Gru-ongeluk eis ses van familie; ‘dit sink nog in’

Zelda en Manna Newman en hulle dogter Chanté is dood in die ongeluk naby Napier. Ses lede van die familie en twee mense in die voertuig waarteen hulle gebots het, is in die ongeluk dood. (Foto: Facebook)

Boodskappe van medelye stroom in ná die dood van ses familielede gister in ʼn gru-ongeluk op die R316 naby Napier in die Wes-Kaap.

Maria (85) en Johan (85) Pieterse, hulle dogter Zelda (50) en haar man, Manna Newman (53), die egpaar se jongste dogter, Chanté (21), en Manna se ma, Hazel Newman (in haar sewentigs), is almal dood toe die voertuig waarin hulle gereis het, reg van voor teen ʼn bakkie gebots het.

Twee insittendes van die bakkie is ook in die ongeluk dood en nog ʼn persoon is ernstig beseer, het Kenny Africa, woordvoerder van die Wes-Kaapse verkeerspolisie, vroeër gesê.

Francois Pieterse, Zelda Newman se broer, het gesê die egpaar se oorlewende dogter, Marzelle (24), word tans deur familielede en vriende ondersteun. Sy was vanoggend nog in Agulhas, waar die familie die Paasnaweek deurgebring het. Hulle was op pad terug na hulle huis in Plumstead toe die ongeluk gebeur het.

ʼn Emosionele Pieterse het gesê besonderhede oor wat presies tot die ongeluk aanleiding gegee het, is nog vaag. “Maar die ongeluk sink al hoe meer in, dis die probleem,” het hy oor sy geliefdes se dood gesê.

Pieterse het gesê die Newman-egpaar het ʼn bou-onderneming in Kaapstad bedryf. Zelda het vantevore by Absa gewerk, maar was die afgelope ruk ook betrokke by die onderneming. Chanté was ʼn finalejaarstudent by die Prestige Academy in Bellville.

Altesame agt mense is dood in die botsing naby Napier in die Wes-Kaap. (Foto: Wes-Kaapse verkeerspolisie)

“My swaer het die gewoonte gehad, as sy ma en my ouers saamgegaan het, dat hulle met twee voertuie ry. Ek weet nie hoekom nie, maar hierdie keer was hulle saam in een voertuig. Die kinders ry gewoonlik ook met hulle eie voertuie,” het Pieterse gesê.

Marzelle sou eers later na haar ouerhuis in Plumstead terugkeer en het dus wél met haar eie voertuig gery, het hy gesê. Maria en Johan het onlangs na die Plumstead-rusoord verhuis en het net ʼn klipgooi van die Newmans gebly.

Pieterse, wat saam met sy gesin met vakansie in die wildtuin was, vertrek môre na Kaapstad van waar hy begrafnisreëlings sal begin tref. Hy het gesê hy moet egter eers later vandeesweek die familie se liggame gaan uitken.

“Manna was baie bekend in Harley-Davidson-kringe en hulle het gevra om by die diens betrokke te wees,” het hy gesê.

Manna het twee broers wat in onderskeidelik Kanada en New York woon. Hulle sal na verwagting na Suid-Afrika vlieg vir ʼn roudiens.

Pieterse het gesê die familie het reeds tientalle boodskappe van medelye en ondersteuning ontvang. Ook op sosiale media het boodskappe van medelye ingestroom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Lizl ·

Dis so hartseer. Ons het gister self van Struisbaai af daai pad gery, en dit was erg besig. Weereens besef hoe kort die lewe is. Dit kon ons gewees het, of my kinders wat met hul eie kar agter ons gery het. Innige simpatie aan die sussie, familie en vriende.

Willem ·

Ons innige empatie met hierdie mense se familie.

Ons, self, het einde Desember 2017 vyf familielede in een motorongeluk verloor. Dit is so ontydig. Dit voel steeds onwerklik. Die hartseer knaag steeds.

Mag die familie wie agter bly spoedig vrede en berusting vind en, mag julle spoedig heel word.

Zenithia ·

Ons innige simpatie met die groot verliese aan die families.?

Frank ·

SOUTH AFRICA: 25.1 road deaths per 100,000. UNITED KINGDOM: 2.58 per 100,000
AUSTRALIA: 4.94 per 100,000
NEW ZEALAND: 5.74 per 100,000
UNITED STATES: 10.04 per 100,000

Só hartseer…

KK ·

@Frank, presies, en dan kyk jy hoeveel van daai 25/100000 was die voertuig oorlaai., as almal nie n veiligheidsgordel kan aansit nie, is dit oorlaai.

Jan ·

Daardie lande is nie so oorbevolk soos ons nie.as jy wakker word sal jy sien ons land is erg oorbevolk….

Ekke ·

@Jan – Dit is seker waar. Ek wonder egter op watter syfer uit 100000 is Namibië, en ons is nie oorbevolk nie. Die ongeluk/dood statistiek hier by ons is afskuwelik.

Danny ·

@Jan

Albei Amerika en UK het meer inwoners as wat SA het. Dis nie oorbevolking wat ń rol speel nie maar meer rokelose pad verbruikers. Ek kom nou net van die Suid kus af en die manier wat die mense ry en jaag verduidelik als.

As jou spoedgrens 120km/h is sien jy hoe mense tussen 140km tot en met 180km jaag al is die pad hoe besig dis waarom ons getalle so hoog is.

Elsa Naude ·

Ek het al in baie oorsese lande bestuur (insluitend Italie, Ierland en EGIPTE – in al 3 hierdie word die bestuurders as besonder swak beskou). Ek is oortuig daarvan dat SA die onveiligste en ongeskikste bestuurders ter wereld het.

Petrus ·

Volgens die foto staan die bakkie aan die verkeerde kant van die sperstreep.

Petrus ·

As albei voertuie op hulle kant was sou daar nie ‘n botsing gewees het nie….hier’s te veel polisiemanne wat niks met die saak te doen het nie….VREDE!

LBS ·

‘n Voertuig kan heeltemal omswaai in so ongeluk. En, kan jy sien ‘n deel van die motor is aan dieselfde kant van die pad as die bakkie? Nie een van ons weet wat werklik gebeur het nie. Ek wonder net watse motor hulle in was, met 6 mense.

Philip ·

Die “bakkie” wat jy sien is ‘n Fortuner, die bakkie wat in die ongeluk was kan nie op die foto gesien word nie. Maak seker van jou feite voor jy kommentaar lewer.

Jaco ·

@ LBS, dit lyk na n Toyota Fortuner, die nuwe’s kan tot en met 8 mense vervoer.

Deloris ·

Ai ek is hartseer saam met die familie. Ek dra julle op na ons hemelse Vader vir krag in hierdie verskrklike hartseer tyd.

Sons ·

Dis so hartseer, my hart gaan uit vir julle, my innige simpatie mag Jesus julle styf vashou en vertroos in die moeilike tyd.

Danie ·

Te oordeel aan die baie klein stukkies en glas op die ryvlak, was die punt v botsing waarskynlik in die baan vd motor en het die bakkie se bestuurder verbygesteek op ‘n sperstreep reg voor die voertuig in. Soveel klein stukkies, veral glas v hoofligte en groot kolle vloeistof soos water/ olie dui ‘n waarskynlike punt v impak aan

Sê net ·

@Blikke – Danie weet ooglopend vêr meer as jy oor forensiese ongeluks ontleding. Vir ‘n begin het hy net feite neergepen en nie aannames uit die lug getrek nie. Jy darenteen verstaan nie ‘n enkele woord wat hy geskryf het nie en daarom kom die boelie sarkasme eerder na die voorgrond.

Anoniem ·

Ek bly binne 4km van die toneel af….die motor was aan die verkeerde kant van die pad. Vanaf die bakkie se kant was ‘n gebroke lyn en dan sperstreep….net die teenoorgestelde vir die motor. Danie is reg oor die impak maar dit was die bakkie se regmatige baan, nie motor s’n nie. Die ander voertuie op die toneel het bloot so parkeer om die toneel effe af te kordon. – hoop dit help met spekulasie.

Blikke ·

Dankie…..laat ons liewer nie aannames maak nie…..n foto soos tereg na verwus kan baie misleidend wees…..hier is mense dood en al wat nse kan doen is om hulself as forensiese deskundiges voor te doen….. ek staan steeds by my punt!!!! Hou op spekuleer en jou yf speurder hou……simpatiseer empatiseer eerder as om die oorsaak en opinie te lug….

AP ·

Dit is baie erg. Medelye aan die familie wat agterbly. Niks wat mens kan sê sal die familie laat beter voel nie, mens hoop tog daar kom eendag berusting. Liefde en sterkte aan die familie

Gemaskerde Sopbeen ·

Gaan kyk maar na AL die foto’s van hierdie ongelukstonele……in 99% van hulle is daar ‘n soliede wit lyn in die middel van die pad. As jy nie respek het vir ‘n soliede wit lyn nie, gaan jy êrens jou lewe verloor in ‘n kop aan kop botsing…..of iemand anders s’n neem.

Anna ·

Medelye aan die familie. Is dit nie dieselfde pad waar Gysie Pienaar se dogter ook in n ongeluk gesterf het nie?

Anoniem ·

Nee, Gysie se dogter was op die N2 , net bokant Botrivier rigting Caledon.
Hierdie pad draai weg vanaf die N2, rigting Napier/Bredasdorp

Onnie ·

Baie interessant Danie, dankie vir die nuttige bydrae, “unlike” mense soos Blikke met hulle nuttelose kommentaar. Nou verstaan ek ook waarna om te kyk vir “point of impact ” Hulle sê mos leë Blikke maak die grootste geraas. Sterkte aan Marzelle, dis baie hartseer.

Blikke ·

@ Onnie……n grootmans tussen kinders en n kind tussen grootmense……weet duidelik nie waarvan jy praat nie…..julle uitlatings en gevolgtrekkings kan baie nagevolge he tov die ondersoek.

Blikke ·

@Onnie…..dalk die meeste geraas maar met n doel…..julle besef nie watse invloed al julle NUTTELOSE kommentaar dalk op die ondersoek mag he nie….he tog asb n bietjie respek en hou op windeiers le!!!!

Boerin ·

Tragies…n groot verlies vir enige familie,Mag julle sterk wees en mag God julle styf vashou in hierdie hartseer tyd…so weet ons nooit waar ons strepie getrek is nie.

Charlie ·

Dis baie opvallend dat daar nie ‘n enkele woord gerep word ook die insittendes van die ander voertuig nie.
Aan die ander kant kan ‘n kop-aan- kop botsing op plattelandse roetes ook net gebeur as die een of die ander geen respek het vir padreëls of sperstrepe nie

Rika ·

My innige simpatie aan die familie mag God julle dra deur hierdie beproewing bid vir julle so jammer…

Andrea ·

So tragies! Daai pad is vol kinkels en draaie en ekt Januarie weer gesien hoe mense by jou verby jaag teen n blinde hoogte, by n sperstreep… So arrogant en verwaand! Ek dink dis die rede vir baie van die ongelukke: ek hoef my nie aan padwette te steur nie.
Sê nie dis wat hier gebeur het nie; ek maak n stelling oor wat ek op daardie pad en soveel ander beleef tov baie padgebruikers se bestuurstyl.

Wielspore ·

Die rigting waarin voertuie staan na ‘n ongeluk is nie noodwendig die rigting waarin die voertuig gery het gedurende die ongeluk. Dit is voortydig om die oortreder te identifiseer bloot op fotos.

Blikke ·

Dankie Wielspore…..kyk tog of jy vir Onnie en Danie enige common sense kan inprent…..duidelik het hulle n gebrek daaraan en besef nie die gevolge van hulle uitlatings nie!

Jaco ·

@ Wielspore, jy is heeltemal korrek, ek het al n kop aan kop botsing sien gebeur, met die geweldige impak het die motors getol en aan teenoorgestelde rigtings tot stilstand gekom . Ek dink mense het n wanbegrip van wat n kop aan kop botsing eintlik is. Dis iets wat jy nie wil sien nie.

Daniel ·

Van Sub A tot Matriek (HS President ’86) in dieselfde klas gewees met Zelda. ‘n Baie saggeaarde mens. Sprankelend.

Hartseer ·

Dit is n groot hartseer sterktr Ons seum het ook n kar wat 7 passesiers kan vat so ek glo hul het in so n voertuig gery

Susna ·

Ek het 39 jaar gelede n broer aan die dood afgestaan in n motor ongeluk, kan vandag nog steeds nie daaroor praat sonder baie trane nie. Die skielike en onverwagte afsterwe van n geliefde is baie moeilik, daarom kan ek net vir die familie baie sterkte toewens. Dit is n baie hartseer pad . Mag ons Hemelse Vader vertroosting bring.

Waarheid ·

Dit is so erg ek weet nie wat om te se nie.
Ek vertrou op die Here om die wat agterbly te troos.

Kalle ·

My skoonma is in ‘n tromp-op botsing oorlede nadat ‘n voertuig ‘n trok verbygesteek het om ‘n blinde draai-bult. Die impak het hulle bakkie in die trok ingeslinger, wat hulle omgeruk het en aan die aankomende baan tot stilstand laat kom het, met die voertuig se neus in die rigting van waar hulle gekom het. Die polisie het gereken my skoonpa het die ongeluk veroorsaak. ‘n Ongeluks-toneel vertel nie noodwendig die volle verhaal nie. Om te spekuleer maak net skade.

Kokkie ·

Anna, Gysie se dogter sou inderdaad met daardie pad vanaf Bredasdorp via Napier tot op Caledon gery het. Maar vanaf Caledon het sy op die N2 gery tot kort buite Botrivier waar die ongeluk gebeur het.

GM ·

Jan, die lande is dalk nie so oorbevolk nie, maar Frank vergelyk appels met appels, en nie met pere nie. Als is per honderd duisend bereken. Dit is hoe statistiek werk. Ek is seker dat die ander lande se syfers laag sou bly, al was hul ook oorbevolk. S.A. is wetteloos.

Blikke, daar is baie Maroela-lesers wat spesialiste is in hul veld, mense met baie ondervinding, mense met grade, mense met diplomas, mense met baie wêreldkennis. Ongeag in watter kategorie Danie val, hy het sy opinie gegee, met ‘n goeie verduideliking van hoekom hy so sê, so ek verstaan nie die nodigheid van jou neerhalende aanmerking nie?

My innige simpatie aan die naasbestaandes van die oorledenes.

Susan ·

As ‘n ouer wat ook ‘n kind onverwags aan die dood afgestaan het, as ‘n passasier, in ‘n saam ry geleentheidsvoertuig – kop aan kop botsing met ‘n trok is daar geen woorde om te beskryf hoe mens voel nie. Jy kom nooit oor dit nie & lewe elke dag met daardie groot “gat” in jou hart.
Soms voel ek as ‘n gebroke ouer dan die media tog daarvan hou as mense kommentaar lewer wat onvanpas is. Ek vind van die opmerkings afstootlik & disrespekvol. Waar is jou empatie met jou mede mens. Hou op spekuleer & toon eerder empatie. Ons as gebroke mense wil nie jul spekulasie rondom die ongeluk lees nie. Ons lewens na sulke ongelukke is nooit weer dieselfde nie. As jy nie in hierdie bootjie sit nie, kan jy nie saam praat nie. Dis wraggies tyd dat kommentaar onder aan berigte verwyder word.

Susan ·

As ‘n ouer wat ook ‘n kind onverwags aan die dood afgestaan het, as ‘n passasier, in ‘n saam ry geleentheidsvoertuig – kop aan kop botsing met ‘n trok is daar geen woorde om te beskryf hoe mens voel nie. Jy kom nooit oor dit nie & lewe elke dag met daardie groot “gat” in jou hart.
Soms voel ek as ‘n gebroke ouer dat die media tog daarvan hou as mense kommentaar lewer wat onvanpas is. Ek vind van die opmerkings afstootlik & disrespekvol. Waar is jou empatie met jou mede mens. Hou op spekuleer & toon eerder empatie. Ons as gebroke mense wil nie jul spekulasie rondom die ongeluk lees nie. Ons lewens na sulke ongelukke is nooit weer dieselfde nie. As jy nie in hierdie bootjie sit nie, kan jy nie saam praat nie. Dis wraggies tyd dat kommentaar onder aan berigte verwyder word.

Speedguard ·

@Susan.. baie dankie vir jou bydrae en kommentaar, het self as wettoepasser wat mense ‘n “speedcop” noem baie mense , bejaardes en kinders uit sulke wrakke gehaal, saam met hulle gehuil en ondersteun , geen mens wat dit nie self beleef nie sal nie besef hoe erg dit is nie, dit is baie tragies, Sterkte aan al die mense wat agter bly assok vir die mense wat moes help op die toneel!

Roslyn theys ·

Namens die bedroefde familie wil ek netse sterkte aan die familie wat iemand aan die dood afgestaan het sterkte dink aan julle in die tyd van rou ween as daar geween moet word .

Suzie ·

Nee gysie de Villiers se dogter het by botrivier da rond verongeluk

Genade ·

Dis regtig hartseer.
Om Veilig by jou bestemming te kom is regtig net genade.

Marts ·

ń Ander nuus kanaal sê die ses persone het in ń Toyota Fortuner gery. Dit is tragies.

Heksie ·

Dis baie tragies … vader weet wat nog moet gebeur voor die regering wakker skrik en iets doen omtrent die wetteloosheid van bestuurders op ons land se paaie.
Laas week tussen Odendaalsrus en Kroonstad was daar hordes metro polisie besig om die verkeer te monitor, hoekom kan dit nie altyd so wees nie?

Jan ·

Heksie, ja, baie tragies, maar dis nie die owerhede wat moet wakkerskrik nie, dis die bestuurders wat moet wakker skrik. Jy kan nie ‘n polisieman in elke voertuig sit nie.

Padtekens is daar om gehoorsaam te word, as jy dit verontagsaam, kan die gevolge dodelik wees.

As jy agter die wiel inklim het jy ‘n helse verantwoordelikheid en dit sluit in die verantwoordelikheid om die padreëls te gehoorsaam.

anton ·

Baie tragies die!!!
Ek se weer, hier is teveel onbevoegde motor bestuurders op ons land se paaie en wat nie agter n motor voertuig se stuurwiel hoort nie!
Sien daagliks hoe van hulle bestuur en wonder hoe hulle ooit n lisensie kon bekom het.
As ek meer se, sal dit nie geplaas word nie.

B.B. ·

Al wat ek kan se…dis bitter hartseer. Mag die wat agter bly versterk word. Dis n leeftyd se hartseer, wat jou elke dag vergesel.

Leser ·

Ek hoop die polisie het toetse vir alkohol gedoen.
Dit kan dalk wees dat n bestuurder van een v d voertuie onder die invloed was?

Wow ·

My innige simpatie aan al die slagoffers van die tragiese ongeluk. Ek kan my nie eens hulle verslies begin indink nie. En mense, het ons regtig so afgestomp geraak dat ons net links en regs houe uitdeel sonder om te dink aan die mense wat in rou gedompel is, wat maak dit tog aan ons die lesers wat nie hierdeur geraak word wie nou hier skuldig was of wie nie. Dit kon ons ook gewees het.

Marlene ·

Sterkte Francois en familie en ook aan die ander motor se families sterkte.dis n verskriklike hartseer en trauma vir al die familie.almal wat nou comment met een of ander nie so mooi comment julle moet net dankbaar wees dis nie een van julle geliefdes.ons ken die familie so dis verskriklik

Trojaanse Donkie ·

Is iemand verbaas as ‘n 4X4 of ‘n bakkie betrokke is? Hierdie eienaars het nie die vaagste benul hoe roekeloos hulle bestuur nie, want hulle sit mos hoog en het “bullbars ” wat hulle beskerm! “n veilige volgafstand verstaan hulle glad nie, ek wens net hulle kan hulleself op die pad sien, veral tussen Pta en Jhb op die tolpad.

DEON ·

Na 1994 het hierdie syfer baie gestyg……….wonder hoekom? Jy koop jou lisensie en dan pleeg jy moord op die paaie want jyt ‘n gekoopte lisensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.