Haatspraaksaak teen Mngxitama, BLF duur voort

Andile Mngxitama, leier van die BLF. (Foto: Mia Slabbert)

Die burgerregtegroep AfriForum se haatspraaksaak teen die organisasie Black First Land First (BLF) en sy leier, Andile Mngxitama, word Woensdag in die gelykheidshof voorgesit.

Kruisondervraging deur BLF en Mngxitama se regsverteenwoordiger van AfriForum se hoof van beleid en aksie, Ernst Roets, word vandag voortgesit.

AfriForum het hom tot die hof gewend ná Mngxitama se sogenaamde “Kill five whites”-toespraak wat hy in 2018 gelewer het.

“Ons sal hulle kinders doodmaak. Ons sal hulle vroue doodmaak. Ons sal enigiets op ons pad doodmaak. Ons sal hulle honde doodmaak. Ons sal hulle katte doodmaak. Ons sal enigiets doodmaak wat in ons pad staan,” het hy destyds gesê.

Roets het voor vanoggend se hofverrigtinge gesê Mngxitama het ook destyds aangevoer die sakemagnaat Johann Rupert is eintlik agter die taxigeweld in die land en as swart mense mekaar in taxigeweld doodmaak, is dit eintlik wit mense wat hulle weens Rupert se invloed doodmaak.

“Hy het gesê hy sal hulle avenge [wreek] – was die woord wat hy gebruik het – deur vir elke swart persoon wat doodgemaak word, vyf wit mense dood te maak,” het Roets gesê.

“Hy het gesê hy sal sy ondersteuners stuur na die wit woonbuurte, hy sal vir hulle wys wie moet hulle stab [steek], soos hy dit verwoord het.”

AfriForum het hom daarna oor die omstrede uitlatings tot die hof gewend.

Roets sê AfriForum vra die hof om die stellings tot haatspraak te verklaar. Die organisasie vra die hof ook vir ʼn bevel dat BLF en Mngxitama vir die uitlatings om verskoning vra en dat die organisasie sy beleid moet aanpas om standpunt teen haatspraak en die aanhitsing van geweld in te neem.

AfriForum vra ook dat die BLF en Mngxitama beveel word om R500 000 te betaal aan ʼn organisasie wat hom teen haatspraak beywer, asook dat die saak na die direkteur van openbare vervolging verwys word vir oorweging van ʼn strafregtelike klag.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Suzette ·

HOEKOM vat hierdie saak so lank? Al die bewyse is mos op die tafel??? As dit nou ‘n blanke persoon is wat so uitspraak gemaak het was hy/sy LAAAAANKAL in die tronk!!

Genis ·

Ek stem sal jou graag wil sien met jou Treseme kapsel en al

LiveAndLetLive ·

Met al die geleenthede in SA kies hulle geweld en die tronk, haat en rasisme.

ES ·

Dis reg so, hulle het hom al bankrot gemaak met al die regskostes wat hy moes betaal tot dusver.

Dries ·

Ongelukkig sal sy blessers sorg dat sy geld nie opraak nie.

Persheks Adri ·

Jammer gaan nie werk nie! Daai uitlatings en dreigemente teen ons nee ou jy moet gaan sit klaar jy’s soos Mal-emma en sy maters pffft tsek

Anel ·

En op die ou end gaan hy net sê dat hy dit nie so bedoel het nie, dan lag hy vir ons en môre doen hy dieselfde. Hoop van harte ek word verkeerd bewys.

Brenda ·

Tronk toe asseblief. Haatspraak en rassisme moet onder dieselfde kam geskeer eord.

JohanR ·

Wed jou ‘n regter gaan een of ander tyd se “Agh, give the guy a break!”

Nico ·

Die gevonnisdes sit lekker in die tronk, laat hulle begin betaal om daar te sit en dik word.

jzjz05 ·

Wat my hinder is van die begin af die doodse stilte van die MRK se kant af , N vlag is vir hul meer van belang .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.