Honderde KZN-skole nog steeds sonder kos

Argieffoto (Foto: @DBE_KZN/Twitter)

Die Demokratiese Alliansie het inligting ontvang dat 540 skole in KwaZulu-Natal nog steeds nie kos kan verskaf aan 30 000 leerders as deel van die nasionale skoolvoedingsprogram nie.

Baxolile ‘Bax’ Nodada, die DA se skaduminister oor basiese onderwys, sê die DA sal die Menseregtekommissie (MRK) versoek om die krisis te ondersoek wat deur die provinsiale departement van onderwys veroorsaak is. Dit spruit uit die departement se besluit om die skoolvoedingsprogram in die provinsie te sentraliseer – ʼn tender wat nou deur die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) ondersoek word.

“Dit is kommerwekkend dat die nasionale en provinsiale departemente versuim het om aan te meld dat dié 540 skole nog steeds nie kos het nie, ondanks grootskaalse oorsigbesoeke vandeesweek in die provinsie. Hoe kan die departemente hoop om die probleem op te los as hulle oneerlik – of nog erger, onbewus is – van hoe groot die probleem is?”

Nodada sê terwyl die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, en die provinsiale LUR, Mbali Frazer, hulself op die skouer klop, ly van die provinsie se armste en mees kwesbare kinders nog steeds honger.

“Dit gebeur terwyl wanvoeding en groeibelemmering ʼn probleem in Suid-Afrika bly wat leerders se akademiese en ekonomiese sukses raak.

“Hierdie onbekwaamheid van die ANC-regering kan nie ongesiens verbygaan nie. Dit is duidelik dat kaderverryking baie swaarder weeg as die welstand van kinders. Verskonings wanneer die regering onvermydelik die land se armste en mees kwesbare lede van die samelewing in die steek laat, is nie meer genoeg of aanvaarbaar nie. Koppe moet rol – dit is die enigste regverdige gevolg.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SomeOne ·

‘n duidelike sigbare minister dra dalk die kos weg vir haar en haar honderde familie lede, sy kon nie eers die 9 maal tafel opse sonder haar abakus wat sy onder haar arm vasklou nie

Casper ·

Ja ek vermoed onderwysers dra van die kos weg na hulle huise toe en vergeet nie die mense wat die kos voorberei nie.Is daar sulke skemas by blanke skole ook gevestig,ek wonder.

Ronél ·

Kerke en privaat Organisasies dok op om kospakkies te voorsien……….wie sal vir ‘n arm blanke sorg?

TruthDealer ·

Mense moet in die eerste plek nie soveel kinders hê dat skole en ander mense of instansies daai kinders moet voer nie. As jy nie eens 2 grondboontjie-botter toebroodjies vir jou kinders kan bekostig nie, of tamatiebroodjies nie, moet dan nie kinders hê nie. Hoe moeilik is dit dan tog om te besef? Selfs die stemvee moet tog nou al besef dis n peperduur en brutale land hierdie. Jy kan nie op ander staatmaak nie – en eintlik is dit ook nie andere se verantwoordelikheid om Jou kinders te voer nie.

Amelia ·

Privaat organisasies moet maar ophou skenkings maak Ouers moet verantwoordelikheid vat vir hul kinders dink meeste van daardie kinders kry gesinstoelaag so is kos by skool toelaag hop huis pop krag wat is daar vir die klomp or om te betaal NIKS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.