Gruvonds langs N12-hoofweg gemaak

Polisielede op die toneel waar die sewe liggame ontdek is. (Foto: RiotAndAttackSA/Twitter)

Altesaam sewe liggame is laat Donderdagaand op die N14-hoofweg naby die Putfontein-oprit in Gauteng ontdek.

Kol. Noxolo Kweza, het gesê in dié stadium is dit nog onduidelik wat presies met die slagoffers gebeur het. Al die liggame, behalwe een met brandwonde, het koeëlwonde gehad.

“Die polisie is nog besig om die identiteite van die slagoffers, almal mans, vas te stel. Dit word vermoed die mans is ondergronds vermoor en dat hulle moontlik deel was van voortgesette onwettige mynbedrywighede.

“Die polisie het ʼn oproep van ʼn verbyganger gekry wat die liggame opgemerk het,” het Kweza gesê.

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om te help deur met inligting vorendag te kom wat hulle kan help om die slagoffers te identifiseer. Die mans word almal tussen 30 en 40 jaar oud geskat.

Johanco Fleischmann en Jess Kuhn. (Foto: Facebook)

Johanco Fleischman en Jessica Kuhn is in Mei vanjaar ook op Putfonteinweg koelbloedig doodgeskiet nadat hulle sonder brandstof langs die pad gaan staan het.

Daar is aanvanklik gesê dat sogenaamde zama-zamas (onwettige mynwerkers) glo verantwoordelik was vir dié moorde.

  • Enigiemand met inligting oor die voorval kan die polisie se StopMisdaadnommer bel by 08600 10111, of vir kapt. Amos Manetha by 082 411 4677.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.