Hou op spekuleer oor AKA-moord, vra polisie

Anele Tembe was verloof aan die bekende kletsrymer Kiernan Forbes, beter bekend as AKA. (Foto: akaworldwide/Instagram)

Die polisie het weer eens ʼn beroep gedoen teen die publikasie van ongegronde bewerings rakende die voortgesette ondersoek na die moord op die bekende Suid-Afrikaanse rapper Kiernan ‘AKA’ Forbes en Tebello ‘Tibz’ Motsoane.

Forbes (35) en Motsoane (34), ʼn sjef en sakeman, is op 10 Februarie buite ʼn bekende restaurant in Durban doodgeskiet.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, is sommige mediahuise klaarblyklik daarop uit om die polisie se pogings om die moordenaars op te spoor en geregtigheid aan die families te bring in die wiele te ry.

Daar is Dinsdag deur sommige media berig dat die vuurwapen wat in die moorde gebruik is gevind is.

“Hierdie onsensitiewe, onetiese en onbedagsame beriggewing het ʼn groot potensiaal om persone van belang in die ondersoek bewus te maak van die polisie se vordering in die saak en dinge verder te bemoeilik. Boonop plaas bewerings van hierdie aard ook die ondersoekspan onder onnodige druk en stel hulle lewens in gevaar.”

Die polisie het ʼn beroep gedoen vir respek van die ondersoekproses en om nie ongegronde bewerings en bespiegelings te publiseer nie. “Die polisie vorder goed met die ondersoek en wanneer die tyd reg is, sal die publiek dienooreenkomstig ingelig word.”

Die polisie het einde Maart dieselfde beroep gedoen nadat daar berig is dat daar ʼn deurbraak in die moordsaak gemaak is en dat verdagtes in hegtenis geneem is.

Forbes en Motsoane is die betrokke Vrydagaand net ná 22:00 in Floridaweg in Morningside, Durban, doodgeskiet.

Volgens inligting tot die polisie se beskikking was hulle op pad terug van die restaurant af na hul voertuig. Twee gewapende verdagtes het die straat oorgesteek en hulle van naby geskiet. Die verdagtes het weggehardloop.

Albei slagoffers is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

TruthDealer ·

Vir my persoonlik is daar nie veel om oor te spekuleer nie. Dis SA. As een of altwee vd mans iemand bloot geirriteer het, het die moordenaar(s) dit gesien as hul volste reg om die slagoffers te vermoor. This is the Wild West, after all. Lawless, ungovernable and even if criminals are caught, their “human rights” always supercede those of their victims.

Minnie ·

Stem heeltemal saam. Die media asook sekere mense het die moord so uit verband geruk, maar plaasmoorde en wit moorde word DALK net genoem.
Moord op alle mense is n tragedie, nie net op bekende mense nie.
Die diskriminasie op hierdie gebied walg my….
Ons woon in n siek land met geen bekwame leierskap nie. Polisie is n sirkus….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.