Hernieude kommer oor hidrobreking in Karoo

(Foto: pixabay)

Die VF Plus sê hy neem met kommer kennis van die departement van minerale hulpbronne en energie se oënskynlike vasbeslotenheid om met skaliegasontginning in die Karoo voort te gaan.

Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder oor minerale hulpbronne, sê weerstand teen skaliegas het sedert 2008 in alle erns begin met die aanvang van ernstige ondersoek na hidrobreking.

Hidrobreking is ʼn proses waar water, gemeng met chemikalieë, met groot druk in tonnels wat deur ondergrondse skalie loop, gepomp word sodat die skalie breek. Dit laat gas ontsnap wat dan saam met die water en ander elemente na die oppervlak styg.

“Die oorbenutting en besoedeling van die Karoo se skaars waterbronne is die mees problematiese aspekte van hidrobreking. Dit kan beteken dat die relatief kortstondige voordeel van gasontginning dié kwesbare landstreek permanent onbenutbaar maak,” het Boshoff gesê.

“Die appèlhof het op 4 Julie 2019 prospektering met die oog op skaliegasontginning beëindig, deur die regulasies waarkragtens dit gedoen sou word, ter syde te stel. Reeds op 10 Julie het minister Mantashe aangekondig dat skaliegas steeds ontgin kan word, net volgens ander metodes.”

Boshoff het gesê die VF Plus het ʼn skriftelike vraag aan Mantashe gerig oor dié “ander metodes”, waarop dié geantwoord het dat navorsing nog gedoen word.

Hy het gesê die vraag is op 15 Oktober onderteken en minder as ʼn week later was daar mediaberigte dat drie maatskappye eksplorasieregte vir skaliegas in die Karoo verkry het.

Cape Times het Maandag berig die regering kyk na die “wetenskap van hidrobreking en gaan ook water- en omgewingsverwante kwessies in ag neem voor enige besluit geneem word”. Ayanda Shezi, woordvoerder van die departement, het luidens die berig gesê geen hidrobreking is gemagtig nie, maar eksplorasiepermitte ís aan drie maatskappye toegestaan. “[Permit-] houers word toegelaat om ander maniere van eksplorasie te doen, maar nié hidrobreking nie omdat die regering dié metode nog ondersoek.”

Boshoff het gesê ʼn verlammende droogte het die Karoo nou al ses jaar in sy greep.

“Vir die VF Plus is dit onverstaanbaar dat die departement met skaliegas volhou, terwyl die gebied buitengewoon geskik is vir die opwekking van sonkrag (fotovoltaïese energie). Dit is ʼn tegnologie wat geen bykomende water benodig nie, nie die omgewing besoedel nie en permanent met die gevestigde kleinveeboerdery versoenbaar is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Essie ·

SA is n waterskaarste land nou hoekom die bietjie wat oor is besoedel met chemikalië

Gert van Wierdapark ·

Net NOG ‘n stasie vir die Elle lange SOUSTREIN wat onheilspel-lend voortsnel!!!

Irma ·

Die karoo het nie eers drinkwater in hul damme nie. ‘N party soos Gift of the Givers moet noodplanne maak terwyl die regering hulle besig hou met politiekery. Dit is tekenend van ‘n regering wat net sy eie sakke vul en GEEN begrip het van wat op die grond aangaan nie. Dit is totaal en al nie haalbaar nie. Ek is nou al so moeg van hul onsensitiwiteit en grootbroer houding.

Lynette ·

Hulle neuk voort soos perde met oogklappe aan. As hulle aan n sekere ding aandag gee, is hulle so toe soos kleiosse vir die ooglopende beter planne wat bewys kan word. Dalk n tekort aan verstaan?????

Feite ·

Lynette, dit gaan ALLES oor GELD. Hierdie sogenaamde ‘Regering” gee NIKS om oor wat oorbly van hierdie land nie solank as wat hulle NOU kan skep.

Gert van Wierdapark ·

Die beoogde hidro-breking in die Karoo is net nog ‘n druppel (of eerder ‘n dam), in ons Skitterende Kakistokrasie!

Deon ·

Want daar sit geld agter die ontginning en daar is n span wat bakhand staan as dit voortgaan.

Apollo ·

Sonpanele. Het iemand al navorsing gedoen oor die impak op weerstoestande met al die weerkaatsing van die son op die panele? Werk dit droogte aan? Vra maar net, ek vrae sulke soort goed ook by Eskom kragsentrales (impak van rook en koeltorings) , maar my vrae bly onbeantwoord. Boere beaam daar is ‘n verandering in reënvalpatrone.

wet ·

As dit net son panele is sal dit teen invloed het nie. Maar die krag stasies wat van spieels gebruik om ´n sout oplossing in ´n toringte verhit, soos in Upington en Pofadder het ´n groot invloed aangesien ´n groot volume lug verhit word. Iemand het my in die verlede vertel hoe Upington se temperature gestyg het. Dit sal natuurlik ´n invloed he op landbou langs die rivier. As die stasies in afgelee gebiede gebou word sal dit nie die mens beinvloed nie maar nie seker van die ekologiese gevolge van die area nie.

JohanR ·

Die ANC sal ook nie gelukkig wees totat hulle ALLES in Suid Afrika op geneuk het nie!! Los die blerrie Karoo alleen! Dit is darem een van die plekke waar ons nog kan heen gaan, om biettjie stilte en siels genot te vind van die ANC.

Riëtte ·

Net nog n nuttelose minister wat geld onder die tafel kry soos almal van hulle. Ek kan nie glo dat Ramapossa, wat self n boer is met meer as een plaas, en wat presies weet hoe swaar die boere kry, nie die gemors kan stop nie, en sulke gemors politikuste nog in die regering duld nie. Hulle is veronderstel om vir die land en sy mense(en diere) om te gee,maar al waarin hulle belangstel is hoe vol is hulle beursies

Anne ·

Dis absoluut vreeslik. Dit móét stopgesit word. So moeg vir geld wat alles moet beheer en opvoeter. Ai nee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.