Herwinningsmaatskappy in Alberton brand

(Foto: Verskaf)

Brandbestryders aan die Oos-Rand spook sedert Sondagmiddag om ʼn groot brand by ʼn papierherwinningsmaatskappy in Alberton te blus.

Daar word vermoed dat gras buite die perseel aan die brand geraak het en toe onder die heining deur na die maatskappy se perseel versprei het.

Twee vragmotors en ʼn vurkhyser is tot dusver tydens die brand vernietig.

(Foto: Verskaf)

William Ntladi, woordvoerder van die Ekurhuleni-rampbestuurdienste, sê nie minder nie as 40 brandbestryders en ʼn vloot van tien brandweerwaens van agt brandweerstasies het ná 12:00 op die brand by die fabriek gereageer.

Die brand het by hul aankoms reeds na anders werkswinkels op die perseel begin versprei en daar is gespook om die geboue en materiaal wat nog nie gebrand het nie teen die vlamme te beskerm.

(Foto: Verskaf)

Volgens Ntladi is die brand reeds in bedwang gebring, maar brandbestryders sal vermoedelik tot in die vroeë oggendure van Maandag nog vlamme blus.

Geen beserings is tot dusver aangemeld nie.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.