“Die beurtkrag-moontlikheid vir Vrydag bly hoog. Eskom sal inligting deurgee indien daar ʼn verandering in die kragnetwerk is,” het die kragvoorsiener gesê.
Eskom sukkel al geruime tyd om die ligte aan te hou weens gebrekkige infrastruktuur, die algehele ineenstorting van een van sy silo’s en ʼn algemene agterstand in instandhouding.
Werkers wat deelneem aan ʼn onwettige staking het Donderdag buite die Medupi-kragsentrale in Lephalale, Limpopo, betoog. Meer as 1 700 werkers het kennisgewings van skorsing ontvang en is verbied om die perseel binne te gaan.
Die kragsentrale was veronderstel om ʼn bykomende 4 800 MW kragkapasiteit aan Eskom te voorsien, maar die projek is met ongeveer drie jaar vertraag. Tshediso Matona, geskorste hoof van Eskom, het in Maart aangekondig dat Medupi vir die eerste keer elektrisiteit opgewek het. Hy het gesê dat 794 MW krag vanaf Medupi se sesde eenheid oor die volgende paar maande by die nasionale kragnetwerk gevoeg sal word.
Gaan ons hierdie winter warm bad water hé. Dit die heerlikste deel van die winterdae, die warm bad… Anc, jul het goed opgeneuk en so vra Minister Blade vir net nog BEE… by universiteite…nie vir slim lojale leerders nie.
Gaan daar WATER wees, Drieks?