Hersiene begroting: Grondhervorming, voedselsekerheid ergste getref

(Foto: TLU SA/Facebook)

Die departement van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming se begroting is met R2,4 miljard besnoei vergeleke met die huidige boekjaar se aanvanklike begroting.

DIe departement het in ʼn verklaring gesê ʼn begroting van R14,4 miljard is vir die komende boekjaar goedgekeur.

Thoko Didiza, minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, het gedurende Dinsdag se begrotingsdebat gesê die grootste gedeelte van die besnoeiing het plaasgevind binne die departement se programme wat voedselsekerheid, grondhervorming en grondrestitusie lewer.

Volgens Didiza is die begroting vir voedselsekerheid met R939 miljoen besnoei. Grondhervorming se begroting is met R544 miljoen en grondrestitusie met R403 miljoen gesny.

Die minister het verder gesê die begroting vir regeringsprojekte soos Ilima/Letsema wat deel vorm van die nasionale beleid rakende voedsel- en voedingsekerheid is ook besnoei.

“Die begrotingsaanpassings vir Ilima/Letsema en die omvattende landbousteunprogram bekend as Comprehensive Agricultural Support Program (CASP) sal beteken dat provinsies in die 2020-’21-boekjaar minder geld sal ontvang om produsente met produksie en infrastruktuur te help,” het sy verduidelik.

Volgens Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) se algemene huishoudelike opname van 2018 is meer as 75,6% van huishoudings wat by landbou betrokke is, ook deel van pogings om ekstra voedselbronne te verseker.

Slegs 10% van die huishoudings wat in die landbousektor werksaam was, het aangedui dat hulle gedurende die jaar voor die opname steun van die regering ontvang het.

“Dít, tesame met die besnoeiing van CASP se begroting vir infrastruktuur, sal lei tot vertraagde inwerkingstelling van infrastruktuurprojekte op plase,” sê die minister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

as jy wit is enjy boer, wees eerder bly oor hierdie besnoeiing. Hoe minder hulp jy vir die staat vra, hoe minder weet hulle van jou. Hoe meer hulp jy vra, hoe meer weet hulle van jou en dan, wanneer onteiening sonder vergoeding aanbreek, is jy eerste op die lys van plase wat afgevat word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.