Lynne Brown, minister van openbare betrekkinge, het glo ná ʼn opdrag van die Gupta-broers die Eskom-raad aangesê om nie vir Matshela Koko as hoof van die kragvoorsiener te skors nie.
Die bewering is Dinsdag deur ʼn getuie aan die parlementêre kommissie van ondersoek na Eskom gemaak. Khulani Qoma, die geskorste woordvoerder vir die Eskom-raad, het gesê hy het vroeër vanjaar vir Zethembe Khoza, die voorsitter, gemaan om Koko te skors weens die skade wat hy glo aan die maatskappy se naam aangerig het.
Qoma het gesê Khoza het redelik vinnig saamgestem dat dit gedoen moet word, maar het aangedui Ben Ngubane, die voormalige voorsitter, wou dit ook doen, maar is deur Brown verhoed.
“Khoza het vir my gesê Brown is ‘gekaap’ en sy rapporteer aan die Guptas. Hy het my ook vertel van nuwe raadslede. Hy het gesê op 23 Junie, die datum waarop die algemene jaarvergadering gehou sou word, gaan vier nuwe raadslede aangekondig word wat deur die Guptas aangestel is,” het Qoma aan die kommissie gesê.
Volgens Qoma het Khoza toe oorgeskakel na Zoeloe en bygevoeg dat die raadslede so jonk is “hulle lyk soos skoolkinders”.
“Hy het toe vir my gesê dat Ngubane baie naby daaraan was om Koko te skors, maar in sy spore gestuit is deur minister Brown,” het Qoma gesê.
Volgens hom het Ngubane die res van die raad oortuig dat dit die regte stap was om te doen. Koko het glo reeds sy kantoor verlaat vir die dag, maar is teruggeroep.
Volgens Qoma is die Gupta-broers telefonies in kennis gestel van die besluit. Hulle het glo vir Brown gebel wat op haar beurt vir Ngubane gebel en beveel het om Koko nie te skors nie.
The untouchables… beheer die land al lankal en doen so voort. Die 2023-Rugbybeker is seker ook gekaap.
Huh maar die wurms peul nou orals uit, maar wat help dit die wat moet optree en die regte ding doen is ook gekaap.
Ek begin dink die Guptas verdien meer respek as wat hulle toegeken word. Ons behoort op te hou om op hulle neer te sien. Om ‘n Hyundai, BMW, Kia of Merc te kaap is nou nie so indrukwekkend nie maar om ‘n hele land te kaap! Hey, daai ouens speel nie klein nie.. hulle kaap nie ‘n straler met 300 mense aan boord nie maar ‘n land met 65m of 70 miljoen mense!
FW het dit ook reggekry – lank voor die Guptas.
Met 63% van die kiesers om hom te rugsteun.
Dit klink reg hulle is mos in beheer van SA
Is daar net een persoon in die ANC wat nie skelm of korrup is nie?
Nie net die anc nie, maar in die hele land! Ek glo nie.
Al ooit gehoor van eerlike Regerings amptenare. Nooit