Hof lewer uitspraak oor MRK se magte

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. (Foto: SA Human Rights Commission/Facebook)

Deur Tania Broughton, GroundUp

ʼn Hof het geweier om ʼn allesomvattende bevel toe te staan dat alle opdragte wat deur die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) uitgereik word, outomaties bindend moet wees.

Waarnemende regter Denise Greyling-Coetzer het in die Mbombela-hooggeregshof beslis dat die MRK ʼn hof moet nader en ʼn bevel van ʼn regter moet verkry sodat sy voorskrifte regtens afdwingbaar kan wees.

Die MRK het destyds vir ʼn verklarende bevel gevra nadat ʼn maatskappy, Agro Data CC, glo die voorskrifte wat hy gemaak het oor ʼn plaaslike gemeenskap se toegang tot ʼn boorgat geïgnoreer het.

Die kommissie het klagtes ontvang van die mense wat die De Doorn Hock-plaas beset het nadat die eienaar beperkings op die gebruik van die boorgat daar ingestel het, en glo gedreig het om op die mense se beeste beslag te lê.

Ná ʼn ondersoek het die MRK bevind dat hierdie beperkings die besetters se menseregte geskend het. Verder het hy bevind dat Agro Data ook die besetters se reg insover die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg (ESTA) skend deur hulle toegang tot water te weier of te ontneem.

Agro Data is aangesê om die toevoer van boorgatwater aan die besetters binne sewe dae te herstel en te begin met onderhandelings om die kwessie van waterbestuur op die plaas op te los.

Volgens die MRK het Agro Data hierdie voorskrifte geïgnoreer.

Die kommissie wou in sy aansoek by die hof bevele hê wat verklaar dat sy voorskrifte, wat ingevolge die Grondwet uitgereik is, bindend moet wees en dat versuim om daaraan te voldoen, outomaties onregmatig en ongrondwetlik sal wees.

Die MRK se prokureurs het gesê dit is nodig om “duidelikheid vir die toekoms te verkry tot dié mate dat voorskrifte nie geïgnoreer kan word nie”. Hulle het aangevoer dat hierdie besluit demokrasie sal versterk.

Die MRK het ook vir verdere bevele gevra wat regstreeks met die boorgatkwessie verband hou.

Agro Data het ontken dat sy weiering om aan die voorskrifte van die MRK te voldoen, onwettig was. Hy meen die MRK het nie regterlike magte om bevele uit te reik wat outomaties nagekom moet word waar dit private individue aangaan nie.

Die maatskappy het bygevoeg dat sommige van die besetters onwettig op die plaas was, maar nietemin onbeperkte en gratis toegang tot die boorgatwater eis. Volgens hom het hulle toegang tot water uit die rivier en van die munisipaliteit en dat die boorgat nie onbeperkte watertoevoer het nie.

“Hoewel die MRK ondersoekende magte het, kan dit nie regeer nie. Dit kan nie ongrondwetlike gedrag straf nie,” het die regter oor die doel van die MRK se magte gesê.

Anders as die Openbare Beskermer, is dit nie binne die MRK se mag om regstellende stappe te doen nie.

“Aangesien die MRK geen strafbevoegdheid het ten opsigte van menseregteskendings of ongrondwetlike gedrag nie, sal hy verdere stappe moet doen soos om ʼn geregshof te nader om gepaste regstelling te verseker vir ʼn persoon wie se menseregte geskend is.”

Die regter het gesê sy stem nie saam daarmee dat sonder die bindende bevel die MRK geen doeltreffende vermoë sal hê om grondwetlike demokrasie te versterk nie, omdat hy magte het om in sy eie naam namens ʼn klaer oor menseregte te litigeer.

“Dit moet verstaan word dat die MRK nie ʼn strafregter van menseregteskendings is nie, maar eerder ʼn opvoeder, transformator en bemagtiger.”

Volgens die regter het die MRK ook sekere toepaslike wetgewing verontagsaam. ESTA verplig byvoorbeeld nie ʼn grondeienaar om water, wat gratis is, te verskaf nie. Die MRK het ook die feit geïgnoreer dat watervoorsiening ʼn munisipale funksie is en dat nie alle besetters ingevolge ESTA wettig op die plaas was nie.

Toe die MRK besluit het dat die voorsiening van water “toepaslike regstelling” was, moes hy liefs die hof genader het om gepaste verligting te verkry.

Die opdrag wat die MRK vir Agro Data gegee het om die boorgatwatertoevoer te herstel, het dus “geen regsgevolge” nie.

  • Die berig is oorspronklik op GroundUp gepubliseer en ʼn verkorte weergawe word met vergunning op Maroela Media geplaas. Lees die oorspronklike berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jacob ·

Dus kan die MRK ontbind word sodat daar nie verder nog meer van ons belastinggeld vermors word nie.

Manie ·

Nuttelose organisasie wat aan ‘n vervolging waansin van blankes ly.

domheks ·

“Kommissie” se alles. Al die kommissies wat CR aanstel beteken niks! Slegs werkskepping vir ‘our people”.

annie ·

Die MRK voldoen aan die gevoelentes van liberales en sosialiste, selfs die Romynse Kerk se topbestuur hou glo vol dat die plan wat die kommuniste destyds probeer volg het toe hulle die tzardom vernietig het, steeds die ware vorm van lewe vir die mensdom inhou; die regte pad na die paradys. Openbaring se outeur se aanduidings is effe anders.

Heinrich ·

Dus beteken die MRK se uitspraak dat die grondeienaar se menseregte niks tel nie, en moet onwettige optrede beloon word as gevolg van die feit dat hulle ook mense is…klink soos die bisare liberale uitkyk.

Swerwer ·

Stem 100% saam dat die MRK geen aanwins tot vandag was nie. Net ‘n vermorsing van geld, beslis

Blikkies ·

Lekker julle, so hulle beteken eintlik maar niks. Wat van die buitensporige boetes en geld skenkings aan voorheen benadeelde instansies wat hulle blanke mense onwettig mee gestraf het oor ‘n paar uitlatings? Kan hulle dit nou maar gaan terug eis van die nuttelose MRK af. Ek kan verkeerd wees ,maar dink nie een van die MRK slagoffers was eers strafregtlik vervolg nie. Is daar nie ook so ‘n anderkanste dominee ook betrokke by die MRK nie.

Jr ·

cANCer parties amptelike mouth piece, bunch of liberals that can’t get decent jobs in society. So they serve on this useless committee wat niemand eers ernstig neem nie

Pieter J ·

Die beslissings wat die MRK soms neem spreek van bevooroordeeldheid en is om die minste te sê arrogant en ook soms roekeloos.

Tanniepetoors ·

Hoe op aarde is water uit ‘n boorgat gratis? Wie het betaal vir die boorgat, pomp en of windpomp? Vader krismis?

AndrewL ·

Die MRK is nutteloos! Hul neem slegs sake aan van sekere persone.

Daar waar daar werklike nood en vergryping is, gee hul nie aandag nie. Hul erken nie eers ontvangs van e-pos versoeke en klagtes nie.

Die klomp moet hou by hul mandaat in terme van die wet. Dit is bog dat hul al hierdie regsprekende magte ook wil toe eien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.