
Pres. Jacob Zuma tydens ‘n antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS
Die EFF het ʼn verklarende bevel aan die parlement gestuur om te versoek dat die parlement Zuma se gedrag beoordeel en bepaal of dit genoegsame gronde is om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas nadat die konstitusionele hof bevind het Zuma het sy ampseed verbreek en die Grondwet oortree.
Die konstitusionele hof het in Maart verlede jaar in ʼn verdoemende beslissing gesê Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf, te verdedig en te respekteer toe hy nie gehoor gegee het nie aan die regstellende stappe wat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, aangedui het.
Dit kom nadat meer as R200 miljoen van belastingbetalers se geld gebruik is om opgraderings aan Zuma se Nkandla-woning te doen.
Die EFF, Cope en UDM het in September in die konstitusionele hof aangevoer dat speaker Baleka Mbete nie alle gepaste meganismes in plek gestel het om Zuma aanspreeklik te hou nie.
Hulle het vir ʼn bevel gevra om Mbete te dwing om ‘n komitee, of enige onafhanklike liggaam, te stig om Zuma se optrede te ondersoek en te bepaal of hy aan enige oortreding skuldig is. Mbete het die aansoek teengestaan.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
7 Kommentare
Baleka Mbete was een van die swakste speakers nog – bevooroordeeld en ongelwillig om na sie opposisie te luister – saam met Zuma het hulle n bespotting van die parlement gemaak
Eff speel net. Hulle het geen mag of gesag nie. Hulle oom zuma sal met als weg kom- wag en sien
Ek bly terugdink.aan die Mankweng ANC komferensie. Daar was nooit so groot “hype” daaroor gemaak nie…. Ons het net oor die nuus gehoor Thabo Mbeki is nie meer ANC president en dat (as ek reg is) Gwede Mantashe die land se presidentskap oorgeneem het.. …Thabo het stil stil van die openbaar verdwyn. Help my asb reg as ek verkeerd is want dit was ook al ‘n paar jaar terug….het die beleid dan verander? Moes JZ dan nie dadelik gaan uitkamp by sy swembad om te help sou ‘n brand sy huisie tref en Cyril dan die leisels van die land… Lees meer »
Kom ons sien of Zuma of die ANC of die regering hulle aan die konsituiele hof se uitspraak sal steur. Ek sal maar nie my asem ophou hieroor nie.
Die man kom weg met als en sal weer