Horner-moord ‘gevolg van jare lange versuim om op te tree’

Brendin Horner. (Foto: Facebook)

Die organisasie Vrystaat Landbou sê jare lange versuim en weiering om die belangrike rol wat die landbou vir die land speel te erken, is die oorsaak van die moord op Brendin Horner.

Horner (21) se liggaam is Vrydagoggend vroeg op ʼn plaas in die Paul Roux-distrik in die Vrystaat gevind. Die jong man het vroeër by sy pa, Robby, gaan kuier en het daarna spoorloos verdwyn. Sy liggaam is die oggend ontdek nadat hy wreed vermoor is.

Twee mans, vermoedelik veediewe, is reeds vir sy dood in hegtenis geneem.

Vrystaat Landbou sê Horner is in die fleur van sy lewe brutaal vermoor en sê die voorval is “aanduidend van ʼn kultuur wat oor verskeie jare posgevat het, asook die versuim om hierdie vergrype te veroordeel en effektief vas te vat”.

Die organisasie het hom ten sterkste teen die moord uitgespreek.

Hy sê landbou- en burgerregtegroepe beywer hulle al jare lank om die probleem van plaasaanvalle en -moorde te pak, maar dat die regering oënskynlik eers die erns en gevolge van die probleem besef het toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het.

“Die moord op mnr. Horner, asook alle ander moorde en aanvalle – soos die aanval op plaaswerkers op 3 Oktober vanjaar in die Hennenman-distrik – in toenemende mate in die landbousektor is sprekend van hierdie kumulatiewe gevolg van die jare lange versuim. Dit vereis daadwerklike optrede eerder as lippediens waarmee die landbousektor en die land die afgelope tyd tevrede moes wees.

“Die openbare veroordeling van die moorde op landbouers word verwelkom, maar dié wesenlike probleem gaan veel meer as blote veroordeling vereis.”

Die minister van landbou, Thoko Didiza, het die moord op Horner die afgelope naweek skerp veroordeel.

Vrystaat Landbou sê die regering moet erns maak met die bemagtiging van landelike gebiede in terme van groter kapasiteit en logistieke steun – soos voertuie en tegnologie – rakende polisiëring. Die organisasie sê doeltreffende landelike polisiëringseenhede moet dringend aandag kry.

“Hierdie onaanvaarbare situasie in die landelike gebiede vereis egter ook dat ons persoonlike veiligheid na nog ʼn hoër rat moet oorskakel en dat daar bykans ʼn net om geliefdes en werkers se bewegings gespan moet word.”

Die organisasie het die vinnige inhegtenisnemings verwelkom en diegene betrokke by die ondersoek bedank vir hul vinnige optrede.

Leona Kleynhans, DA-lid van die Vrystaatse wetgewer, het ook die inhegtenisnemings verwelkom en gesê daar word gehoop op ʼn ewe vinnige ondersoek, verhoor en skuldigbevinding.

“Veediewe en plaasaanvallers teer op ons landelike gemeenskappe in die Vrystaat en dit kan nie ongestraf bly nie. ʼn Boodskap moet deur die vinnige inhegtenisneming en opvolgoptrede deur die strafregstelsel gestuur word dat ons samelewing nie die oorlog teen landbou- en landelike gemeenskappe gaan duld nie,” het Kleynhans gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jessica ·

Waarom wys hulle in die nuus hoe lyk die moordenaars nie, wys hulle van naby, sodat die wêreld sien WIE maak die boere dood. Wat gaan van die moordenaars word? Gaan hulle verdwyn in die sisteem en vrygelaat word. As die bordjie gedraai was sou dit op elke nuus kanaal gewees het en die moordenaars sou keer op keer op die tv gesien te word.

Flip ·

Ek stem saam. Gebruik n blanke net n verkeerde woord, dan is jy op al wat n tv kanaal is en al wat n koerant of internet nuus berig en dan ook reguit tronk toe omdat jy ander beledig….

Cornelius ·

Jammer naar dit gaan nooit gebeur onder die ANC se leierskap nie, veral nie nou dat hulle grond besetting sonder vergoeding as beleid verkondig nie. Hierdie kriminaliteit en barbarisme is maar slegs die begin van wat aan die kom is blanke boere.

Dawn ·

Exactly, hulle stuur die wat geen onderig gehad het om hulle finale plan uit te voer.

Sarel ·

Didiza se veroordeling neem ek met knippie sout. Niemand in die ANC het nog ooit die moorde veroordeel nie. Dit is om aandag weg te lok van die Korrupsie met die Covid19
Hulp pakket
.

Cherokee ·

Sinnelose kommentaar. Ek vertrou dat sy dit opreg bedoel.

Werner ·

Ons sal maar self moet opstaan want die arme ou of organisasie wat dink die regering gaan ons help het tred met die tyd verloor.Dus kan ons ons maar ontrek van hulle en het hulle nie meer ons geld nodig nie. Tyd dat ons opstaan of vergaan.

Dawn ·

Staan op! Is wat ons doen die kant. Ons bied opleiding vir die gewone persoon op straat wat net in vrede wil lewe en vir sy familie wil sorg. Ons se STAAN OP. Moenie wag nie. Beskerm jouself in n lawfull way.

Sanet ·

Beste kommentaar van die dag, stem 100% saam met jou Werner. As ons teen nou nog nie wakker geskrik het nie gaan ons nooit wakker word nie. Die anc regering gaan ons nie nou skielik kom help nie. Ons is op ons eie en hoe gouer ons, ons gesindheid teenoor mekaar verander omgee en saamwerk hoe vinniger kan ONS regkom.

marius ·

Nee dit is nie . Dis die direkte gevolg van diegene soos malema wat oproepe doen om wittes en veral die Afrikaner uit te moor .

Dup ·

Veediefstal en aanvalle op die boeregemeenskap kom al voor van die 18’00s af.Dit raak nou net feller en die diewe en aanvallers se wapens het net meer modern geraak.Hopelik sal die regering die probleem erken en dan hande vat met alle boere in ñ poging om die ongeregtighede om te draai.

JacquesSR ·

Deel 1/2

Ek het my nog nooit gesteur aan wat aangaan nie, ek was bewus van wat aangaan en ek het selfs dit probeer vermy om te aanskou. Ek het nog altyd gedink daar is goed in almal, wit, swart, geel of pienk.

Ek onthou hoe baie keer moes ek ontwrig word deur optogte teen plaasmoorde, en dan raak ek kwaad want ek is ontwrig.

Maar vir ‘n oomblik is ek stil. Ek vra myself, wat as dit my broer was, wat as dit my vriend was? Wat as dit ek was? Ek weet in Swartruggens is n plaasbestuurder wat my gereeld bel en dan praat ons oor die moorde, En hy se gereeld vir my “Jacque, ons moet meer ligte opsit, ons moet meer versigtig wees. Wat ek met elke oproep se ons sal dit doen. Ek wat in die stad bly en dit gemaklik het, gaan elke aand rustig bed toe, my veiligheid is bewaak deur mense om my. Ek het nie nodig om wakker te le en hoop dat ek nie moet wakker word met iemand wat my met n hammer of n graaf in die gesig slaan nie.

JacquesSR ·

Deel 2/2

Hier sit ons vandag, ons geniet n bord kos wat voorberei is, en skielik het ek die behoefte om iets om die eetkamer tafel te se. Dalk die korning in my bord wat Brendin gesaai of gemaai het. ‘n Hoender bors wat lekker smaak, is dalk die hoender wat Brendin self versorg het. En skielik smaak die kos bitter. Nie bitter van smaak nie, maar bitter vir wat daai seun moes ervaar. Ek is seker hy het vir sy Pa gese voor hy gery het dat hy hom lief het, ek glo sy meisie wat by die huis gewag het, het vir hom koffie gemaak toe sy weet hy is oppad huistoe. Ek is seker sy ma het vir hom gese hulle moet Sondag bymekaar kom vir ete.

En hier sit ek, staar na my bord kos, my knop in my keel, ek ken die kind van geen kant af nie, ek het geen idea hoe hy was as n mens nie. Maar skielik voel ek leeg, skielik is die wardeur ek my famielie, skielik wil ek uitgaan na die naaste boer toe en se “Dankie”…Dankie day hy sy lewe, sy hele famielie se lewe op die spel sit sodat ek kan eet.

Herman ·

Dit is tyd dat ons Afrikaners begin saam staan en ophou om elkeen sy eie koningkrytjie bou. Ons moet almal op dieselfe tyd op ons kniee gaan en bid dat ons Verlosser ons sal lei en beskerm. Niemand anders gaan ons help nie behalwe God wat ons elke dag by ons is.

MakersMark ·

Want swak kwaliteit mense het geen waardes nie en volg geld nie waardes nie. “If you do not stand for anything you kneel for everything”.

Francois ·

My suster en swaer het vir ongeveer 12 jaar geestelike werk gedoen in ‘n land waar jou familie vir jou moet sorg wanneer jy in die tronk beland. Dit sluit alles in – kos, klere, komberse – alles. Dis staat gee net “die fasiliteit”. As jou familie dit nie doen nie, moet jy hoop jou vriend langs jou se familie sorg vir hom. Anders….tough!!!

Porseleintjie ·

Met elke moord op n boer is dit dieselfde afgesaagde rympie. Veroordeel die daad en blah blah blah. Niemand glo dit nie, want sommer nou nou is daar weer so n berig. Nie die ANC of DA of watter organisasie gaan iets doen nie, want om polities korrek te wees is veel belangriker as die beskerming van ‘n blanke boer se lewe. Dus by praat sal dit bly.

Ria ·

Die president is nmoordenaar. Die ANC is moordenaars. Almal wT hierdie situasie laat voortgaan sonder ingryping is moordenaars. Cyril, jy het die boere gefaal, jy is nes jou mede gebroedsels antu “wit”. Dit sal nie heĺp om ons te hast nie , ons gaan nie verdwyn nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.