Hiér is Wits se nuwe visekanselier

Prof. Zeblon Vilakazi (Foto: ANA)

Prof. Zeblon Vilakazi is aangestel as die nuwe visekanselier en hoof van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits). Dié aanstelling tree begin volgende jaar in werking.

Vilakazi is tans die visehoof en adjunk-visekanselier vir navorsing en nagraadse studie aan Wits.

Dit volg nadat Adam Habib in Februarie as visekanselier van Wits bedank het om ʼn pos as direkteur van die School of Oriental and African Studies (SOAS) in Londen, Engeland, op te neem.

Maroela Media het vroeër berig Habib sluit hom op 1 Januarie 2021 by die SOAS aan en sal tot dan in sy pos by Wits aanbly. Hy sal dan reeds agt jaar lank aan die stuur van dié universiteit wees.

Isaac Shongwe, voorsitter van die Wits-raad, die hoogste besluitnemingsliggaam van die universiteit, het Donderdag in ʼn verklaring gesê Vilakazi is die toonbeeld van ʼn navorser van wêreldgehalte.

Universiteit van die Witwatersrand (Foto: Wits)

Vilakazi het reeds 325 navorsingsartikels gepubliseer en beskik tans oor ʼn h-indeks van 70, wat bepaal dat sy navorsing telkemale aangehaal word. Die h-indeks is ʼn outeurvlak-metingstelsel wat poog om die produktiwiteit en aanhalingsreikwydte van die publikasies van ʼn wetenskaplike of akademikus te bepaal.

Volgens Shongwe word Vilakazi wêreldwyd erken vir sy wetenskaplike werk en bydrae tot die ontwikkeling van hoër onderwys in Afrika. “Hy is ʼn talentvolle persoon wat ʼn inspirerende voorbeeld is vir alle Afrikane,” het Shongwe gesê.

Vilakazi het op sy beurt gesê dit is ʼn eer om in die gesogte pos as visekanselier van Wits aangestel te word. Volgens hom sien hy daarna uit om saam met sy gewaardeerde kollegas, mede-akademici en studente saam te werk om vaardighede op hoë vlak te ontwikkel wat nodig is om Suid-Afrika en die ekonomie vorentoe te laat beweeg.

“Ons moet ook daarmee voortgaan om die skeppers, innoveerders en kritiese denkers te ontwikkel wat ons kan help om die probleme van die 21ste eeu op te los,” het Vilakazi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Dog hier sou al 40 kommentare gewees het, maar dink ons is al soe uitgepit oor aanstellings in SA, dat ons “simply don’t care anymore.”

Realis Thailand ·

Net nog n kader wie n goeie uitstekende man vervang
Wits kan nie juis veel verder sink op die Universiteitslys van wereld Universiteite
Ek kan verstaan dat prof Habib bedank het want wits is n nes van die anc en hy is kort kort uitgekryt as n meeloper van die witmense

Jack ·

Nog n seder het geval. Dalk is die nuwe man vir gelyke behandeling van alle studente. Ons sal wel gou sien want nuwe besems vee sommer vinnig skoon

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.