‘Hartaanval’ eis man ná inbraak

’n Gedenkdiens is Saterdag vir At van der Merwe (78) in Kimberley gehou. (Foto: Find it Kimberley / Caria van der Merwe)

At van der Merwe (78) het vermoedelik aan ’n hartaanval gesterf toe rowers op 23 Julie op hom en sy vrou, Elize, in hulle huis op Daniëlskuil in die Noord-Kaap toegesak het.

Van der Merwe is op die toneel dood verklaar terwyl Elize na ’n nabygeleë hospitaal geneem is. Sy het beserings aan haar bene opgedoen.

Volgens lt.kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het die rowers omstreeks 04:00 deur ’n venster toegang tot die egpaar se huis verkry.

“Die verdagtes het ’n televisie gesteel en van die toneel gevlug. Niemand is al in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek ’n saak van huisbraak.”

Van der Merwe is Saterdag tydens ’n gedenkdiens in Kimberley beskryf as iemand wat baie lief was vir plante, veral blomme.

Hy het jare lank vir die De Beers-groep gewerk en het ná sy aftrede ’n tuindiens in Daniëlskuil begin.

Elize het in ’n brief aan haar man, wat in sy begrafnisbrief verskyn het, gesê dat sy nie ’n lewe sonder haar man kan voorstel nie.

“Ek koester ons 52 jaar se liefde en herinneringe saam.

“Ek kan nie wag om weer, met trots, langs jou te staan [nie].”

Sy seun, Hendrik, het in sy brief gesê, gesê hy gaan sy pa baie mis.

“Ek en jy kon met passie redeneer, maar daardeur het ek baie by Pa geleer en daarvoor wil ek dankie sê.”

Van der Merwe se ander seun, Jaco, het op sy beurt geskryf dat hy dit sal mis om saam met sy pa windbuks te skiet.

“Dankie Pappie, vir jou voorbeeld en lewenslesse.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Innige simpatie met die tannie en hul familie en vriende! Mag God julle dra in die moeilike tyd. Dis so hartseer

Aai ·

Kla hulle aan van moord as hulle gevang word die oom sou nie hartaanval gekry het van skok as hulle nie daar was.

Anoniem ·

Daar is regtig nie meer woorde vir hierdie lafhartige optredes deur mede landsburgers nie .
Sterkte aan die familie en vriende, jul bly in my gebede.

Foefie ·

Nou watse beserings het die vrou aan haar bene gehad? Dit klink so ligweg beskryf asof die ou maar net ingebreek het om die tv te kom haal en toevallig is die oom oorlede aan ‘n hartaanval. Ek kry die indruk dat die hele voorval “in die verbygaan” genoem word. Nee!! Daar was trauma. Erge trauma op daardie ouderdom. Swerkater. En dit vir ‘n stupid tv stel. My opregte en innige simpatie aan die oorlewendes. Ek weet hoe dit voel om ‘n pa te verloor.

Elize ·

Jaco, ek is so geweldig hartseer vir julle. Kan nie in woorde sê hoeveel ek hierdie aanval oordeel nie. Mag jy en jou familie deur hierdie gaan en net die goeie van jou onthou

Belinda ·

Ai dis baie hartseer. My innige meegevoel aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.