Helpende Hand en kunstenaars wil honger stop

Kleuters speel saam met sangeres Tarryn Lamb (Foto: Helpende Hand)

Solidariteit Helpende Hand en Coleske Artists het hande gevat om ʼn groot verskil in behoeftige kleuters se lewens te maak.

Helpende Hand, wat reeds sedert 2009 ’n voedingsprojek by kleuterskole het, gaan vanjaar 1,5 miljoen etes probeer insamel om meer as 8 000 kleuters van ’n bord kos te verseker.
Die organisasie het bevestig dat hulle aansoeke vir meer as 12 000 kleuters op die organisasie se voedingsprogram ontvang het.

Volgens Margolé Riekert, projekorganiseerder by Helpende Hand, is daar elke aand kleuters wat honger gaan slaap. “Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te verskaf nie. Die #Stophonger-projek is daarop gemik om te sorg dat alle kleuters ʼn bord kos inkry,” sê Riekert. Die projek fokus daarop om behoeftige kleuterskole in behoeftige organisasies te ondersteun met koopbewyse om kos aan te koop.

Vanjaar span Helpende Hand en Coleske Artists kragte saam om die #Stophonger-projek op die been te bring. Die projek wil die publiek bewus maak van die dringende behoefte onder ons land se kleuters, aldus Riekert.

Bekende sangers wat hulle stemme gevoeg het tot die projek is die Italiaanse sanger Patrizio Buanne en die jong Amira Willighagen van Nederland. Hulle gaan saam met die plaaslike talent van Touch of Class, Tarryn Lamb en Monique Steyn, Corlea, Dewald Wasserfall en Jay probeer om dié honger kleuters te help.

Meer as 8 000 kleuters is deel van Helpende Hand se voedingsprojek. Om te verseker dat hierdie kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand nagenoeg 1,5 miljoen etes hierdie jaar voorsien. “Die publiek kan ook betrokke raak en ’n bord kos vir hierdie kleuters borg. Sluit aan by Helpende Hand op helpendehand.co.za/stophonger en verander ’n kleuter se lewe,” het Riekert bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

16 Kommentare

jongste oudste gewildste
Noodsorg

Hoewel mens bly is oor hierdie inisiatief spreek dit nie die werklike teikengroep van kleuter hongersnood aan nie. Iemand wie kan bekostig om sy kind vandag na ‘n kleuterskool te stuur het dalk ook die geld om genoeg kos vir sy kind te koop. Die ouers wie dit nie eers kan bekostig om hul kind kleuterskool toe te stuur nie. se kinders gaan met honger magies na bed. Die ware teikengroep met groter nood word gemis. Dit is waarheen Helpende hand moet uitreik. My eie seun het ‘n pragtige gesinnetjie met klein kindertjies. Hulle het nie eers elke dag geld… Lees meer »

Maak self ook n plan

Helpende hand bestaan meestal uit vrywilligers. Almal moet eers in hulle eie gemeenskappe n verskil maak. Mens help maar mense naaste aan jou hart…soos al die kulture maar maak. Niks keer jou wat so vreeslik passievol is oor die armes om ook n eie vrywilligers projek te begin nie. Sterkte…hoop jy maak n verskil.

Sean

Ek wil help asseblief!!!!! 0828943040

Ver links

MM, i do take note of Vanessa’s comment above as well as others, but should everyone just agree with all the sentiments placed here which also reflects just a right wings point. We all have the right to put our views for a debate on the forum without overpowering each other or forcing views down. We might disagree on many issues, but that is normal where ever we go within Parliament, on the ground, at work places, within communities etc. I might see the past in a different manner as other people, is this wrong? We have to be fair… Lees meer »

Liana

Dit is wonderlik dat daar mense is wie sulke goeie planne het sodat daar kos vir kinders ingesamel word en hierdie kinders het nie gevra het om swaar te kry op aarde nie. Kan daar nie dalk mense help om ouers wie nie kan kos ensovoorts bekostig, nie meer as 2 kinders te kry nie. Ek weet menseregte sal nie saam stem om kinders te beperk nie , maar waar is die menseregte van die kinders wie honger en koud is en swaar kry. Moet daar nie meer aandag aan dit ook gegee word nie?