‘Historiese’ 82,9% van matrieks slaag

Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, tydens Donderdagaand se aankondiging, (Foto: X)

Persentasiegewys het die klas van 2023 die hoogste slaagsyfer in die geskiedenis van die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen (NSS) behaal, aldus die nasionale departement van basiese onderwys.

ʼn Trotse Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het Donderdagaand aangekondig dat dié groep matrieks ʼn indrukwekkende algehele slaagsyfer van 82,9% behaal het – ’n 2,8% verbetering op die vorige slaagsyfer van 80,1% en ʼn 6,5% verbetering op dié van die klas van 2021 (76,4%).

Die klas van 2023 het ook nié net die meeste onderskeidings in die geskiedenis van die NSS ingeryg nie, maar is ook die groep met die meeste matriekvrystellings.

Altesaam 282 894 (40,9%) van dié leerders het universiteitstoelating.

Altesaam 187 876 (27,2%) het met diplomatoelating geslaag terwyl 101 973 (14,%) met toegang tot ʼn hoër sertifikaat geslaag het.

Dit beteken 470 770 ( 82,1%) van leerders wat met universiteit- of diplomatoelating geslaag het, kan vanjaar hul studies aan tersiêre onderriginstellings voortsit.

Die minister het voorts aangekondig dat die matriekklas van 2023 altesame 253 807 onderskeidings behaal het. Die grootste bydraers tot hierdie groot gros onderskeidings was KwaZulu-Natal, Gauteng, die Oos-Kaap, die Wes-Kaap en Limpopo.

Vrystaat vat voor

Die Vrystaters het in 2023 voorgevat met ʼn uitsonderlike slaagsyfer van 89,03% gevolg deur KwaZulu-Natal (86,36%) en Gauteng (85,38%).

ProvinsiesSlaagsyfer
Vrystaat89,03%
KwaZulu-Natal86,36%
Gauteng85,38%
Noordwes81,63%
Wes-Kaap81,54%
Oos-Kaap81,42%
Limpopo79,54%
Mpumalanga76,95%
Noord-Kaap75,84%

Nie een van die land se nege provinsies het ʼn slaagsyfer van minder as 75% behaal nie; en nie een het swakker gevaar in vergelyking met 2022 nie.

Volgens Motshekga is dit “bemoedigend” dat daar slegs ʼn klein persentasieverskil, in sommige gevalle ʼn desimale verskil, tussen provinsies is. Die minister meen dit is tekenend van ʼn onderwysstelsel wat in die geheel aan die herstel is.

“Dit is ook merkwaardig dat die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo – die drie mees landelike provinsies in die land – 50,9% van die totale universiteitstoelatings opgelewer het.”

Daar is ook glo geen twyfel by die minister nie dat die Suid-Afrikaanse basiese onderwysstelsel die verlangde stabiliteit begin bereik het.

“Die NSS-slaagsyfer het in onlangse jare konsekwent van 60% in 2009 tot meer as 80% gestyg. Die klas van 2023 moet geloof word vir die handhawing van hierdie neiging ondanks die astronomiese uitdagings wat hulle in die gesig gestaar het.”

  • Altesaam 715 719 voltydse en 182 056 deeltydse kandidate het geregistreer om die 2023 NSS-eksamen af ​​te lê.
  • Altesaam 56,4% van die totale aantal kandidate wat die 2023 NSS-eksamen geskryf het, was meisies, terwyl 43,6% seuns was. Interessant genoeg het 82,9% van beide die meisies en seuns die eksamen geslaag.
  • Altesaam 137 van die 147 jong mense in korrektiewe sentrums, wat die 2023 NSS-eksamen as voltydse kandidate geskryf het, het die 2023 NSS-eksamen geslaag.
  • Individuele uitslae word Vrydagoggend onder meer op Maroela Media bekend gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Casper ·

Wat ‘n uitsonderlike prestasie Angie veral as die slaagsyfer ‘n skamele 30% is.Kom ons vat hierdie leerders na ‘n ontwikkelde land toe en kyk hoeveel sal slaag.Ek sal jou sê wie sal slaag,leerlinge van privaatskole en afrikaanse skole,en dit is hoekom julle wil wegdoen met hierdie skole.

Nie Verbaas ·

Mooi. Jy het vergeet om te sê hoeveel leerlinge se uitslae is opwaarts aangepas. Met n slaagsyfer van 30% moet slaagsyfer 100% wees. Pateet.

KB ·

Ou grapgat!
Weet Motshekga hoevéél mens kan toesmeer met statistiek? (Wat weet sy inelkgeval van statistiek af…net dat dit die kryt van haar inkleurboek is?!)

Robert ·

Ek stem 100% saam met jou Adriana. Dit lyk dalk goed op papier maar die werklikheid is baie vêr daarvandaan!!!

Papsak ·

Ja nee kyk hulle moet maar deur gehelp word anders slaag hulle nooit hulle kan nou maar net nie saam met ons kinders kompiteer nie ons kinders mag maar want hulle kan maar ander sorrie te swak klaar maar tussen ons wil hulle gesien wees

John ·

Stem Saam Adriana met slegs n slaagsyfer van 30% moes dit 100% wees van leeraars wat eintlik moes geslaag het.

Michael ·

Die syfer boontoe aangepas is nie eers naby 82% nie ,wat ‘n grap is hierdie regime nie.

Koen ·

@John. Jy het klaarblyklik nie die paal gehaal nie. Ek meen nou. Met jou “leeraars” Maar miskien bedoel jy eintlik dominees en dan is ek die dom een.

Ore ·

En nou is die minister die beste! As dit nie vir toegewyde leerkragte is nie sal dit beroerd gaan. Minister, kyk om jou rond en sien dit wat saakmaak. Hoeveel skole bou julle, hoeveel skole is daar nog met put toilette, hoeveel skole verval agv geen onderhoud? Hoeveel kinders per klaskamer. Maar soos ANC denke is, julle behaal sukses met een onderwerp en blaas dan julle eie beuel maar die mislukkings is iemand ansers se skuld. Geluk aan die leerders en dankie aan die onderwysers

Frank ·

Hierdie is geweldig onrusbarende nuus! Vrystaat en Natal bo? Dit alleen sê mos vir jou iets!!
Weereens ‘n groot gekonkelry

Johannes ·

Om dit te bereik het moes hulle vak slaag punt afbring na 30 %. Volgens my lyk regering goed maar kinders word benadeel. Dis n jammerte dat gedoen word om hulle as regering beter te laat lyk. Skaam my vir ons tegering

Theuns ·

Ag wel! Vir cadresl wat een duisend vyftig en sewe honderd drie duisend tel is 82% dalk net 32% as opgeleide CA dit ontleed.
Almal.kry ‘n stukkie papier.
Die put toilet is daar by die bome!
Cadres help julself asb!

Blomme ·

Foeitog… En dan raak mense nog opgewonde oor die ‘goeie uitslae’! Opwaartse aanpassings het deel geword vd Dept se woordeskat sodat die eindresultaat kan lyk asof die ANC se vrot onderwysstelsel werk! Arme kinders. Slagoffers vd onbevoegde leiers… Hoeveel van die suksesvolle kandidate kan vlot lees en skryf? Geluk Angie… Jy is ń uitstaande voorbeeld van intelligensie vir ons kinders!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.