Twee vermeende huisrowers is dood en ’n derde gewond nadat hulle Dinsdag vroegoggend op ’n huis in Westville in die omgewing van Durban in KwaZulu-Natal toegeslaan het.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê drie mans het omstreeks 06:45 toegang tot ’n huis in Gracelaan in Westwood verkry, waarna hulle die inwoners van die huis van hul besittings beroof het.
“Die verdagtes is deur die eienaar van die huis genader en skote is afgevuur.”
Volgens Gwala is twee van die verdagtes op die toneel dood verklaar. Die derde verdagte is in die proses gewond en na ’n hospitaal geneem vir mediese behandeling.
Die polisie ondersoek nou ’n saak van poging tot moord en roof. ’n Geregtelike doodsondersoek word ook gedoen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Op en wakker Westviller.
Vir inbrekers is hy ‘n riller.
Hoe lees mense hierdie “burgers skiet terug” artikels (Joost se broer in die kerk; Centurion mall roof ens.) en doen steeds geen moeite om n vuurwapen en opleiding te kry nie?
Ek hoop nie die “poging tot moord” is teen die huiseienaar gemik nie!
Kyk bietjie na die tyd – dit is wanneer mens die minste op jou hoede is – besig om op te staan of werk toe te gaan of wat ookal. Mr Huiseienaar – jy het baie mense verdriet gespaar en baie belastingbetalers se geld gespaar.
Sjo dis is rof in hierdie land….eintlik oorlog