Hoof van SA leër sterf weke na aanstelling

Lt.genl. Thabiso Mokhosi

Lt.genl. Thabiso Mokhosi, hoof van die Suid-Afrikaanse leër, is Dinsdagoggend na ʼn kort siekbed in die Unitas-hospitaal in Centurion oorlede.

Die departement van verdediging en militêre veterane het gesê Mokhosi is op 1 November tot dié posisie bevorder.

Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en militêre veterane, Thabang Makwetla, adjunkminister, dr. Sam Gulube, sekretaris van verdediging, en genl. Solly Shoke, weermaghoof, het hul medelye met Mokhosi se familie en vriende betuig.

Pres. Cyril Ramaphosa het in ʼn verklaring gesê Mokhosi was voor sy bevordering die bevelvoerder van die weermag se gesamentlike operasies.

Mokhosi het sy basiese militêre opleiding in 1985 in Angola ondergaan. Hy het die daaropvolgende jaar aan die Simferopol Military Combined Arms College in die Oekraïne kursusse voltooi in operasionele bevel en beheer van gemeganiseerde infanteriemagte. Hy was daarna in Italië voor hy in 1992 na Suid-Afrika teruggekeer het.

Mokhosi het in 1999 die strategiese leierskapskursus by die Thaba Tshwane militêre basis in Pretoria voltooi. Hy het die kursus Internasionale Veiligheid en Strategie in 2010 aan die Royal College of Defence Studies in Londen voltooi.

Ramaphosa het Mokhosi se heengaan as ʼn hartverskeurende verlies vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag beskryf en gesê “dit kom in ’n tyd wat sy toegewyde en voorbeeldige diens die nodigste was”.

Die president het ook sy meegevoel met die weermag betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Martin ·

Merkwaardige loopbaan wat die man gehad het. Generaals in my tyd het sommer by Militere Akademie en Suid Afrikaanse universiteite hulle opleing ontvang….

Martin ·

Merkwaardige loopbaan wat die man gehad het. In my dae het ons Genraals sommer by Militere Akademie en Suid Afrikaanse universiteite hulle loopbane begin…….

Hennie ·

Hoekom is hy nie behandel by 1Mil nie? Want by 1Mil is daar swart en Kubaanse perredokters… Slegs geskik vir die laergraadse pleppe in die weermag.

wielie ·

Hoekom in die Unitas Hospitaal? Waarom was hy nie in die 1 Militer Hospitaal ?

Martin ·

Wou net dieselfde vra, 1Mil us swakker en slegter as Kalafong.

Scalla ·

Volgens my was sy mediese status seker G3 K5, Militere hospitaal is nie opgewasse vir die soort prosedures nie.

Army ·

Daar is baie perde ook dood wat in die weermag gedien het. Ten minste was hy nie mishandel nie.

Andre ·

Al die opleiding en waar is die SAW vandag. Dit se nie veel vir die opleiding nie.

jaco ·

Julle wat so krities is, vergeet gerieflikheidshalwe dat, vir militêre bevordering in die ou SA, bekwaamheid en opleiding en OOK lidmaatskap van die Afrikaner Broederbond in ag geneem is. So daar was ook maar ‘n mate van “kader ontplooiing”.

Peper ·

Ons gee nie om wie die job doen nie, dit moet net gedoen word en GOED gedoen word…
Dis die probleem hier in ons land. Kader ontplooiing sonder om te perform.

Koos B ·

Jacotjie word wakker en ramaphosa was seker ook nie zuma se “side kick” tussen al die korrupsie deur nie.Jammer vir die ou se familie maar hulle is darem nou verseker van ‘n beter pension as ‘n maand en ‘n half terug.

Koperaal ·

As n generaal nie eers weet sy medaljes is verkeerde volgorde nie, hoe kan hy dan voorbeeld wees vir die wat onder hom sou dien?

lewies ·

‘n Saak om te ondersoek. As iemand geweet het van ‘n siektetoestand en hy onderlede het en nogtans tot daardie pos bevorder is, sal ons altyd wonder waarom hy bevorder is. Daar word niks oor sy gesondheid gese nie. As dit ‘n hartaanval was oor spanning van die nuwe pos kan ‘n mens dit verstaan.

lewies ·

‘n Saak om te ondersoek. As iemand geweet het van ‘n siektetoestand en hy is daaraan onderlede en nogtans tot daardie pos bevorder is, sal ons altyd wonder waarom hy bevorder is. Daar word niks oor sy gesondheid gese nie. As dit ‘n hartaanval was oor spanning van die nuwe pos kan ‘n mens dit verstaan.

Tallies ·

WOW, party mense is darem ongelukkig. Daar mis hy nou die soustrein …….

Arno ·

Jou weermag is n grap Cyril, net soos die ou. Waar het hy die land se grense en sy Burgers ooit beskerm? Jou weermag beteken niks. Dit is n klap in die gesig vir iedere en elke eks Weermag lid wat sy/haar en gesinne wat hulle lewens gegee het om die land te beskerm. Jy kyk nie eers na die eks Weermag lede wat vandag nog nie vergoed is of medies en finansieel na gekyk word nie, maar jy wil die ou vereer????? Vir wat? Wat n blatante Sirkus

Leon ·

Baie goed beplan. Nou kan sy weduwee en familie meer geld en voordele kry.

Neels ·

Al die kaders en hulle me lopers gaan na privaat hospitale, nou asddie nuwe gesondheids surkus begin gaan hulle seket na Singapoer soos ou Bob . Was n goeie skuif om sy pensioen geld te verhog vir sy naasbestaandes terwyl hulle geweet het hy is siek .

Delia ·

My man is 2 jaar gelede op 55 met breinkanker gediagnoseer.
Hy is n adjudant offisier in die lugmag. Sy brein operasie en al sy 33 bestralingsessies en almal daarna word privaat by Unitas gedoen. Vir dit is ons die weermag medies vir ewig dankbaar.
Al die brein scans word ook privaat gedoen.

Boggom Mamoerpêla ·

Die coke doppies hy het mooi gablênk op pie skouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.