Hangswewer in Mpumalanga beseer

(Foto verskaf deur ER24)

ʼn 39-jarige man is beseer in ʼn hangsweeftuig-ongeluk naby Machadodorp in Mpumalanga.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is Saterdag omstreeks 18:00 na die toneel ontbied en mede-hangswewers het hulle gewys waar die man homself bevind. Die provinsiale nooddienste was ook op die toneel.

“Die man het matige beserings opgedoen. Kort ná hy opgestyg het, het die wind hom weer na die grond teruggedruk. Hy het sowat 3 meter ver geval,” het Van Huyssteen gesê.

Hy is op die toneel behandel voor hy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.