Gryp nou in oor sluikhandel, sê TJSA

Foto ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

Tax Justice South Africa (TJSA), ‘n organisasie wat optrede vra teen georganiseerde misdaad, het gesê die opheffing van Suid-Afrika se afsonderingsverbod moet gepaardgaan met ʼn dringende ingryping op onwettige handel.

“Die verbod op alkohol en tabak het kriminele netwerke algehele beheer gegee van die mark en het vir hulle belastingvrye rykdom verseker waarvan hulle nooit eers sou kon droom nie,” het Yusuf Abramjee, stigter van TJSA, gesê. “Vir 20 weke lank het hulle sowat R100 miljoen per dag gemaak deur onwettige sigarette aan desperate rokers te verkoop. Nou moet ʼn streep getrek word en ʼn einde gebring word aan die sistemiese plundering van Suid-Afrikaners.”

Abramjee het gesê die onwettige sluikhandel sal nie ophou net omdat die verbod opgehef is nie. “Hulle sal bloot probeer om meer en goedkoper sigarette te verkoop sonder om die belasting te betaal sodat hulle burgers kan beroof in ongekende moeilike tye. Hulle het nie belasting betaal voor die verbod nie en hulle gaan nie belasting betaal ná die verbod nie. As jy sigarette te koop sien vir minder as R25, moet jy agterdogtig wees en dit aanmeld.”

Enige pakkie sigarette ter waarde van R25 of minder moet as onwettig beskou word, sê Abramjee. “Die aksynsbelasting (R17.40) en BTW (R3.26) los ʼn winsmarge van niks meer as R4.34 nie wat tussen die vervaardiger, groothandelaar en kleinhandelaar gedeel moet word. Niemand kan dit bekostig om dit teen dié prys te verkoop nie. Enigiemand wat dit doen, moet die belasting vir hulself hou.”

Abramjee het gesê dit is wyd bekend dat sommige onwettige sigarette van gevestigde vervaardigers af kom. Tydens die verbod het tradisioneel goedkoper handelsmerke hul markaandeel met tot 600% verhoog.

“Die betrokke kriminele sal vasbeslote bly om beheer te hou oor die mark en die klante te behou wat gedwing is om byna vyf maande lank aan sluikhandel deel te neem. Die regering het nou, meer as ooit, ʼn plig om seker te maak dat elke sent belasting wat verskuldig is, ingesamel word, terwyl ons poog om die ekonomie te herbou en die groot bedrae terug te betaal wat ons moes leen.”

TJSA sê die regering moet strenger grensbeheer afdwing, veral by die Zimbabwiese grens, waar smokkelary skerp toegeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

koos10 ·

Kopdoek het ons rokers mooi laat verstaan dat haar regering nie die belasting geld nodig het nie. Los dit nou maar, hulle het self die bed op gemaak.

Sniperwolf ·

Nou wil hulle keer nadat hulle sinneloosheid en marxistiese beheer die mark hiervoor geskep het? Tsek!

ElizeK ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie. Hulle maak my dag, want is dit nie skreeu snaaks nie!!!

Ou gees ·

Hahaha!!! Maar die staat GEE NIE OM vir die aksynsbelasting nie?!

Dink ek gaan ook maar eerder aanhou om my eie vrugtebier en nog ook probeer om wyn te maak.

Pieter ·

Nee ou kop doek gaan dit glad nie doen nie sy deel van hulle.

Loeloe ·

Die regering het van ons kriminele gemaak. So as ek my parkie gras( waaraan ek nou al gewoond is) goedkoop kan kry sal ek dit koop

Anoniem ·

Korrek, hoekom moet ek R44-00 vir ‘n pakkie betaal terwyl ek R22-00 kan betaal? Ek voel vere vir aksynsbelasting en BTW wat die staat verloor nie, die blinde sambok gaan nou seer slaan.

Persheks Adri ·

Ek wil weet hoekom kopdoek en haar kinders nie vervolg word nie!!! Die berigte was orals oor die R20 miljoen se drank en sigarette waarmee hulle gevang is, maar steeds nie vervolg word nie huh? Begin by hulle en maak ‘n voorbeeld van hulle!

Jaco ·

Die geld is klaar. Nou begin die regering paniek te vang. Wanneer gaan regerings en mense met kommunisties idees verstaan,dat jy kan mense nie beheer ekenomies nie. Mense vind altyd n manier om reels. Hierdie was die regering se eerste les.

Realis Thailand ·

Ek voel vere vir die regering en belasting .Soos Koos se hulle het die bed gemaak en verder is dit net minder belasting vir die anc kaders wie daaar miskien n paar is wie nie aan die sluikhandel deelneem nie

DieKriek ·

Realis, jy weet die ANC gaan net die belastingbetalers meer belas om die geld op te maak, nè. So dit help nie ons voel vere nie.

JJ ·

Jy leef in ‘n droom wereld. Die informele eknomie is local and lekker. Ek gaan dit bly ondersteun. Die sondebelasting is in elk geval gelegitimeerde diefstal.

Blikke ·

Nee wat…..noudat Al’s kwansuis oop is gaan my twakkies weer gaan vir R10.00 n pakkie…..sal maar steeds my supplier ondersteun en hoef nie al die belasting te betaal nie……Jippeee!!!

Jessey ·

Lekker gelag nou. Ons is soos kinders behandel vir amper 5 maande, nou skielik moet ons weer deur die “korrekte” kanale koop. My belasting was nie goed genoeg in dai 5 maande nie, en ek was soos ‘n kind behandel. Jammer Yusuf, hierdie hele ding is te min te laat met te swak verskonings van die regering, ek koop waar ek dit die goedkoopste vind van hier af

Lindi ·

As enigiemand dink ek gaan my supplier “split” – DINK WEER!!!!

Adam Adriaan ·

Hier kom ‘n ding. Die regering (NGZ) het (They cut their noses to spite their faces). Nou is die sluik handel goed gevestig en NGZ skep nog aanmekaar bakke vol voordeel.

Realis Thailand ·

Die tragedie van die land is dat ek altyd teen mense was wie oneerlik was
Deesdae moedig ek die mense aan om oneerlik te wees
My een dogter rook tot my groot spyt en sy koop haar sigarette van die sluikhandel en het gedurende die lockdown ook sigarette verkoop asook drank aan mense wie wou he
Vroeer jare sou ek die duiwel in gewees het nou se ek niks want die land is net besig om ten gronde te gaan.
Waarom belasting betaal aan n klomp wie geen gevoel het vir enige mens behalwe anc kaders.
So ek is nou ook n krimineel

Marlene ·

Ja wel. Hulle wou vir maande nie die belasting hê nie so…. ons gaan nie die hand byt wat ons gevoed het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.