Die openbare beskermer het Woensdag die staatskaping-verslag wat deur Thuli Madonsela opgestel is, openbaar gemaak.
Die hooggeregshof in Pretoria het vroeër Woensdag gelas dat die verslag voor of teen 17:00 vrygestel moet word.
Hieronder volg die volledige verslag. Maroela Media sal verskeie berigte hieroor plaas. Indien jy nie die verslag hieronder kan sien nie, laai dit hier af.
Gaan dit genoeg wees om finaal ontslae te raak van die patetiese president van ONS land?
@ Johan, ek twyfel of die verslag genoeg sal wees om ontslae te raak van Zuma. Hy het oor en oor vewys dat hy homself uit sy skandale uit wurm. Daar is nog te veel kaders wat daai suurstofdief beskerm. Ons hoop maar vir die beste.
Wat ‘n verleentheid moet dit nie vir hom wees om so ‘n opdrag te kry nie. Madonsella het werklik op haar voete gedink. Maar, dan, hy is so selfgesentreerd en dikvellig, dit sal soos water van ‘n eend se rug wees. Loop sal hy nie loop nie, hulle sal hom moet stoot.
Hi Leendert, ek stem, maar wie gaan braaf genoeg wees om die stootwerk te doen. Daar word te veel gepraat en te min gedoen. Op dié elfderuur makeer SA ñ held (of heldin).
Verslag lees amper soos die sepie Dallas. Sekerlik kan n rolprent gemaak word van die sirkus en moontlik n paar Oscars vir ons land as die oorspronklike rolspelers gebruik word.
Ja dan verkoop ons die Oscars om geld te kry om die land te red
Kan iemand dalk in n neutedop se wat hier in staan ? Dis nogal baie om te lees.. ;-)
Dagsê Varkie
Hier is Madonsela se bevindings: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/staatskaping-verslag-dit-is-wat-madonsela-bevind-het/
Hier is die stappe wat sy versoek: http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/staatskaping-verslag-madonsela-versoek-die-stappe/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek so gesien, baie dankie
Eerder ‘n kwessie van rich man poor man. Sal maar kyk hoe die dinge verder gaan loop
Varkie en dink Schalk het dit baie mooi hier bo gesê…
Hier is ‘n paar mense wat kan spoedlees hê? 355 bladsye in ‘n uur!
Op die oog af lyk hierdie soos n klomp bespiegelings sonder konkrete bewyse. Ek dink nie die verslag gaan hond haaraf maak nie. En, Popeye, ek lees baie vinnig. Jy kan maar sê ek is n kompulsiewe leser.
Die berg het ‘n muis gebaar,