Hierdie JHB-voorstede en hospitale die naweek sonder water

Argieffoto

Argieffoto

Johannesburg Water, die stad se water- en sanitasiediensverskaffer het bevestig dat inwoners van talle woonbuurte 25 uur lank sonder water gaan wees.

“Die stelsel word Saterdag om 14:00 afgeskakel en Sondag om 15:00 weer aangeskakel,” het die munisipaliteit in ʼn verklaring gesê. “Rand Water moet instandhoudingswerk by die Eikenhof-pompstasie doen.”

Rand Water sal glo steeds water in die stelsel verskaf, maar teen ʼn verminderde kapasiteit en inwoners kan dalk swak waterdruk beleef of moontlik glad nie water hê nie.

Die munisipaliteit het onderneem om watertenks te verskaf in die betrokke woonbuurte en hospitale.

Vir meer inligting kan inwoners Joburg Connect direk skakel by 011 375 5555 of 0860 562 874 of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

Die volgende woonbuurte word hierdeur geraak:

Roodepoort/Randburg-gebied:
Bergbron, Claremont, Delarey, Whiteridge, Roodekrans (alle uitbreidings), Wilropark (alle uitbreidings), Helderkruin (alle uitbreidings), Constantia Kloof (alle uitbreidings), Allens Nek (alle uitbreidings), Weltevreden (alle uitbreidings), Florida Hills, Florida Noord, Discovery (alle uitbreidings), Selwyn, Florida Township, Horison, Horison View, Roodepoort Noord, Floridapark (alle uitbreidings), Constantiapark, Honeydew (alle uitbreidings), Zandspruit, Laserpark, Randparkrif, Cosmo City, Lanseria, Thabo Mbeki informele nedersetting, Olivedale, Sundowner, Northwold, Boskruin, Bromhof, Kya Sands, Bloubosrand, Eagle Canyon, Honeydew View, Poortview, Ruimsig, Wilgeheuwel, Princess, Grobler Park (alle uitbreidings), Lindhaven, Little Falls, Harveston, Honeydew (alle uitbreidings), dele van Northriding

Langlaagte/ Southdale-gebied:
Mondeor, Southgate, Meredale, Alan Manor, Eagles Nest, Southfork, Kibler Heights, Eikenhof, Lougherin A.H, Coronationville,Westbury, Claremont, Triomf, Westdene, Newlands, Greymont, Albertskroon, Albertsville, Langlaagte, Industria, Bosmont, Riverlea, Longdale, Vrededorp, Fordsburg, Brixton, Mayfair, Cottesloe, Janhofmeyer, Rossmore, Hursthill, Montclare, Melville, Emmerentia, Auckland Park, Greenside, Westcliff, Parkview, Fairlands, Berario, Northcliff (alle uitbreidings)

Soweto:
Pimville, Power Park, Diepkloof, Orlando-Oos, Orlando-Wes, Dobsonville, Naturena Klipspruit, Meadowlands, Comptonville, Meredale, Moroka, Jabavu, Molapo, Jabulani, Tladi, Moletsane, Mofolo-Suid, Mapetla, Zola, Zondi, Naledi en uitbreidings, Emdeni, Mofolo-noord, Mofolo-sentraal, dele van Dube, Chiavelo en uitbreidings, Protea-Noord, Protea-Suid, Dhlamini en uitbreidings, Eldoradopark en alle uitbreidings, Klipspruit-Wes en Klipspruit en Protea Glen (alle uitbreidings)

Hospitale:
Wilgeheuwel, Flora Clinic, Olivedale, Helen Joseph, Crescent Clinic, Garden City, Rahima Moosa, Baragwanath , Tshepo Themba, Lesedi Clinic

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Vic ·

Nou slaat my dood met n veer – ek weet nie meer nie- is julle ernstig?

Liesl ·

Vic, almal weet al vir dae lank dat ons 25 ure sonder water gaan wees. Jul moet begin met jul voorbereiding. Ons het kanne vol gemaak en drinkwater gaan koop. Gelukkig het ons n boorgat ook.

boer ·

En moenie vergeet nie, hierdie is apartheid se skuld, hoor. Ek se dit maar solank namens Zuma

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.