Gru-ongeluk met trok eis vier lewens

Die motor is in twee geskeur. (Foto: Verskaf)

Vier mense is Sondagaand in Mpumalanga dood nadat hul motor onder ʼn vragmotor wat in die teenoorgestelde rigting gery het, beland het. Die motor is in twee geskeur.

Hoewel ʼn ondersoek na die ongeluk van stapel gestuur is, blyk dit dat die motor na bewering teen ʼn hoë spoed beweeg het ten tyde van die ongeluk.

Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, sê die gru-ongeluk het op die R40 tussen Acornhoek en Bosbokrand gebeur.

Die voorval het die lewens van al die insittendes in die motor geëis, terwyl die vragmotorbestuurder ongedeerd daarvan afgekom het.

Volgens Mmusi het die bestuurder van die motor beheer oor die motor verloor terwyl hy in die baan van die aankomende verkeer gery en met die vragmotor gebots het.

“Die sedan was uitmekaar geskeur nadat die vragmotor daaroor gery het,” sê hy.

“Noodpersoneel op die toneel kon niks vir die insittendes doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar. Kake van die lewe is gebruik om die liggame uit die motor te bevry.”

Plaaslike owerhede was op die toneel en ondersoek die saak verder.

Vusi Shongwe, LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, het padgebruikers gemaan om versigtiger te bestuur.

“Laat ons almal saamspan om die bloedbad wat daagliks op ons paaie voorkom, stop te sit,” sê hy.

“Dit is onstellend dat soveel mense se lewens op die pad verloor word, en dit moet nou end kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Juffrou ·

Ja spoed én geen benul van padveiligheid én padreëls. Sit hom net agter ń stuurwiel en jou lewe is in gevaar. Behoede ons.

Jakes ·

Ek ry daagliks honderde kilos op ons paaie en elke oomblik op die pad is jou lewe in gevaar. Sperstrepe, spoedbeperkings, skerp draaie en ander padtekens word deur sommige bestuurders totaal geignoreer.
Dit is ook duidelik dat baie bestuurders nooit hul lsensies op n wettige wyse bekom het nie en dat dit hulle is wat kanse vat soos om bv ander motors teen hoge spoed verby te steek veral op sperstrepe.

Kobus ·

Dit komerwekend hoe party bestuurders dink hulle kan maak wat hulle wil dink glad nie aan die gevolge en die mense wat onskuldig seer kry nie of wie se lewens verwoes word nie

Nie Verbaas ·

“Dit is onstellend dat soveel mense se lewens op die pad verloor word, en dit moet nou end kry.” Daar is geen keer meer aan dit nie. Dit is wat gebeur as n onbevoegde persoon n motor bestuur.

Cobus ·

Gesien die afgelope week na Richardsbaai gereis en dit is onrusbarend om te sien hoe daar op die paaie bestuur word , soliede lyne ,opdraandes en spoedbeheer is van geen waarde en word omtrent nooit toegepas nie , afwesigheid van verkeersbeamptes is ook opmerklik

Annelize ·

Trokbestuurder was hierdie rondte onskuldig, die bestuurder van die motor het teen ‘n hoe spoed in die baan van aankomende verkeer gery, maw hy was aan die verkeerde kant van die pad. As dit nie die trok was, wat hierdie onverskillige bestuurder se pad gekruis het nie, was dit dalk ‘n onskuldige man en sy hele gesin wat uitgewis is.

Piet parys ·

Waar is die treine. Anc regering het alles tot niet laat gaan. Voor 94 is 80% van goedere met treine vervoer en nou word meer as 80% padlangs vervoer

pompies ·

Dit is ongelooflik hoeveel ongelukke in Mphumalanga voorkom, ek het ookal gesien as n voertuig se nommerplaat met MP eindig wees versigtig, hulle ken nie pad reels nie en gee nie om oor enige verkeers toestande nie om nie eers van 4 rigting stop strate te praat nie.

Keith ·

Ek het baie keer gesien hoe stop mansmense lanks die die pad om te “P” en dit +- 11 vm , al is daar ‘n nabye dorp of vulstasie. Seker deel van die “drink and drive” groepie. Wonder maar net. Die verkeersbeamptes sal hopelik eendag hul werk begin ernstig opneem.

Werner ·

Wetgewing moet in plek gebring word, waar dashcam footages as genoegsame bewyse kan dien, om oortreders van padreels, suksesvol te kan vervolg.
…solank die registrasie nommer in die video vasgevang word, moet die geregistreerde eienaar vir die oortreding aanspreeklik gehou word, tensy anders bewys kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.