Hoewe-aanval: Neuroloog moet sê of man weer sal loop

Peet van Wyk (46) het na die aanval geen gevoel in sy onderlyf nie en kan ook nie sy bene beweeg nie.

ʼn Man van Bapsfontein in Gauteng wag op die uitslae van neurologiese toetse om te bepaal of hy weer die gevoel in sy bene gaan terugkry, nadat hy op ʼn kleinhoewe daar aangeval is.

Peet van Wyk (46), ʼn kitaaronderwyser, het Maandagaand laat op die stoep van sy huis gesit, toe twee mans hom oorrompel het.

Van Wyk se broer, Albertus, het gesê een van die mans was met ʼn vuurwapen gewapen en die ander een met ʼn graaf.

Peet het gevra wat hulle soek, maar is beveel om stil te bly. Sy ouers, Abrie en Ria, woon in hul eie huis op die hoewe en Peet het begin skree om hulle aandag te probeer trek.

Volgens Albertus het een van die mans sy broer met ʼn graaf teen die kop geslaan, vermoedelik in ʼn poging om hom stil te hou, waarna die man se makker Peet in die bors geskiet het.

“Hy het geval en gevoel sy bene word lam,” het Albertus gesê.

Die rowers is in die huis in, waar hulle ʼn ou skootrekenaar gegryp en gevlug het. Volgens Albertus is sy broer al twee keer vantevore besteel en was daar nie items van groot waarde in sy huis nie.

ʼn Inwoner van ʼn aangrensende hoewe het die skoot gehoor en Peet se ouers gaan roep. Hulle het op hom afgekom waar hy voor die huis om hulp gelê en roep het.

Albertus het gesê verskeie bure het opgedaag om te kom help. Daar is druk op Peet se wond gesit om die bloeding te keer terwyl hulle sowat ʼn uur lank op ʼn ambulans gewag het. “Hy het in ʼn stadium gesê hy kry nie meer asem nie en hulle het vir omtrent ʼn uur lank asem in sy mond geblaas.

“My ma het haar eie kind aan die lewe gehou vir ʼn uur en ʼn half. In die ambulans kon hulle in ʼn stadium nie ʼn bloeddruk kry nie … Maar sy is ʼn sterk vrou.”

Hy het gesê sy ouers is erg geskok oor die voorval.

Peet is aanvanklik na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem waar hy gestabiliseer is en is daarna na die Steve Biko- Akademiese Hospitaal oorgeplaas. Hy is tans in ʼn bestendige toestand.

Volgens Albertus wag hulle nou op ʼn verslag van ʼn neuroloog om ʼn beter aanduiding te kry oor of die koeël verwyder sal kan word.

“Die koeël het teen sy ruggraat vasgeslaan en hy kan nog steeds nie sy onderlyf voel of beweeg nie,” het Albertus gesê.

Die aanvallers is steeds soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Christelle ·

Ons bly in Petit en om hierdie berig te lees, laat my hare regop staan. Ek bid die man herstel volkome en sterkte vir familie en vriende.

Kokketiel ·

Dit maak my naar, dis tyd dat ons n extra koerant begin, genaamd Die plaaswag,

Theresa ·

Dan word daar gesê ons moenie kwaad word nie…………………………………..

Anoniem ·

Dit is tyd dat die regering gedagvaar word vir elke persoon wat sy lewe verloor of gestremd raak na ‘n aanval of moord!

Vossie ·

Stem saam met Anoniem dit is tyd dat die kostes deur staat betaal word en mense wat aangeval is by ordentlike hospitale en nie staats hospitale behandel word

jennefer ·

Sover ek weet is die teaters by Steve Biko nog buite werking. Hoop nie hy het dringend n operasie nodig nie.

Lou ·

Ek het ‘n ander voorstel maar MM sal dit nie plaas nie en ek sal by die MRK aangekla word vir aanhitsing tot geweld. So kom ons ondersteun maar liewer net ons eie mense wat in nood verkeer so goed moontlik en probeer om altyd so paraat moontlik te wees.

Heksie ·

Ek dink ek het n oplossing. vra al wat n dierebermingsvereeniging is om grys en swart katte aan alle boere en kleinhoewes boere te skenk. nadat ek die video gesien het van die Taxi bestuurder met n kat op sy skoot het ek gelees hoe blerrie bang hulle vir katte is. somige se dis afgryselik en ander se dis iets vreeslik veral as die kat miaau. kry sensors met kat klanke installeer dit by alle ingange vensters sodra daar n beweging verbygaan moet dit afgaan en miaau klanke maak die boer sal wakker word gereed met n skiet ding en die boosdoener sal teenmekaar hulle verpleterd hardloop…. hoe klink dit… dink dit sal werk

Anel ·

Die ANVC moet vir die mediesekoste verantwoordelok gehou word. En die beseerde persoon moet in PRIVAAT hospitaal behandel word. Al sulke aanvalle moet voor die ANC se deur gelê word en HULLE moet betaal. Nie die regering nie, want dit is ons, die belastingbetaler. Die ANC

jan ·

ag julle oukies droom die anc lag vir julle…dan is julle nog steeds besig om julle vyande te voer soos julle maar al die jare gemaak het..

Penellope Jones ·

Enige tyd, enige plek, enigiemand sonder om ‘n oog te knip.

Alida ·

Aaklig! In ou dae was die staatshospitale beter as deesdae se privaathospitale. Deesdae is die staatshospitale n nagmerrie.

Stokkies du Toit ·

Alida, toe was daar nog personeel wat trots was op hul werk en roeping. Met vandag se geval is die trotses in die minderheid

Andrea ·

Nee, nie vir n ou skootrekenaar nie. Vir moord. Dis die doel. Moord

Hendrik ·

Meeste van die tyd in my opinie is die “skootrekenaar” net ‘n bonus. Die plesier kom van die wreedheid.

cules ·

“Die mens wat verkeerd doen, maak slim planne teen die mens wat reg doen, hy wil hom laat sterf.  Maar die Here lag vir die mense wat verkeerd doen, want Hy weet wat met hulle sal gebeur. Die mense wat verkeerd doen, vat die swaard en hulle trek die boog styf, hulle wil die mense doodmaak wat hulleself nie kan beskerm nie en wat niks het nie, hulle wil die mense vermoor wat eerlik lewe. Maar hulle swaard sal deur hulle eie hart steek, en hulle boog sal stukkend breek. Wanneer die mens wat reg lewe, min het, dan is dit beter as die baie dinge wat die mense het wat verkeerd doen, want die Here sal die mense wat verkeerd doen, swak laat word, maar Hy beskerm die mense wat reg doen. Die Here sorg altyd vir mense wat net goed doen, en die land sal altyd hulle land wees” – Ps 37:12‭-‬18 (Die Bybel vir Almal)

Piet ·

Mense tot dat julle nie ernstig raak oor julle eie veiligheid nie gaan jule aagehou moor word , Gaan kry vir jou n vuurwapen en gaan vir regte training , Of word met n graaf vermoor , jou keuese , My wapen het al twee keer my en my gesin se lewe gered

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.