Hofaansoek om R50 miljoen-skenking aan Kuba finaal te stop

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum verskyn Maandag in die Pretoriase hooggeregshof met ’n hersieningsaansoek om die regering se besluit om R50 miljoen aan Kuba te skenk, finaal te keer.

AfriForum het reeds in 2022 ’n dringende interdik bekom om die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) te verhoed om R50 miljoen aan die Kubaanse regering te skenk. Die regering se poging om te appelleer is van die hand gewys.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Mei verlede jaar die regering se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat hom verbied om R50 miljoen aan Kuba te skenk, van die hand gewys.

Dirco het vroeër onderneem om miljoene aan Kuba te skenk in ’n poging om die voedseltekort in dié land te help verlig. Dié aankondiging is egter wyd gekritiseer, gegewe die stygende werkloosheidsyfer en armoede in Suid-Afrika.

AfriForum het die skenking as “irrasioneel en onwettig” beskryf en hom toe tot die hof gewend om die skenking te verhoed.

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het destyds gesê Suid-Afrika kan nie sy oë sluit vir die lot van Kuba terwyl hul ekonomie deur “onwettige blokkades en sanksies” gewurg word nie.

“Die Kubaanse ekonomie is op sy knieë gedwing ná 61 jaar van drakoniese Amerikaanse ekonomiese sanksies wat op daardie verarmde eilandnasie ingestel is. Dít is ’n nasie wat skouer aan skouer saam met ons vegters gestaan het in die stryd om vryheid en ons moet help as ons kan.

“Dit was Kubane wat hul seuns en dogters gestuur het om te veg vir die bevryding van Suider-Afrika. Natuurlik kan diegene wat nooit in die loopgrawe was en vir vryheid geveg het nie, nie hierdie geskiedenis waardeer of ken nie. Kuba het ’n deurslaggewende rol gespeel om die gety teen ons koloniale onderdrukkers te laat draai. Dit sou onregverdig en oneties wees om die rug op hulle te keer in die uur van hul grootste nood.”

Dit het ook destyds toe AfriForum die hofrekord as deel van sy hersieningsaansoek aangevra het, aan die lig gekom dat die algehele bedrag van die skenking eintlik R350 miljoen beloop.

Volgens die rekord het die regering ingestem tot ʼn ooreenkoms met Kuba waarvolgens die R50 miljoen slegs as die eerste betaling sou dien in ʼn skenking wat eindelik meer as ʼn kwartmiljard rand sal beloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hendrik ·

Ja, Kuba was toe selfs bereid om hul bloed en lewe te offer en wat is die sg dank en waardering wat hul daarvoor ontvang het. n Mislukte regering, kriminele sindikaat wat net selfsugtig op hulself ingestel is en hul land in n rommelstatus gedompel het.

Jr ·

Naledi Pandor definitief in die top vyf vir die titel van SA se onnoselste govt mini star

Anel ·

As die geld uit hulle eie sakke kom, kan hulle dit seker maar doen. Maar NIE MET BELASTING GELD NIE. Ek gee nie toestemming nie. En so van die os op die jas, wat het geword van die spul “dokters” wat hierheen gestuur is met die “pes”?. Is hulle al terug of of plak hulle ook nou hier? Al baie gewonder!
En nog, hier vrek ons mense van die honger maar die regering voel ‘n veer! Gaan Kuba weer help as daar nou teen ons ook sankues in gestel word, wat ek glo nie baie vêr is nie, na die russiese debakel. Wonder ook maar net!

domheks ·

Die kaders is almal oorgewig hulle moet toesien dat Kuba se mense ook soos hulle lyk. Hulle eie mense vergaan van hongerte, maar dit word nie raak gesien nie. Want hulle troontjies is te HOOG!

Sê maar net ·

Wat jy saai sal jy maai, Suid Afrika….Jou tjommie-tjommie geit met Rusland en China gaan jou op dieselfde paadjie plaas. Sanksies teen ons. En dit terwyl jou eie mense werloos is, sukkel om te oorleef en miljoene skaars kos het! Skaam jou Pandor en Rama!

Amelia ·

Sy nie gewerk vir daaai geld nie is belasting geld ons eie mense sterf van honger maar sy wil cuba help nee dink sy wil haar self help sy is nie een wat sonder krag water is nie o nee belastingbetalers moet vir hul sorg en sy spend net is nie net cubaane wat in loopgrawe was nie ook ons was so skenk jou salaris aan cuba as jy dan nou wil skenk

Stofdonkie ·

Is dit nou nog ‘n betaling wat SA moet maak vir die eer om Kuabaanse dokters aan te stel? Jaag al die Kubaanse dokters sommer terug na hulle land toe sodat ons eie dokters kan werk kry en nie hoef te gaan soek vir werke in Kanada en orals deur die wêreld nie.

Janice ·

Mense dink ‘n papiertjie van die hooggeregshof gaan die spul stop? Hulle sal wel ‘n manier vind om dit te omseil.

kaplyn ·

Ja ek wonder of die geld nie al reeds oorbetaal is aan Kuba nie. Hulle sal dit sekerlik ontken en speel vir tyd en dalk ook eers ‘n ondersoek loods wat 20 jaar gaan ondersoek.

Jannie van Niekerk ·

Ai Tannie Naledi….Wat van die 59 miljoen mense in Suid Afrika wat honger ly? As jy dan so sterk voel oor die Kubane. dan ken elke ANC parlemenslid, kabinetslid , Burgemeester en munisipale raadslede mos elkeen 1 Miljoen rand skenk uit julle salarisse en byvoordele ? Julle sal dit nie eers voel nie want dit is nie eers een persent van julle maandelikse inkomste nie,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.