Honderde jare tronkstraf vir transitorowers

hof-hamer

Argieffoto

Twee mans is Woensdag in die hooggeregshof in Polokwane altesaam 258 jaar tronkstraf opgelê vir hul betrokkenheid by ʼn reeks transitorooftogte.

Boitumelo Daniel Aphane (34) en Solly Solomon Monama (38) was tussen September en Oktober 2017 in Polokwane, Seshego, Mankweng en Ritavi by verskeie transitorooftogte betrokke.

Matimba Maluleke, woordvoerder van die Valke, sê die Valke het die twee in September 2018 in samewerking met die provinsiale georganiseerde misdaadspan in Polokwane vasgetrek nadat inligting omtrent hulle opgevolg is.

Aphane is in Dennilton en Monama in Hammanskraal vasgetrek en daar is op R250 000 se kontant en ʼn AK47-aanvalsgeweer beslag gelê.

Aphane wat tans 25 jaar gevangenisstraf uitdien vir ʼn soortgelyke oortreding, is tot altesaam 192 jaar tronkstraf op 24 aanklagte gevonnis.

Hy is gevonnis tot 20 jaar tronkstraf op vyf aanklagte van roof met verswarende omstandighede, vyf jaar op 11 aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen, drie jaar op vier aanklagte van die onwettige besit van ammunisie, agt jaar op drie aanklagte van die onwettige besit van plofstowwe en 12 maande vir die rig van ʼn vuurwapen.

Al die vonnisse gaan gelyklopend met die 25 jaar tronkstraf uitgedien word.

Monama is tot altesaam 66 jaar tronkstraf op agt aanklagte gevonnis. Hy is gevonnis tot 20 jaar tronkstraf op twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede, vyf jaar op vier aanklagte van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en drie jaar op twee aanklagte van die onwettige besit van ammunisie.

Die hof het beveel dat die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word.

Godfrey Lebeya, die nasionale hoof van die Valke, het die ondersoekspan geloof vir hul harde werk. Hy het ook die vonnisse verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Phillip ·

En word vreigelaat op goeie gedrag en kry parool op 10 jaar wand dit tel mos lewinslak as ek dit nou reg

Nozi ·

10 tot 15 jaar tronk straf vir moord, maar lewenslank vir transito roof. Het geld nou al belangriker geword as iemand se lewe? Geld kan vervang word maar ‘n lewe nooit. Maar ja, ek is regtig bly hierdie 2 het gekry wat hul toekom.

Deon ·

Ja, geld is meer belangrik as n lewe in SA.. Kyk hoe moor die stadsraadslede mekaar uit vir n posisie in die munisipale

Rentia ·

Goeie strawwe, as dit nie ‘n FEIT was dat hulle na 8 jaar op parool sal wees nie. Die kans en heilige waarheid is egter besonder groot dat hulle nog voor dit sal uit wees, want covid… of die volgende siekte… oorvol tronke… die het mos “regte”. Dit bly egter skokkend dat jy kan moord pleeg en net 10 jaar kry, maar lewenslank (25jaar veronderstel) vir transito roof? Is geld meer werd as mense lewens? Wat word van ons land met so regstelsel?

Persheks Adri ·

Great hoop hulle sit vir ewig, maar ons weet mos parool gaan êrens in kom… Tronke is mos oorvol eish.

Hoekom word die strawwe nie toe gepas op moord nie? Hierdie regstelsel darem. Maak nie sin nie

Kosie ·

Hoekom hulle tronkstraf gee vir elke oortreding en dan se dit moet gelyktydig uitgedien word, dit maak nie sin nie, dien elke straf apart uit hulle moet sit vir die res van hulle lewe want hulle gaan uitkom en net dieselfde of erger dinge doen.

Jakkie ·

Met ander woorde, hulle is net vir die moord gestraf, lekker man, lekker.

Cherokee ·

Die berig se titel beweer dit is honderde jare wat dan later in die berig self verander word na 20 en 25 jaar.

Anel ·

En dan kom hulle uit voor hulle 50 is en gaan dan maar net weer aan waar hulle op gehou het. In die tyd gaan hulle leer om transitoroof te vervolmaak en om nie gevang te word nie. Pleks bly hulle lewenslank en die sleutel word verloor.

Hennie J ·

Soos tereg opgemerk word: Die geweldige vonnis maar binne n paar jaar loop hulle vry rond. Sal insiggewend wees om dop te hou of van hulle ook eersdaags gaan ontsnap.

Suzette ·

En waarom kry die MOORDENAARS en TERRORISTE sulke lagwekkende vonnisse??? Seker omdat hierdie transitorowers geld vat wat bedoel is vir die korrupte kripvreters en hul volgers

Jakes ·

Hulle sal so paar jaar sit as hulle nie dalk voor dit ontsnap nie. Hulle is mos deel van die people en mag nie swaar gestraf word nie want dis apartheid se skuld dat hulle so uitgedraai het. Siestog

FM ·

Die speurders het hard gewerk en is tevrede.

Vir my lyk dit na mors van belastinggeld en staatsdiens tyd.

Renier johannes ·

En ons belasting betalers onder hou hulle in die tronk . Groot grap die regstelsel

Cecilia ·

Dit klink baie indrukwekkend om te se 258 jr tronkstraf altesaam maar als word gelyklopend oord 25jr uitgedien wat maar n 10de vd oorspronklike straftydperk is. so oor 10 – 15 jaar loop hulle weer vry rond terwyl f families vd slagoffers nog steeds sukkel om n geliefde se dood te verwerk en n kind sonder n ouer grootgeword het. Lewenslank moet lewenslank wees! D veroordeelde moet vir d res v sy lewe in afsondering sit 23ure v n dag. Geen besoeke v familie nie. Net sit en wag om te sterf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.