Groot besending ‘verkragmiddel’ by ORT gegryp

(Argieffoto ter illustrasie: OR Tambo International Airport/Facebook)

Beamptes van die grensbestuursagentskap het by die OR Tambo-lughawe beslag gelê op ʼn reusebesending Rohypnol, ʼn middel wat dikwels tydens afspraakverkragting gebruik word.

Die 8,1 kg se Rohypnol is in ʼn besending gedroogde vis versteek, sê Mmemme Mogotsi, woordvoerder van die owerheid.

Die gesamentlike operasie tussen beamptes van die grensbestuursagentskap, die Inkomstediens, doeanebeamptes en die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het die besending in ʼn vrag op ʼn vlug uit Nigerië opgespoor.

“Rohypnol staan algemeen as ʼn afspraakverkragtingsmiddel bekend en word in Suid-Afrika as skedule 6-medikasie geklassifiseer,” sê Mogotsi.

Die medikasie kan lei tot ʼn verlies aan spierbeheer, geheueverlies, ʼn verlies aan inhibisies en selfs bewusteloosheid.

ʼn Saak is reeds by die polisie aangemeld en word verder ondersoek. Geen inhegtenisnemings is tot dusver gedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Bre ·

Grote grond. Wat sal ek nog op my oudag in die koerante moet lees. Hoe meer dae hoe meer dinge (hoe dieper is ons (SA) in die gemors).

Lettie ·

Ja, watter sondigheid sal ons nog van hoor vóór die einde van ons lewens?

Euodia ·

Ja, gedink ek het alles in my 75 jaar gehoor en gelees maar elke dag net erger! Kan omtrent vra….wat nog??

domheks ·

Geen inhegtenis nemings nie? Die ontvanger van die ‘vis’ moet mos op die besending vermeld word … 1+1=3????? Nou gaan die ontvanger ‘verdwyn’ want hy weet mos nou hy is uitgevang

Bolandse Nooi ·

En die Rohypnol wat gevind is, gaan ……………… verdwyn uit die SAPS se vonds- en beslagleggingsstoor …. om tog uiteindelik en wel op straat te beland in die verkeerde hande.

Pieter ·

Ons hoor al hoe meer van jong mans tusssen 20 en 30 wat hierdie middel inkry by “pubs” om geroof te word in Pretoria. Mense moet uiters versigtig wees vir drink “spiking” deesdae.

Andre ·

Daai bestelling is nie vir die anc bedoel nie. Hulle het lankal hul inhibisies verloor en ly ook aan permanente geheueverlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.