Halwe ton dagga in Mpumalanga gevind

(Foto: SAPD Mpumalanga)

Lede van die Piet Retief-grenspolisie en lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het Sondagaand tydens ʼn gesamentlike operasie op 49 sakke dagga, wat sowat 472,144 kg weeg afgekom. Die geraamde straatwaarde beloop byna R2 miljoen.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê lede van die gemeenskap het ʼn wenk aan die polisie deurgegee en hulle het met die SANW saamgewerk om die klopjag uit te voer.

“Die perseel is gemonitor en ʼn groep vermeende daggasmokkelaars is opgemark. Toe die span hulle wou aankeer, het hulle weggehardloop en die grens na Eswatini (Swaziland) oorgesteek. Niemand is in hegtenis geneem nie.”

In ʼn afsonderlike voorval in Jeppes Reef is ʼn 23-jarige in hegtenis geneem toe hy met 1,12 kg dagga met ʼn geraamde straatwaarde van R4 700 betrap is. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Nog twee verdagtes van Eswatini, onderskeidelik 30 en 32 jaar oud, sal ook binnekort in die Bosbokrand-landdroshof verskyn nadat hulle met 11 sakke dagga (157 kg) met ʼn geraamde waarde van R625 000 betrap is. Hulle was vermoedelik op pad na Tzaneen toe hulle voorgekeer is.

(Foto: SAPD Mpumalanga)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

efjy ·

Die polisie en weermag doen ‘n gesamentlike operasie, hulle omsingel ‘n groep smokkelaars. Hulle le beslag op ‘n hoeveelheid dagga, maar is nie bevoeg om een oortreder in hegtenis te neem nie. Hoe op aarde het ons polisie en weermag so so so onbevoeg geraak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.