Groot beloning vir inligting oor brandstigters

Twee Golden Arrow-busse brand tydens onluste (Foto: ANA)

Die Golden Arrow-busdiens het ʼn beloning van R200 000 uitgereik vir inligting wat kan lei tot die vervolging van verdagtes wat twee van die maatskappy se busse in Philippi, Kaapstad, aan die brand gesteek het. Die busse is Maandag gebrand en dit is die tweede voorval van sy soort in twee weke, nadat nog drie busse verlede week in Delft gebrand is.

Die busse is heeltemal vernietig. “Die busbestuurders was die enigste persone aan boord toe die busse aan die brand gesteek is en niemand is beseer nie,” het Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder van Golden Arrow, in ʼn verklaring gesê.

“Verlede week was een van die busse vol passasiers, maar ons kon hulle darem na ʼn ander bus skuif.” Sy sê die busdiens het beamptes wat reg oor die Skiereiland heen waghou oor die busse, “maar hierdie aanvalle gebeur so vinnig dat ons nie altyd betyds kan optree nie”.

Die maatskappy het vanjaar reeds agt busse só verloor. Die koste om hulle te vervang beloop R2,4 miljoen. “Hierdie koste moet in die vorm van buskaartjies verhaal word, wat nie regverdig is teenoor passasiers nie.”

Sy sê die maatskappy doen ʼn beroep op die polisie om te verseker dat openbare vervoer veilig kan plaasvind en dat oortreders gestraf word.

Derrick Meyer, algemene bestuurder van Golden Arrow, sê die maatskappy is geweldig besorg oor die voortslepende aanvalle en het die publiek versoek om met inligting na vore te kom wat sal help om die oortreders vas te trek. “Die maatskappy bied ook ʼn beloning van R200 000 aan vir enige inligting, insluitend videomateriaal, wat tot die inhegtenisneming en vervolging van oortreders sal lei.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Andre ·

Nee wat as jy die busse wil brand moet jy nie huil as daar geen verdere vervoer is nie.Staak alle vervoer tot die skuldiges gevang is.

Gerrie ·

Geen twyfel in my gemoed nie – die aanstigters en grootste deel van die groepe wat soveel verwoesting in die Wes-Kaap saai spruit uit diegene wat voor die 1994 verkiesing in busvragte vol aangery is Kaap toe om die ANC se stemgetalle aan te vul.

saggiespraat ·

Kyk maar na die staff self gewoonlik is dit inside information

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.