’n Ongeluk by Harmony Gold se Bambanani-myn naby Welkom in die Vrystaat het Saterdag een werknemer se lewe geëis.
Die myngroep het Maandag in ʼn verklaring gesê die werker is noodlottig gewond toe grond op hom geval het.
“Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Alle skietwerk by die myn is stopgesit,” het Graham Briggs, Harmony se uitvoerende hoof, gesê.
Briggs en sy bestuurspan het hul innige meegevoel met die oorledene se familie betuig.
Ai dus so tragies veral as hy die broodwinner was dink aan julle in die hartseer tyd.
Dit het nou nie betrekking tot die berig nie maar weet iemand van julle hoe ver is dit van die waarheid laat die myne volgende maand weer gaan strike en dan my inige meegevoel aan die myner se familie en gesin
“Toe grond op hom geval het” is eerder ‘n rotsstorting om beter verstaan te word deur die algemene publiek wat nie op die hoogte is met mynterme.
Dit is gewoonlik waar die (rots)dak van ‘n werksplek meegee en tussen bestutting val.
Die gevolge van so ‘n ongeluk kan lig tot uiters traumaties wees afhangende van die grootte van die rotsblok(ke).
Alhoewel ek nie statistieke het om dit te bewys, is SA-myne veilig en sterf daar volgens my meer ondergrondse werkers in bogrondse ongelukke, byv. padongelukke. Jy kan eerder by jou huis seerkry waar jy met gereedskap werk as daar onder in ‘n myn !!
Ek sou graag wou weet of daar bewyse is aangaande my stelling?