Hospersa dreig met staking by SANParke

SANParke

Die vakbond Hospersa het gedreig dat hulle landswyd by SANParke gaan staak ná loononderhandelings by die toerismereus vasgeval het. Twee ander vakbonde ondersteun ook die staking.

Kevin Halama, woordvoerder van Hospersa, het gesê die vakbond het SANParke gewaarsku om die kwessie van regverdige vergoeding aan te roer, anders sal die staking ʼn negatiewe impak hê op toerisme-inkomste en bewaringspogings.

Hospersa is die meerderheidsvakbond by SANParke. Personeel word ook deur twee ander vakbonde verteenwoordig.

Halama het gesê onderhandelings by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) het vasgeval ná die partye nie kon ooreenstem oor ʼn salarisverhoging nie. “Die kommissaris het aanbeveel dat die partye op ʼn 8%-verhoging skik, en die vakbonde was bereid om dit te aanvaar, maar SANParke kon slegs 6,5% aanbied. Die partye sal weer volgende week Woensdag vergader om planne te finaliseer vir die staking.”

Hy het bygevoeg die vakbonde is baie teleurgesteld dat SANParke nie aan die 8%-aanbod kon voldoen wat die kommissaris aanbeveel het nie. “Die onderhandelings sloer al te lank, aangesien ons lede al sedert April vir hul verhogings wag. Ons het geen ander keuse as ʼn staking nie om die werkgewer te dwing om sy aanbod te verbeter.”

SANParke maak intussen gereed vir sy jaarlikse week waar gratis toegang aangebied word tussen 8 en 15 September 2019. Tydens dié week kan besoekers al 21 SANParke-fasiliteite gratis besoek. ʼn Staking deur die drie vakbonde sal die dag-tot-dag-dienste beïnvloed wat huishoudelike en besoekersaktiwiteite soos begeleide staptogte, wildkyktoere en vulstasies insluit.

“Besoekers sal ook sukkel om toegang te bekom tot die parke, omdat toegangshekke en ontvangsgeriewe by kampe hierdeur geraak sal word,” het Halama verduidelik. “Ons lede sluit veldwagters, wildbewaarders, veldgidse, vulstasiepersoneel en ontvangspersoneel in.”

Hospersa het aanvanklik ʼn verhoging van 11% geëis.

Nagenoeg 5 000 werknemers sal na verwagting aan die staking deelneem.

“Ons doen ʼn beroep op SANParke om sy posisie te heroorweeg om die staking te verhoed,” het Halama gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Adoons ·

SANPARKE gaan hulself uit die mark uit prys vir die meeste plaaslike besoekers! Sommige reservate se fooie het die afgelope twee jaar met 25% gestyg. Wie gaan die stakers betaal as plaaslike besoekergetalle daal? Met die beelde wat nou op TV gewys word oor hoe buitelanders hier behandel word, gaan oorsese toeristegetalle ook daal! Besef werkers nog nie jy kan jouself werkloos staak nie?

Ben ·

Staak die ekonomie die afgrond in, ons raak al gewoond daaraan.

Pottie ·

Dit is tyd dat ons blankes ook staak want die anc mors met ons maar ons is mos soos donkies hou maar net aan ons moet maak soos hulle as die regering iets doen wat ons nie van hou nie dan staak ons hoe klink daai

Dries ·

Ek stem pottie die anc moet weet ons praat nie net nie ons kan doen ook maar nou ja om ons blankes te kry om saam te staan is n ander storie maar as die moeilheid eers daar is dan wil almal wakker skrik dit is mis hoe ons is ek sal saam jou taan pottie genoeg is genoeg

Derek ·

Gaan…soooo bevorderlik vir die ekomie en toerisme boonop wees…!!!
HOE dom kan mens wees?

Wielspore ·

Nog ‘n staking in die KNP, is daar dan ‘n poging om ‘n nuwe rekord op te stel vir die hoeveelheid stakings in een jaar.

Pottie ·

Ons moet gaan leer by die mense van hong kong hoe om saam te staan die anc gaan dan tot n val kom dink ek

Gert van Wierdapark ·

Stakings is nou een van die gewildste “Span-sports” in SA!!! Kan nou ook suksesvol in die Guinneas Book of Records! Viva die stakende fa-bonde!!

stoney ·

Ons is bespreek in Krugerpark van 10 Sep 2019. Gaan Sanparke ons toelaat om by die hek in te kom? Julle het my geld gevat, wat nou?

Fanie Meintjes ·

Miskien dat hulle maar van die vakbonde se mense aflê en mense aanstel wat WIL werk. Lê genoeg af om die res dan die 8% verhoging te gee. Verwys die afgelegdes dan na hulle unies toe wat nie kan verstaan as ‘n firma nie ‘n vooropgestelde verhoging kan bekostig nie. Wag so 6 maande, dan kan hulle mense aanstel wat bereid is om te werk.

Uys ·

As jul ophou dreig en verniel en die hele land hul nonsens stop sal daar weer baie meer toeriste na SA stroom dan kan jul ń 8% of selfs meer as verhooging verwag. Hoe moet SANParke verhooging betaal as daarGEEN fondse vanaf die staat kom nie.
Toeriste vaniit Frankryk kom ook nie meer na SA as hul kinders het nie.

Bigclaw ·

Ja Stoney ek het ook betaal vir vanaf die 12de Sept. Ek is bevrees ons gaan die geld verloor. Dit pla sanparke in elk geval nie.

Astrain ·

Ons was gister in Mopanie kamp in Kruger…hulle is in elk geval op n sloer staking as ek na die verval, verwaarlosing en agteruitgang in Kruger Wildtuin kyk! Peperduur en pateties!!!

Annalize Pienaar ·

Krugerwiltuin is besig om te verval .Was daar in Augustus 2019, baie hutte word nie uitverhuur nie, hulle is stukkend en word nie reggemaak nie.

Niklaas ·

Ons woon naby KNP en is gereelde besoekers. Dit bly top bestemming oor naweke , maar pryse styg geweldig en min onderhoud word gedoen. Dis asof die personeel nie juis beroepstrots koester nie. En nog minder omgee oor toekomstige toeriste getalle . Dis maar een van die dinge van Afrika en ons moet maar aanvaar en daarmee saamleef ( of die land verlaat….)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.