hierdie ou al ooit geboer het, wat nog te sê van ‘n groentetuin maak, of wat dit aan betref, ‘n saadjie gesaai het.

Richer ·

Hierdie Prof. Meyer verwar die ekonomie en landbouekonomie. Hopelik onwetend. Lg krimp as bydraer tot die arbeidsmark agv verstedeliking en outomatisering. Dit is nie dinge wat “reggemaak” moet of kan word nie.

Die idee om self grondhervorming toe te pas kan werk, maar dit is om die rekening en skuld vir die regering se foute te aanvaar. Dit is beginselgewys onwaar dat dit Boer Bennie se skuld of verantwoordelikheid is, en daarom moreel verkeerd om dit so te aanvaar.

Ongeag die gebrek aan moraliteit en redelikheid daarvan, mag so ‘n oplossing dalk praktiesgesproke die beste of self enigste vreedsame opsie wees. In so ‘n geval hoop ek dat boere wat sulke werk doen en ooreenkomstes aangaan, fooie of aandele vir hulself in die ooreenkomstes insluit. Dis een ding om aan die proses deel te neem, maar boere hoef dit ten minste nie op eie omkoste en sonder vergoeding te doen nie!

Adam ·

Prof Meyer, ek kan nou verstaan hoekom julle die snert op die see loop verkondig. Jy is ‘n ekonoom en behoort van beter te weet. Dink jy handelsbanke sal geld aan boere leen om sulke inisiatiewe te loods met die swaard van onteiening sonder vergoeding wat oor hul koppe hang? Daar is talle boere wat wel sulke inisiatiewe loods en geloods het en hulle het dit in baie gevalle uit eie sak befonds. Boere is bereid om te deel, maar dan moet hulle soos eersteklas burger behandel word. Ek glo dat ekonome dit met my eens sal wees dat ons uitdaging is om die ekonomiese koek groter te maak in stede van die laaste 25 jaar se strewe daarna om elke jaar die koek se snye anders te probeer sny. Kry ekonomiese groei aan die gang en dit sal met almal beter gaan en hopelik ook daartoe bydra dat leuenstoel-kenners hul snertptratery sal staak.

Johan ·

Enige vorm van hervorming wat deur wetgewing bepaal word of deur politiek gedryf word is uiteraard onchristelik en boos.

Edd ·

Kom ek sit dit in perpektief. Wat hy sê is soos om te sê: Jy gan eendag verkrag word, so kies eerder jou verkragter, op daai manier is dit nie so erg nie. SA het sy kaans gehad om EEN land te word meer as 20 jaar terug, maar toe besluit die land om eerder terroriste en diewe aan bewind te stel, daar sal nooit vrede in SA wees nie. Een groep gan die ander uitwis.

Koos le Roux ·

Ek “gee” nie die grond af wat die Here aan my toevertrou het nie! Jammer

Bekkie ·

Die boer sal moet werk en die BEGUNSTIGDE sal oppi stoep sit en kyk ….

pit ·

Ai prof. Meyer jy is besig om jou eie werk te beskerm. Net solank jy jou groteske salaris en bonus kan beskerm ten behoewe van die uitgemergelde wit boere wat alreeds so sukkel met plaas aanvalle en uitsprake van politici
wat soveel druk ophulle plaas….Skaam jou en probeer eerderdie boere bystaan deur te veg vir hul regte

Theuns ·

Dalk verstaan ek die grondkwessie verkeerd, maar volgens my wete gaan dit NIE oor die feit dat hulle wil boer, maar wil hulle VORIGE “eienaarskap” van die grond net terug hê. Of daar geboer gaan word is groot vraag. Die boere wat hulle mense bemagtig is totaal ander situasie. En as grond dan aan BEE gegee moet word, gaan die volgende eienaarskap van besighede mos net volg. Die ryk magnate in die Swart en Indiër gemeenskap moet dan ook 50% afgee. Maar die grondkwessie gaan suiwer oor grond afvat en NIE bydrae rot ekonomie en voedsel. Kyk maar na die plase tussen Kuruman en Reivilo. Lieflike landbou grond en hoeveel veë word weekliks weggelaai om deel van die voedselketting te vorm?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.