Hane kloek, kla en kerm oor O’Keeffe

Antoine Dupont (regs) in gesprek met skeidsregter Ben O’Keeffe. (Foto: Franck Fife/AFP)

As ʼn mens so na Fabien Galthié en Antoine Dupont se kommentaar ná Sondag se Wêreldbeker-kwarteindstryd luister, is dit duidelik dat die Fransmanne nie te ingenome met skeidsregter Ben O’Keeffe se hantering van die wedstryd is nie.

Die Hane se Wêreldbeker-veldtog het tot ʼn einde gekom toe hulle met 29 – 28 teen die Springbokke op die Stade de France verloor het.

“Ek wil nie ʼn bitter persoon wees wat oor die skeidsregter kla bloot omdat ek die kragmeting verloor het nie, maar daar is baie teleurstelling en frustrasie en ons kan nie wag om deur die wedstrydbeeldmateriaal te werk nie,” het Dupont gesê.

Van die voorvalle wat die Fransmanne warm onder die kraag het, is Eben Etzebeth se beweerde balwegklapsessie met ʼn oop Springbok-doellyn wat vir die tuisspan wink, terwyl Kwagga Smith se spel by die afbreekpunte ook glo meer in die kollig moes gewees het.

“Dit is duidelik dat daar harder op die fluitjie geblaas moes word. Ek dink nie die skeidsregtervertoning was op standaard nie; veral nie as ʼn mens in ag neem wat alles op die spel was nie,” het die Franse kaptein gekla.

Volgens Galthié het hy begrip vir sy spelers se misnoeë met die fluitjieblaser se vertoning.

“Ek verstaan dat daar baie frustrasie en emosie betrokke is; dit is iets wat maar moeilik is om te verwerk. Die wedstryd is egter verby en ek sal die beslissings aanvaar.”

Dupont meen egter dat O’Keeffe se kwansuise swak hantering van die wedstryd nie die glans van die Springbok-triomf haal nie.

“Hulle het baie goed in die tweede helfte gespeel en veral die spel voorlangs oorheers.”

Op hul beurt is Jacques Nienaber en Siya Kolisi heel tevrede met die 34-jarige skeidsregter se vertoning.

“Ek het gedink dat Ben hom goed van sy taak gekwyt het. Veral sy kommunikasie met die spelers was uitstekend,” het Nienaber gesê.

Volgens die Springbok-kaptein het sy span nie beheer oor die skeidsregter se beslissings nie, maar hy het ook geen probleem met O’Keeffe se hantering van die kwarteindstryd nie.

“Ons sal weer die wedstryd ontleed, maar die gesprekke met hom en sy beslissings was regverdig. Ek sal nie ’n skeidsregter diskrediteer nie, maar Antoine is natuurlik geregtig op sy eie opinie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

63 Kommentare

Elma ·

Du Pont, julle moet net nie julle eie wegkomkanse miskyk wanneer julle deur die beeldmateriaal werk nie. Daar was n keer of wat dat ek gedink het Ben O’Keefe blaas (of nie) n ander wedstryd as die een waarna ek kyk.

Elma ·

Jy is letterlik die enigste mens in die wereld wat volhou dat die charge down onwettig was. Het jy die magdom artikels al vandag gelees waar elke ekspert, joernalis, oudspelers, afrigters net praise het vir Kolbe met spesifieke verwysing na Kolbe se charge down. Yet hou jy by storie. Nou maar goed dan, gaan gerus voort, daars nie pille nie.

Elma ·

en het jy gesien die keer wat die ref totaal en al in ons pad gestaan het. hy het ons BESLIS n drie gekos…..

Joan ·

as iemand die wedstryd opgeneem het, kyk asb weer na die 2de drie wat die Franse gedruk het. dit word slegs eenkeer weer gewys en is so onduidelik. Die skeidsregter kon nie van sy kan af die drie sien nie, maar die grondkamera wys duidelik dat hy net-net kort van die lyn gedruk is.

Dan glo ek vas dat Etsibeth nie ‘n kophou gegee het om die geelkaart te verdien nie. Sy kop het die Haan se skouer getrek, terug gebons en toe die Haan se kaak getref.
Dit was baie onregverdig om ‘n geelkaart te gee.

Ons was ook skepties oor al die All Black skeidsregters wat die wedstryd sou hanteer, maar Vive la Bokke! Hulle was tè oortuigend goed!

George ·

Ons Saffa ondersteuners sou beslis ook gemoan het, as ons verloor het.

SjN ·

Mooi Bokke, jul sal moet vroeer begin sokkies optrek, kyk net die verskil toe sekere plaasvervangers opgekom het!!

Harley Davidson ·

Die franse moet bly wees hulle word nie gekies met ‘n kwota sisteem nie en net op meriete.

KB ·

Wat verder hartseer van die Franse (en ander lande se spanne is) is dat hulle met volksvreemde spelers uitdraf. Is daar nie genoeg Franse rugbyspelers nie. Hoekom gebruik hulle buitelanders in hul nasionale span?

Niklaas ·

Ek dink as ‘n puik speler soos Jordie Barrett in SA werk vir lang jare en dan burgerskap bekom , sal ons hom mos oorweeg as iemand soos hy belangstel in die groen trui.

Kobus ·

Nee wat, ek dink die spelers van kleur verdien hulle plek in die span. Kwota’s werk nie by Rassie nie. FAF en Willie was ook nie op hulle beste nie.

Kobus ·

Die skeidsregter was geluukig konsekwent met sy swak vertoning. Wat ek ook nie begryp nie is hoe Etsebeth of Kolbe nie Man vd wedstryd was nie. Kolbe se afstorm van daai doelskop was die wedstrydwenner.

Gaitsigubib ·

Yes Kobus! Ek hou daarvan as mens sy rugby ken! Daardie 2 manne het gekook. Daar is wel kommentators op die forum wat iets van hul onderwerp af weet – ek is bly om te verneem.

My siening ·

As Kolbe nie bal afgestorm het nie het ons met 1 punt verloor!

Chrisp ·

Twee puik wedstryde net jammer my span het dit nie gemaak nie(Iere)

Die Franse was baie jammer toe die proteas se ster BBEE kaptein en moniteerder die veld verlaat het met soveel tyd oor. Kwagga of Kwaggie genoem deur Piet het saam met Fourie gewys wat ‘n verskil ‘n ses op die veld maak . Met Mbonambi wat ‘n puik wedstryd op haker gespeel het in ‘n volle wedstryd was die spog ponie se afstap nie lekker vir die Franse nie.

Hoe lank SA hom nog kan wegsteek is ‘n ope vraag?

kragaap ·

Dit staan uit soos ‘n seer duim. Wanneer dit hard raak in die voorspelers verdwyn hy bankie toe op so 45-50 minute. Presies op 45 min gisteraand. Terwyl manne soos Etsebet, Pieter SDT en Frans aanhou tot op 65 min en meer. Maar dit was ‘n openbaring toe Kwagga hom vervang, sy werkstempo was stukke beter, en hy was uitstekend op die verdediging en afbreek punte. Het hom eintlik oorskadu.

Koos 100 ·

Ek kan ook soos Rassie ‘n ontleding doen waar die Bokke onregverdig gestraf is deur die skeidsregter. Ek moet egter my hoed vir hom afhaal. Dis seker die moeilikste skare om voor te blaas.

George ·

Kan jy doen wat hy nie doen nie, en ook uitwys waar die ref se beslissing aan ons kant was, want, ja, daar was ook.

Gaitsigubib ·

Hulle kan maar kla want as daar n ander skeidsregter was het hulle nog verder verloor. Reg voor die pale is Faf gestraf tewyl hy op sy voete was en die bal speel. Die Hane het gele op die grond en die bal vasgehou. Kort daarna pass Faf teen n Haan vas wat in die pad le, en Mr skeidregter maak of hy dit nie sien nie. Hulle moet nou eerder stil bly en hul nederlaag vat soos n man.

Johan ·

100% korrek! As die skeidsregter konsekwent korrek opgetree het, het die Franse met heelwat meer as 1 punt verloor!

Aai ·

Die ref was skokkend maar na altwee kante so dit is wat dit is wiel het in ons guns gedraai die keer nie soos Iere Bokke wedstryd met selfde ref.Die Franse het die hele tyd vir ref gese wat om te doen so julle het vergeet om die game te speel.Ha Ha

SwartBees ·

Ek het op n stadium gevoel die ref moet die fluitjie vir die hoenders gee sodat hy (Mnr ref) kan speel.

Jacobus ·

Die Franse se teleurstelling is verstaanbaar – die feite speel anders. Dit het vir my gelyk of Mr O’Keefe afgewyk het van wat die Franse van hom verwag het. Hulle het weggekom met heelwat ongestafte siniese aksies. Mooi bokke!

Danie ·

Klink nogal bekend wat die Hane kwytraak. Hier by ons gaan dit ook maar so wanneer die Blou Bulle verloor. Altyd die ref se skuld.

kragaap ·

Nee wat geen span se ondersteuners kan die ref blameer soos die WP s’n nie.

Casper ·

Ai mense,geen ref sal verneuk nie maar onthou hy moet 30 spelers dophou en stampvol paviljoene en sitkamer kykers hou net die skeidsregter dop.Ja hulle maak oordeelsfoute maar hulle is net mense.Die Noordelike halfronde skeidsregters e Suidelike halfronde skeidsregters blaas nie dieselfde nie al is dit een stel reëls.

Andrè ·

“I dont want to be a bad loser” bla bla bla, jy is een du pont,om suid afrika te waarsku dat indien iemand aan jou kop raak ens.ens. julle kry wat julle verdien

Raadsman ·

Ek moet se, indien ons verloor het, en ons kon hier naby die einde, sou ek steeds nie kon se dat die skeidsregter regtig groot foute gemaak het nie.
Die bal afklap van Eben is in my opinie nie duidelik of dit reg is agtertoe en nie reg is voerentoe nie? Eerste keer dat ek so iets sien.

MAGRIETHA ·

Daar was foute aan alby kante deesdae is dit moeilik om n skeidsregter te wees almal wil hom aanval op die veld oor wat hul dink reg of verkeerd dis wanneer da strafskoppe uitgedeel moet word net die kaptien moet met om praat was O Keefe was konsekwent in sy beslissings en die franse wat nou kla moes meer gestraf gewees het vir nie op hul voete bly by die los nie en vir n paar hoogvatte so franse crying babys

voor ek vergeet ... ·

Dit was ʼn taai en spanningsvolle wedstryd wat enige kant toe kon gegaan het. Ek voel vir die Franse, veral op hul tuisveld, maar die skeidsregter het ons ook by meer as een geleentheid benadeel. Die Franse kan steeds trots wees op hulself. Welgedaan Bokke!

Jack ·

Ja die Franse moet maar kla en huil.In 2007 het Wayne Barnes nie ‘n vorentoe aangee raakgesien nie in die wedstryd tussen die All BLacks en Frankryk.Dit het die All Blacks die wedstryd en wêreld beker gekos.Maar hulle het dit aanvaar en Barnes het daarna om verskoning gevra vir die blaps.So moenie huil nie.Die Franse het hulle bietjie geluk gehad in 2007.

Manie ·

Wat gaan Dupont se straf wees wat die skeidsregter openlik kritiseer? Gaan hy dieselfde straf as Rassie moet uitdien?

Samuel ·

Ja, wat is jou punt. Rassie se tirade en du Pont se uitlatings is nie dieselfde nie.

kragaap ·

Saagmeul, du Pont is ‘n speler Rassie ‘n bestuurder. Du Pont het nie ‘n video gemaak en vir IRB gestuur nie. So wat is JOU punt ?

Manie ·

Wêreld Rugby se reëls vir spelers en beamptes is dieselfde. Jy mag nie wedstryd beamptes se hantering van ‘n wedstryd openlik kritiseer nie. Rassie het dit te vêr geneem en is vir etlike maande geskors. Die feit bly staan dat Dupont se kritiek op die skeidsregter ‘n oortreding van die reëls is. Hy behoort dienooreenkomstig gestraf te word. Galthie was slimmer en het geen kommentaar gelewer toe hy daaroor uitgevra is nie.

JohanR ·

Die Hane sou tjoepstil gewees het as hulle gewen het! Lyk soos ‘n Bokke/AB eindstryd?

Niklaas ·

En as die Franse gewen het ? Wat sou Dupont dan geuiter het ? Die groot stilswye sou dan sommer steurend gewees het.

Euodia ·

Net EEN PUNT dit klink of SA ‘n wegholoorwining gehad het as jy so luister.net jammer my span AB is uit.

Andries ·

Was dit Suid Afrikaanse kaptein of afrigter wat so oor die skeidregter praat, was hul weer vir 6 maande geskors.

Andries ·

Die hane kan nog eindstryd haal. Hul moet net vroeg genoeg kaartjies koop.

ES ·

Hulle kla, maar vir die eerste 60 minute het dit vir my gevoel of ons teen die skeidsregter gespeel het.

George ·

Vir 60 min het Saffas gekla oor die reg, nou was die ref weer reg haha

George ·

Saffas, moenie vir een oomlik dink as ons verloor het, dat ons nie dieselfde sou doen nie. Die ref het foute gemaak, na albei kante toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.