Hiérom geen parool vir Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Clive Derby-Lewis

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, het Vrydag gesê Clive Derby-Lewis (79) se toestand is nie sodanig dat hy fisiek ongeskik is of dat sy daaglikse lewe ingeperk word nie.

Masutha het Vrydag aangekondig dat Derby-Lewis nie op mediese parool vrygelaat gaan word nie. Hy het gesê Derby-Lewis het derde fase longkanker. Volgens die minister kwalifiseer gevangenes slegs vir mediese parool indien hulle kanker in fase vier is.

Volgens Masuthu het Derby-Lewis onder ʼn skuilnaam behandeling ontvang in die hospitaal. Die skuilnaam wat gebruik is, was glo die naam van ʼn bestaande pasiënt wat ook vir kanker behandel is. Masutha het gesê dit is dus onseker of die verslae en monsters wat voor die paroolraad was, wel dié van Derby-Lewis was.

Hy is ook nie oortuig dat Derby-Lewis werklik berou getoon het vir sy dade nie, het Masutha bygevoeg.

Derby-Lewis (79) dien lewenslange tronkstraf uit vir sy aandeel in die moord op die destydse SAKP-leier Chris Hani in April 1993.

Klik hier vir alle vorige berigte oor Clive Derby-Lewis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Hannes ·

Ja en Schabir Scheik sit gekluister en wag om dood te gaan. Dubbele standaarde

Nefie ·

Ons noem onsself ‘n demokratiese land. Vry en regverdig. In wie se boeke?
Wanneer gaan die res van die wêreld kennis neem?

Elize ·

Wragtag!!!!!! Die vet weet. Ek wonder of die frieken regering OOIT reg gaan kom! Hulle is wraggies n klomp pateete! Hy moes onder die skuilnaam Clive Zuma gegaan het!

Jean ·

Res van die wereld gee nie om nie….ons veg ons eie battle nou!!!

JB ·

Dan praat hul van versoening. In hierdie land sal dit NOOOOOIIIT gebeur nie! Nie met sulke patete aan die stuur nie!!!!

Kathleen ·

Dit is nou rassisme uit die boonste rakke ! Hulle sal hom nooit parool gee nie , die rede : Hy was verantwoordelik vir hulle “Boetie” se dood , dus , ja , jammer oom Clive , jy gaan daar binne lang boompies toe gaan !

Paula ·

My opinie is dat die regering bang is om hom uit die tronk te laat kom. Netnou praat hy. Daar loop al jare gerugte rond in Dawn Park dat die ANC Clive Derby Lewis betaal het om van Hani ontslae te raak omdat hy so gewild was….

Dave ·

Paula, Paula, Paula…, ek lees vreemde idees van mense somtyds maar joune is ‘n kersie op ‘n koek! As oom Clive wil skinder verhoed niks hom om dit uit ‘n tronk te doen. En dit klink nie asof die anc regtig moeite doen om in sy goeie boekies te wees.

Louis ·

Jammer Oom Clive,geld praat hard en lyk my jy het nie want dan was jy lankal buite.Jyt ook vergeet dat dit n klomp rampokkers is wat regeer!

CHRISTA CONTINO ·

Dan praat die ANC van diskriminasie!!! Wat maak Hani se lewe belangriker as al die ander mense wat daagliks vermoor word – kyk na al die plaasmoorde!! Maar dit maak mos nie saak nie – die slagoffers is maar net blankes en hulle lewe beteken niks!!!

Tommie ·

SAKP handeldrywend as ANC. ANC party is ‘n rook skerm om die wereld om die bos te lei!

Koeiseun ·

Clive moet nog eers bietjie sieker word – fase IV kanker, met geen teken van verbetering nie. En sy mediese verslae is verdag. Gee nie om wat jy dink van die huidige regering nie, maar moenie dink jou outydse denke van ‘hulle is almal dom’ gaan help nie. Hy moes maar bietjie slimmer te werk gegaan het toe hy die misdaad gepleeg het. Ja, hoekom pas ‘hulle’ die wet toe hier maar nie altyd nie? Goeie vraag. Ten minste hou ‘hulle’ by die letter van die wet in dié geval. Mooi so.

Anton Smit ·

Koeiseun dit is jammer oom Clive het net een wapen gehad want nog n paar vir mense soos jy sou handig te pas gekom .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.