Groot skoonmaakwerk ná ongeluk op N1 by Pta

(Foto: Verskaf)

Die N1-suid tussen die N4 en die Lynnwood-afrit by Pretoria is steeds vir verkeer gesluit ná ’n ongeluk vroegoggend tussen twee vragmotors.

Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het die ongeluk net ná 01:00 plaasgevind.

“’n Vragmotor het van agter teen ’n ander vragmotor vasgery, waarna albei voertuie aan die brand geslaan het,” sê Mabaso. “Die een vragmotor was heeltemal in vlamme gehul, terwyl die ander een se vragwa aan die brand was.”

(Foto: Verskaf)

Nooddienswerkers het die vlamme geblus en een pasiënt is op die toneel vir geringe beserings behandel en na die Steve Biko-hospitaal geneem.

“Vermoedelik gevaarlike en vlambare materiaal is op die toneel geïdentifiseer en ’n maatskappy wat hierdie materiale hanteer, is deur Sanral gekontrakteer om die toneel skoon te maak.”

Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het kort gelede gesê opruimingswerk duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Debbie ·

Waarom kom die wet van jare gelede nie weer inwerking nie. Trokke mag nie later as 6 uur in die aand ry nie.

Pierre ·

Mense kla hulle mag nie in die dag ry nie, en jy stel voor hulle mag nie na 6 in die aand ry nie, so waneer mag hulle dan ry

Elize ·

Hulle sal die wet nie terugbring nie want dan is dit minder geleentheid om te smokkel

Stofdonkie ·

Want dan het jou plaaslike SPAR nie meer voorraad op sy rakke nie.

Alex ·

Ek vind dis baie donker op daai pad as dit loadshedding is. Geen ligte werk op die hoofweg nie. Dis dalk nie n verskoning nie, want n vragmotor se ligte moet werk, maar was dit dalk nie die oorsaak gewees dat die een nie die ander dalk kon gesien het nie en dit te laat gevind het om bane te wissel nie? Dan dalk n baie moë bestuur in die pot van mengelmoes ook daai tyd van die oggend

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.