Hanekom in die sop oor sy 2019-stem

Derek Hanekom (Foto: Rama, Wikimedia Commons)

Die ANC-jeugliga het Maandag versoek dat die minister van toerisme, Derek Hanekom, in die openbaar om verskoning moet vra of moet bedank oor sy uitlating dat hy nie seker is vir wie hy tydens die volgende verkiesing sal stem nie.

Hanekom, wat aan die einde van Maart afgedank is tydens die omstrede middernagtelike kabinetskommeling, het Donderdag gesê hy is nie seker of hy in 2019 tydens die algemene verkiesing vir die ANC gaan stem nie.

Hanekom het as ʼn ANC-LP aangebly, ondanks vier van sy afgedankte kabinetskollegas wat uit die parlement bedank het. Hy is ook ʼn lid van die nasionale uitvoerende raad van die ANC en hoof van die nasionale dissiplinêre komitee.

Mlondi Mkhize, woordvoerder van die ANC-jeugliga, het gesê die jeugliga hoop dat die partyleierskap die saak vinnig sal hanteer. Die jeugliga meen die ANC-leierskap het tot dusver die saak geïgnoreer.

“Ons versoek die ANC-leierskap om nie comrade Derek ongestraf te laat nie. Dit is belangrik dat ons almal gedissiplineerd bly in die organisasie,” het Mkhize gesê. “Ons is uiters besorg, want comrade Derek is ʼn NUK-lid van die ANC en hoof van die nasionale dissiplinêre komitee. Vir iemand met sulke verantwoordelikhede, behoort hy van beter te weet.”

Die ANC-jeugliga versoek die ANC-leierskap om vinnig op te tree.

Mkhize het gesê Hanekom se kommentaar blyk dat sy stem vir die ANC afhanklik is van wie in Desember tydens die ANC se verkiesingskonferensie as president van die ANC aangewys word.

“Ons veroordeel hierdie idee ten sterkste. Daar kan nooit ʼn verskoning wees vir só uitlating nie. Die ANC is nie minder belangrik as die individue wat dit lei nie. Ons versoek die ANC-leierskap om dadelik ʼn openbare verskoning te eis, of comrade Derek moet uit die NUK en as hoof van die nasionale dissiplinêre komitee bedank. As die ANC-jeugliga is ons bekommerd dat sy uitlatings verkeerde idees in die organisasie gaan kweek.”

Hanekom het in November verlede jaar tevergeefs probeer om ʼn mosie van wantroue teen ANC-president Jacob Zuma in te stel tydens ʼn NUK-vergadering in Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Freddie ·

Mense, dit lyk of hierdie ANC skip ‘n bietjie skuins staan. Dalk is dit al verby die punt van versadiging. My raad aan ANC MP’s is om solank ander werk te soek. Die bom gaan enige tyd bars.

Lol ·

Hanekom meng jou met die semels dan vreet die varke jou? En nou geen varkkos vir jou oor?

Skim ·

Hahaha die liberale Whiteys het ook nou uiteindelik agtergekom die ANC voel niks vir hulle nie! Nie die ANC of DA dra die belange van enige minderheidsgroep op die hart nie! Die liberals het nog vasgeklou en n rukkie saam die soustrein gery maar selfs dit gaan hulle nou nie meer stilhou nie! Wat jy stem is in elk geval veronderstel om vertroulik te wees. Net baie bly die lig gaan ook nou uiteindelik vir die libtards van minderheidsgroepe aan!

VERITAS ·

Skim ek is jammer om jou teleur te stel. Die lig sal nooit vir hierdie mense aangaan nie. Die enigste rede waarom Hanekom onseker is vir wie hy gaan stem, is omdat hy nog nie aanbiedinge uit ander partye ontvang het nie. Die party, wat hom ‘n kandidaat maak, is in elk geval desperaat. Hy is nie veel werd nie.

LB S ·

Kry eers jou feite reg voordat jy sê die DA dra nie die minderheidsgroepe (die Wittes, bedoel jy), op die hart nie. Omdat jy seker ver-regs is, skryf jy sommer die DA af. Jammer vir jou, maar alleen sal julle ook niks bereik nie. Daarom word daar reeds gepraat van Koalisies. Ek is ‘n trotse DA ondersteuner omdat ek in ‘n land waarin ALMAL vry is, wil leef.

Ramkat ·

Dit is nou duidelik dat individue net vir die ANC belangrik is om as stemvee op te tree sodat die “numbers” oorweldigende kan wees.
Individuel denke is vir hulle soos van die satan alleen.

Johanna Botha ·

Die anc skip sink so spring NOU as jy kan maar weet ook nie wie hom wil he nie …na al die jare sluk die man nou seker n bitter pil ….tragies maar mens se oë gaan oop al is dit te laat … teenwigte werk lyk my nie so lekker nie ne

Anoniem ·

So begin die ANC intimidasie vir 2019 se verkiesing al in 2017. Hy is n burger van ‘n demokratiese republiek, dit het niks met niemand te doen vir wie hy stem nie. Ek hoop sy oe gaan verder oop.

Koos ·

Die jeugliga wil nou vir almal voorskryf vir wie om te stem. Die arme dwase n mens sou dink dat hulle die term demokrasie sou verstaan, die armes van gees.

Vrykeuse ·

Hanekom hierdie is elke ou se vrye kuise vir wie hy wil stem, of woon ons in ‘n kommunistiese land

marous ·

Begin Korthaar & Kortbroek toerisme buro….of Van Toeka Tot Nou , of so iets….

Geconfused ·

Haha! Goed gese, amper val ek van die troon af. Oom Derek my Afrikaanse onnie het altyd gese: Meng jou met die semels dan vreet die varke jou op. Smaak my jy is ok nou geconfused ne? Waas Kortbroek deesdae? Seke lekke op staatspension erens….

John ·

Dis skynbaar nog net Rob Davis onder die Ingelse wat in Zuma se eerstespan speel. Die nuwe/ou planne van die ANC tov die ekonomie gaan sy Engelse-sinsbou en doelskoppe kwaai troef…

Johann ·

“belangrik dat ons almal gedissiplinerrd bly….”whahahahaha!!!! Die ANC se wiele is los en almal wat kan probeer mooi praaikies maak. Wonder wats die Jeugliga se gemiddelde ouderdom? Of word jy gemeet aan enkelsyfer IK?

Kêffievlieg ·

Ja as die skip sink spring die rotte eerste af. Of is dit nou as die trogvark vrek spring al die bosluise af? Hy is net aan een lojaal en dit is homself; die ANC moet dit nie persoonlik opvat nie.

Ada ·

Was lekker in die soustrein en het nou nie meer n treinkaartjie nie! Nou het hy geen trein nie want hy gaan nie n treinkaartjie by ons kry nie. Dus nou n platformloper vir die res van sy lewe.

humor ·

Ai man, ai, wat is jy, as jy darem wragtig nog nie seker is nie????????????????????????????????????

humor ·

Die man is redelik pienk op die fote. Is dit nou vanwee sy politiekestandpunt?

anton ·

Hy is mos n ou tronkvoël wat hoogveraad gepleeg het destyds.
Kry maar vir jou libtard!!!

Scalla ·

Derek, ek voel vir jou soos n moeder met n hout……………………………….en n yster ……………………….Die soustrein het gestop.

Fires ·

Hanekom werk nou aan sy pensioen by die anc en sal ook ‘n “tea boy” joppie aanvaar as hy net daar kan bly, baie dieselfde as kortbroek

SARIE VAN HEERDEN ·

Dis waar: Wat het van arme Kortbroek geword? Die ouens wat so oos en wes rondskuif moet maar altyd Dingaan onthou. Arme Hanekom wat nou in die wye vlaktes rondhol. Mens moet maar hou by die wat soos jy is en wie jy kan vertrou om jou nie te los as jou doel uitgedien is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.