Groot Brakrivier-moorde: Hof hoor oor oproepe, foto’s

Tewie en Eurika Human. Foto: Verskaf

ʼn Deskundige van MTN het vandag in die rondgaande hof in Mosselbaai getuig dat die Human-moordverdagte, Stephen Lekoro, soveel as elf selfoonoproepe in twee dae na ʼn nommer in Lesotho gemaak het. Die Lesotho-nommer behoort aan Thokolo Maamohe, dieselfde persoon na wie se bankrekening daar die oggend van die moorde R14 000 oorgeplaas is.

Die bejaarde Tewie en Eurika Human van Groot Brakrivier is op 14 Junie 2016 in hul huis vermoor maar hulle lyke is eers vier dae later gevind. Lekoro se vriend, Thamsanqa Sishuba, dien reeds twee lewenslange vonnisse uit vir sy aandeel in die moorde.

Lekoro het by wyle meneer Human se onderneming gewerk en het kort na die moorde na Lesotho gevlug.

Dharmesh Kanti, ʼn bestuurder in die wetstoepassingsafdeling van MTN het aan regter Mark Sher verduidelik dat Lekoro se slimfoon en SIM-kaart op die dag van die moorde gebruik is om vyf oproepe uit die Groot Brakrivier-omgewing na Maamohe se foon in Lesotho te maak. Die oproepe het elkeen slegs ʼn paar sekondes geduur.

Een van die oproepe was kort voordat R14 000 uit die Humans se bankrekening oorgeplaas is na ʼn FNB-rekening in Lesotho. Nog ʼn oproep is kort ná die oorplasing na dieselfde Lesotho-nommer gemaak.

Die dag ná die moorde is die SIM-kaart, wat aan Lekoro se selfoonnommer behoort, in wyle meneer Human se foon geplaas en die Lesotho-nommer is toe ses keer geskakel en die oproepe het weer net enkele sekondes geduur. Lekoro se SIM-kaart is tot 19 Junie 2016 in Human se foon gebruik.

Daar was ook verskeie oproepe na Sishuba se nommer gemaak, eers uit die omgewing van George en later uit Botshabelo buite Bloemfontein waarheen Lekoro per bus gereis het voor hy oor die grens na Lesotho gevlug het. Hy is laat verlede jaar in Bloemfontein in hegtenis geneem.

Foto’s is gister in die hof gewys wat op ʼn skootrekenaar gevind is wat ná die moorde uit die Humans se huis vermis is. Kaptein Adriana Nigrini van die SAPD se prioriteitmisdaad-eenheid het getuig dat daar verskeie foto’s van Lekoro op die rekenaar was, onder andere waar hy vir ʼn selfoonfoto poseer terwyl hy twee skootrekenaars vashou.

Daar was ook foto’s van minstens twaalf vuurwapens wat op ʼn rooi lap uitgestal lê sowel as foto’s van mans wat klapmusse dra en een van ʼn man wat ʼn rol note vashou. Verder was daar foto’s met wit klippies wat soos diamante lyk. Die meeste van die foto’s is tussen Januarie en Junie 2017 geneem. Lekoro het op ʼn vraag van die regter bevestig dat dit hy is op die foto’s.

Die saak word Maandag voortgesit.

Advokaat Lenro Badenhorst is die aanklaer en advokaat Dawie Scholtz verskyn namens Lekoro.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JV ·

Dus kan hy op nog baie ander sake verbind word. Hy is n ou kalant

Johnny ·

My eie opinie baklei tot jy nie meer kan nie hul is is lafaards ja ons skrik en is lam as hul voor jou staan maar wees sielkindig voor berei as hul sien daar is weerstand bly hul lafaards as jy oor gee maak hul soos die maergat oukie

Alida ·

Ja Johnny en jy het eerstehandse ondervinding. Die skuim het het die oom van agter bekruip.

Gekleurde Persoon ·

Ek kan nie anders as om met haat en afgrys gevul te wees vir hierdie wrede en genadelose moord nie. Ek smag na die “ou tye” van wet en orde. My innige simpatie aan die familie.

Christa ·

Die ou dae was goeie tye. Wat Maak vandag se tye so goed. Kyk hoe lyk ons land, skole. Alles is gaos. nee wat die ou regering Kon beter bestuur en regeer

Sonja ·

Gee daai boosaards terug vir Grootbrak se mense. My Pa het altyd ure met Oom Tewie gesels as hy met “sucking Suzie” (honey suckle) die pit drein kom leeg maak het. Hy was n standvastige ferm en gerespekteerde man.

LHS ·

Ek kry die idee dat selfs lewenslank met geen kans op parool, geen maar geen indruk maak op hierdie gemors nie. Hoog tyd dat gevangenis weer begin om verpligte arbeid te moet verrig. Ernstige oortreders direk na strafkampe met soortgelyke behandeling as die kampe wat Rusland gehad het.

A ·

Laat die gemors harde arbeid doen in die tronk. Laat hulle die paaie reg maak, met geen masjenerie nie. Laat hulle werk

Hannelie ·

Ek soek n einde op hierdie skuim, en ander soortgelykes wat sulke misdade pleeg soos in die fliek; The secret in their eyes. Baaaaaie beter as strafkampe.

Petro ·

Ja hulle hou herdenkdienste vir Marikana slagoffers wat met pangas en wapen gekom het die twee mense het niemand gepla nie maar daar word nie herdenkdienste gehou vir al die boere so dood gemaak word hulle pla niemand nie hulle toyi toyi nie sluit hom toe en gooi die sleutel in die see

Emma ·

Dan staan hy nog vermakerig op die fotos sies ek sal liewer in n diep gat wegkruip onskuldige mense wreed vermoor. Sluit hulle vir ewig en altyd toe.

Pieter ·

ANC-lakeie in hof sal soek na n tegniese punt om hierdié vridnd se onskuld te probeer bewys.

Petru Pietersen ·

Sonja, ek het nie vir tannie Eurika en oom Tiewe baie goed geken nie, maar dit wat my vertel is, kan ek weet hulle was goeie mense. Die hofsaak is baie swaar op my swaer en skoonsuster en hulle familie se harte. Ek vertrou dat die beste sal uitdraai met die saak.

Henk du Toit ·

Staan met twee hande vol geld in ‘n sink Kaya. Ironies. Zero ambisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.