Huisbrand laat baba kritiek

Argieffoto

ʼn Vier maande oue babaseun is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy ernstige beserings in ʼn huisbrand in Bloemfontein opgedoen het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die voorval het Dinsdagmiddag by ʼn huis in Bakerstraat plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel was plaaslike owerhede en die brandweer reeds by die eiendom,” het hy gesê.

Meiring het gesê omliggende inwoners het die gesin gehelp om uit die brandende huis te kom, waarna die gesin na ʼn buurman se huis geneem is.

“Die baba is ondersoek en daar is bevind hy het ernstige brandwonde reg oor sy liggaam opgedoen en sy toestand was kritiek. Paramedici het dadelik alles in hul vermoë gedoen om te probeer om die baba te stabiliseer.”

Die baba is daarna na die Pelonomi- akademiese hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.