Horner-plaasmoord: Twee verdagtes aangekeer

Twee verdagtes is in verband met die grumoord op Brendin Horner in hegtenis geneem. (Foto: Facebook)

Twee verdagtes is reeds aangekeer in verband met die moord op die 21-jarige Brendin Horner.

Die jong plaasbestuurder se liggaam is Vrydagoggend vroeg in ʼn veld op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux in die Vrystaat aangetref. Hy het glo verskeie steekwonde, asook ʼn kopwond gehad. Sy kneukels was na verneem word bebloed soos wat hy glo sy aanvallers probeer afweer het.

ʼn Soektog na Horner is Donderdagaand begin nadat hy vroeër die dag by sy pa, Robby, gaan kuier het, maar daarna spoorloos verdwyn het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het gesê speurders van die Senekal-polisiestasie het die twee verdagtes Saterdag in Fareng tse Tho, in Paul Roux, in hegtenis geneem.

“Bloedbevlekte klere en skoene is gevind en sal vir forensiese toetse gestuur word. Die twee mans is glo veediewe en die oorledene het hulle moontlik op daardie noodlottige dag gesien,” het Makhele gesê.

Horner se liggaam was met ʼn tou aan ʼn paal vasgemaak in ʼn stuk veld op die plaas waar hy gewerk het. Hy was ʼn plaasbestuurder vir Gilly Scheepers, eienaar van die Bloukruin-boerdery in die omgewing.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 43 jaar oud, verskyn na verwagting Dinsdag in die Senekal-landdroshof op aanklag van moord.

Die minister van landbou, Thoko Didiza, het die moord op Horner Saterdag ten sterkste veroordeel, terwyl die DA-leier in die Vrystaat, dr. Roy Jankielsohn, die voorval as “tragies en brutaal” bestempel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

41 Kommentare

jongste oudste gewildste
Werner

Klink eerder na twee terroriste as veediewwe

Byekonfyt

Gaan hulle met belastingbetalers se geld aan die lewe gehou word? Ja. Dis mos onmenslik om die doodstraf in te stel. Hoe oneweredig !!!!

Charles

Bring die doodstraf terug, dan sal hierdie sinnelose moorde end kry!!!

Mariana

Sinneloos en wreed vermoor, nog ‘n jongmens se lewe net eenvoudig kort geknip. Mag hulle swaar gestraf word, maar vir hulle sal daar heel waarskynlik ‘n ligte straf wees. Wanneer gaan die regering wakker skrik of is plaasmoorde regtig nie belangrik nie.

JohanR

Aangekeer en by Dinsdag uit op R1000 borg elk!