Hiëna gryp werker by Berg-en-Dal

(Argieffoto ter illustrasie: pixabay)

ʼn Werker by die Berg-en-Dal-ruskamp in die Krugerwildtuin word in ʼn hospitaal behandel ná ʼn hiëna haar aan die arm gebyt het.

Volgens Isaac Phaahla, SANParke-woordvoerder, is die hiëna ná die voorval van kant gemaak.

Die vrou werk by die restaurant by die ruskamp.

“Dit is nog nie seker hoe die hiëna die werknemer se kamer binnegekom het nie,” sê Phaahla.

Volgens hom was die dier egter kort ná middernag in die vrou se kamer. Sy woon in een van die woonkwartiere by die kamp. “Ons is nog besig om die voorval deeglik te ondersoek,” het Phaahla Woensdag telefonies gesê.

ʼn Span werkers en ʼn veldwagter het die hiëna se spore gevolg en dit kort daarna opgespoor.

“Ongelukkig moes die dier van kant gemaak word,” sê Phaahla.

Hy kon nie dadelik die geslag van die hiëna bevestig en of dit dalk ʼn ouer dier was wat moontlik van die trop afgedwaal het nie. Dit is ook nie duidelik waarop die besluit berus het om die dier van kant te maak nie.

“Ons sal die besonderhede deel namate dit bekend word.”

Die werker, wie se naam nog weerhou word, het Woensdag nog in ʼn plaaslike hospitaal aangesterk.

“Haar toestand is stabiel,” het Phaahla gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Adriana ·

Nou moet die arme dier van kant gemaak, omdat die persoon nalatig dalk was,natuurlik hekke en deure oopgelos en die hïena het ingekom.

Papsak ·

Nou moet die arme dier van kant gemaak word sy dalk deure of hekke oop gelos toe het hy in gekom nalatigheid regtig seker nie nodig om hom van kant te maak nie

willie ·

Adriana, wil ek ook weet? hoekom moes dia arme die van kant gemaak word. Iemand was nalatig en is die oorsaak van die die voorval.

Elmarie ·

Was in Des by hierdie kamp en het gesien hoe mense in die katavaangedeelte ‘n hiëna deur die draad voer! Dalk hierdie dier wat dan êrens ingekom het.

Danie ·

Die lewe en voortbestaan van wild en bedreigde spesies beteken mos niks vir die goed nie.As jy so n dier kan skiet kan jy hom mos verdoof ook.

Perdeby ·

Julle bedoel seker die werker was nalatig gewees om haar deur oop te Los, nou is dit die dier se skuld. ????????

Luna ·

Ek is bly die vrou lewe darem, die dier kon haar aan die keel beet gekry het en sy kon dood gewees het. Mens weet glad nie wat die omstandighede was nie, maar een ding is verseker die dier sou weer probeer het om by iemand uit te kom. Ek kan myself net indink watter moeilikheid Berg-en-Dal sou gehad het as sy wel dood was.

Bolandse Nooi ·

Hoekom word die dier vankant gemaak??? Die dier was 10/1 nuuskierig of honger en as die deure en vensters behoorlik toe was, sou dit nie toegang tot die persoon in haar kamer kon kry nie. Moontlik was die hiëna se gedrag ook te wyte daaraan dat mense dikwels nie besef watter skade hulle aan die natuur en wilde diere se natuurlike habitat doen nie, bv. mense wat vir hul eie vermaak, wilde diere voer of hulle wil “pet”. Dit is amper soos in die VSA waar bruin bere doodgemaak word omdat hulle mense se huise binnedring opsoek na kos, want mense gooi afvalkos in hul vuillisdromme … wie is dan te blameer? Mens – wat dom optree – of dier wat instinktief optree?

Grassie ·

Ek kamp baie dikwels op B erg-en-Dal. Wat Elmarie hier bo sê is baie waar. Ek sien dikwels dat besoekers wat teen die kampdraad kamp hienas voer. Ek het ook gesien dat van hulle saans hienas se geluide oor luidsprekers speel om hulle te lok en dan te voer. Die kampowerhede is bewus daarvan maar dit lyk nie of hulle ooit optree nie. Die hienas het al ‘n voetpaadjie getrap anderkant die draad.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.