Hoër beurtkragfases kom

Die Tutuka-kragstasie (Foto: GCIS)

Fase 6-beurtkrag sal van Woensdag om 16:00 tot Donderdag om 05:00 ingestel word. Daarna sal wisselende fases voorlopig tot Vrydag van krag wees.

Volgens Eskom se skedule vir die res van die week, sal fase 4-beurtkrag Donderdag tussen 05:00 en 16:00 geld, waarna fase 6 weer tot Vrydagoggend om 05:00 ingestel sal word.

Dié fase sal dan om 16:00 tot fase 4 verlaag word voordat fase 5-beurtkrag Vrydag tussen 16:00 en middernag sal inskop.

Die kragverskaffer sê 18 972 MW se opwekkingskapasiteit is tans weens onklaarrakings onbeskikbaar, terwyl 3 222 MW aan beplande instandhoudingswerk afgestaan word.

Oor die afgelope 24 uur is twee opwekkingseenhede by onderskeidelik die Camden- en Tutuka-kragstasie vir herstelwerk van lyn afgehaal.

Daar is ook vertragings in die herstel van opwekkingseenhede by die Arnot-, Camden-, Duvha-, Kendal-, Kriel-, Kusile-, Lethabo-, Matimba-, Matla en Tutuka-kragstasie wat tot verdere kapasiteitsprobleme bydra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Papsak ·

Weereens daar te veel menere en base by ESKOM raak bietjie ontslae van meeste van hulle en julle sal geld he vir kragstasies hoe kan so baie op een slag buite werking raak dit is pateties maak nie sin nie hou op speletjies speel

Sandra ·

Kusile is 1 van die nuutstes, maar dit is die meeste buite werking. need I say more…

Nico ·

Gelukkig skyn die son hier in die Vrystaat té heerlik, en die sonpanele wek krag op vir ‘n vale. ……. so Eskom kan maar gaan slaap

JvR ·

Ja wat. En met jou sonpaneeltjies kan jy die land red. Hoe spoel jy jou toilet as waterwerke ingee?

Koen ·

en die wêreld draai om jou. Gelukkig het ons nie beurtkrag nie. so wê

Lynne ·

Suddenly the stages just get bigger. 2024 is election year.. What are we do do but get rid of whoever is in charge now.

We cant keep this up really

Samuel ·

And apparently Eskom got rid of their biggest problem, André de Ruyter. As long as our people arein charge, everything will remain a balls up.

Amelia ·

nee as dit verkiesing is sal daar natuurlik krag wees laat mens die vraag vra wat is werkilik die probleem bv lang naweek was daar nie beurtkrag nie hoe weet die mense presies waanneer
iets gaan onklaar raak

Kokerboom ·

Kan MM ons asb op hoogte bring met dispuut oor sonplaas by Frankfort?

Frank ·

Sal graag wil hoor wat doen die opposisie partye om die rede vir beurtkrag daar, die munisipaliteit wat GEKIES het dat daar beurtkrag is, onder die stemvee se aandag te bring want dit is eintlik perfekte verkiesings bemarkings geleentheid

My siening ·

Ons weet en ons weet niks gaan verbeter nie wat die land is leierloos, so nou wag ons vir die ANC kulte wat ons gaan verhonger soos in die nuus gewees!

Vrystaat2109 ·

Om te bewys dat de Ruyter nie geskik is as CEO nie het die kaders die eenhede tot op hul laaste maksimum bedryf en nou byt daardie besluit hulle, amper 20duisend mw aan onbeplande instandhouding.
Die nuwe minister se “roadshow” by al die stasies het hom ongelukkig nie ‘n ekspert gemaak tov kragopwekking nie.

Amelia ·

die nuwe minister lyk my is ook n et daar vir die pay want niks het verbeter nie dink net erger

Samuel ·

Weet die kaders wat hulle doen behalwe dat hulle die ekonomie opneuk en mense se lewens verwoes?

TruthDealer ·

Ek glo nie so nie want in hulle gedagtes is dit Altyd iemand anders se verantwoordelikheid, en iemand anders se skuld.

Theunis ·

Dieselfde stories oor en oor, soos ‘n fiksie boek, ons weet net nie wanneer die klimaks, algehele duisternis, gaan gebeur. Nie net belieg CR en sy ministers ons nie maar hulle verwag dat ons hulle moet glo ook, tekens van “insanity”

Isobel ·

En so gaan dit al slegter en slegter en ons moet net bly betaal. Ek en ek glo almal in die land kan rerig dit nie meet hanteer nie. Dit maak ons depressief.

Amelia ·

Elke dag herstelwerk dis nou al so holrug gery weet die mense wat hul doen lyj nie so nie maar wil elke jaar helse verhogings he dis so pateties

TruthDealer ·

My eks-man het altyd gesê, en glo nou nog: “We are never, on any given day, more than 5 minutes away from a black start-up” As Dit gebeur sal Soedan soos n paradys- vakansie oord lyk.

Marina ·

so sal die regering ‘n stokkie steek voor enige manier om te help met die opwekking krag, of dit nou sonplase is of wat ook al

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.