Haatspraaksaak teen BLF uitgestel

Andile Mngxitama, leier van die BLF (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Die saak tussen die burgerregteorganisasie AfriForum en Black First Land First (BLF) is Dinsdag in die gelykheidshof in Johannesburg uitgestel.

Willie Spies, AfriForum se prokureur, het aan Maroela Media gesê Andile Mngxitama, leier van die BLF, het in persoon by die hof opgedaag en gesê hy het regsverteenwoordiging nodig en die saak kan nie voortgaan voor hy regsverteenwordiging bekom het nie. Landdros Mohare het die saak tot 31 Mei uitgestel.

“Dit is sy reg om regsverteenwoordiging te kry en ons het toegestem tot die uitstel tot 31 Mei,” het Spies gesê.

Op 31 Mei sal ʼn direktiewe verhoor plaasvind. “Dit is ʼn voorlopige verhoor waarin daar tydlyne neergelê word vir die afhandeling van die res van die saak,” het hy verduidelik.

Die saak hou verband met Mngxitama se toespraak op 8 Desember 2018 by die Ikageng-stadion in Potchefstroom. Andile Mngxitama het na aanleiding van die sakemagnaat Johann Rupert se dreigement om die taxibedryf te mobiliseer om hom teen die EFF se dreigemente te beskerm, gesê vir elke swart mens wat in so ʼn konflik sterf, sal sy party “vyf wit mense doodmaak”. “Johann Rupert, dis in die haak,” het Mngxitama in dié omstrede toespraak gesê. “Betaal die taxibedryfbase. Maar dis hoe dit is: Vir elke mens wat deur die taxibedryf doodgemaak word, sal ons vyf wit mense doodmaak.”

Die BLF het intussen in ʼn verklaring gesê Mngxitama het die “rassistiese gronddief, Johann Rupert, gewaarsku oor sy uitsprake”. “Indien sy dreigende versoek vir swart-op-swart geweld tot die afsterwe van swart mense lei, sal ons direk op sy grondgrypgemeenskap reageer teen ʼn ratio van 1:5,” het die BLF op sosiale media geskryf.

Spies het gesê dit is kommerwekkend dat Mngxitama intussen weer die haatspraak, waarvan hy beskuldig word, op sosiale media herhaal het. “Dit dui op sy miskenning van die regsproses.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

17 Kommentare

jongste oudste gewildste
boerboel

Ek dink nie hier gaan veel van kom nie. Die ANC en EFF hou van sullke uitsprake

Spike

andile, jy moet rondkyk. Jou mond is groot.

Pieter du plessis

Hoekom kry hierdie voorwerp enige media dekking?

ChrisE

Daar was in my lewe ‘n stadium dat ek my erg oor uitlatings soos van die ANC, EFF en BLF opgeruk het. Ek het intussen bietjie gaan nadink oor die moontlike gevolge van die uitsprake. Die pesone wat die uitsprake maak moet ook na gekyk word. Eerstens die uitsprake het ‘n “beperkte trefkrag/gehoor”. Geen seniel/regdenkende mens sal enige uitsprake uitvoer nie.. Die gevolge van die uitvoer van sulke uitsprake het teenreaksies. Die persoon wat die uitsprake maak word hetsy, opgestook, betaal of opdrag gegee om sulke banaliteite kwyt te raak. Die mense laat my dink aan Snippie wat op die… Lees meer »

ANNA

Julius en Andile, het ñ kompetisie aan die gang,om te kyk WÍÉ kan dié ergste haatspraak uiter en HÓÉ LANK hulle daarmee kan wegkom…terwyl hulle aanhangers hulle toejuig!!
Gaan NIKS van die saak kom nie