Suid-Afrika, die verdedigende kampioen in Wêreldrugby se sewesreeks, het Sondagmiddag in Parys verreweg hul beste vertoning van die toernooi gelewer en vir Engeland in die eindstryd geklop.
Lees meerAlles vir Sondag 10 Junie 2018
Tennis: Top gekeurdes dra die kroon by die Franse Ope
Die twee top gekeurde spelers by vanjaar se Franse Ope op Roland Garros het Saterdag en Sondag met die louere weggestap.
Stad Jhb gaan klag lê teen koerant
Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het inwoners gerusgestel dat die stad hoegenaamd nie in ʼn finansiële verknorsing is nie en dat dit nie ʼn reddingsboei nodig het nie.
Stoeigemeenskap treur oor jong kampioen
Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) het gesê hy betreur die afsterwe van die belowende stoeier, KleinJan Combrinck.
AfriForum oorweeg regstappe oor onteiening sonder vergoeding
AfriForum het die parlement skriftelik in kennis gestel dat hy met sy regspan sal konsulteer om die proses, dat artikel 25 van die Grondwet gewysig word om eiendom sonder vergoeding te onteien, as onwettig te verklaar.
Drie Limpopo-kinders veilig gevind
“Mens kan nie toelaat dat kinders alleen ʼn afstand van 15 km aflê nie. Dit mag nie deur enige ouer of voog toegelaat word nie.”
Spesiale muntstukke om Trump-Kim-beraad te vier
Die Singapoer Munt het drie spesiale muntstukke bekendgestel vir die geskiedkundige ontmoeting tussen Amerikaanse president Donald Trump en die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un wat Dinsdag plaasvind.
Blitsbokke smyt reeks-titelkans byna weg
Die Blitsbokke het klippe gekou in hulle kwarteindwedstryd teen Spanje, gelykop gespeel en daarmee hul kans so amper-amper verbrou om weer Wêreldrugby se sewesreeks te wen.
SA vrou wen Comrades-marathon
Suid-Afrikaanse atlete het Sondagoggend die land se naam hoog gehou by die Comrades-marathon in KwaZulu-Natal.
SA’ner wen wéér Comrades-marathon
Die Suid-Afrikaner Bongmusa Mthembu het Sondagoggend vir die derde keer weggestap as die manswenner van die Comrades-marathon.
Wallis klop die Poemas, Japan vir Italië
Benewens die drie wedstryde wat deur die Sanzaarspanne Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland teen Sesnasiesspanne gewen is, was daar ook laat Saterdagaand die ietwat onverwagte blaps van die Poemas teen Wallis.
Minister verwerp berigte oor korrupsie
Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, sal met prokureurs vergader oor ʼn koerantberig Sondag wat beweer dat hy by korrupsie betrek word.
Lang wagtyd by hospitaal beperk kans op oorlewing
300 prostaatkankerpasiënte sal ongeveer twee jaar lank moet wag vir behandeling, het die DA Sondag gesê.
Dit was weer lekker om ʼn Bok-ondersteuner te wees
Dís mos soos dit hoort.
Kim Jong-un in Singapoer vir vergadering met Trump
Die Noord-Koreaanse leier Kim Jong-un het Sondag in Singapoer geland vir sy geskiedkundige vergadering met die Amerikaanse president Donald Trump.
LUR moet verslag vrystel oor aanranding by Parktown Boys, sê DA
Die Demokratiese Alliansie het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Sondag gemaan om die verslag vry te stel oor die beweerde seksuele aanranding van leerders by Parktown Boys’ High School in Johannesburg.
Drie kinders verdwyn in Limpopo
Die polisie in Maake buite Tzaneen in Limpopo het ʼn groot soektog van stapel gestuur na drie minderjarige kinders wat Saterdag verdwyn het.
Helpende Hand en kunstenaars wil honger stop
Solidariteit Helpende Hand en Coleske Artists het hande gevat om ʼn groot verskil in behoeftige kleuters se lewens te maak.
Brandstigting by twee skole ná tussenverkiesing
ʼn Brand is onderskeidelik Vrydag en Saterdag by twee skole in Mpumalanga gestig, vermoedelik deur lede van die gemeenskap wat ontevrede was met die uitslag van die tussenverkiesing Woensdag in die gebied.
Gedagte vir die dag: Wil jy jou skoene ruil?
Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebreërs 13:5)