Die regering beplan om huishoudelike geweld binnekort tot ʼn spesifieke en afsonderlike misdaadkategorie te verklaar sodat dit meer effektief bestry kan word, het die minister van vroue, Bathabile Dlamini, in die parlement aangekondig.
Dlamini het geantwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur Makoti Khawula, EFF-parlementslid van Durban.
Khawula wou weet wat Dlamini se departement gaan doen om vroue beter te beskerm. Die minister het onderneem dat die Wet op Seksuele Misdrywe, die Wet op Gesinsgeweld en die Strafproseswet dienooreenkomstig hersien sal word.
“Omdat huishoudelike geweld nie tans ʼn afsonderlike misdaad is nie, word dit aangeteken as deel van aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging ensovoorts,” het Dlamini gesê.
Verlede jaar is 2 930 vroue in die land vermoor terwyl 36 731 onder seksuele geweld deurgeloop het. Daar was 3 554 gevalle van poging tot moord op vroue, 53 263 aangetekende gevalle van aanranding teen vroue met die opset om ernstig te beseer, en 81 142 algemene vroue-aanrandings.
Volgens Dlamini is dit egter net die oortjies van die seekoei: Gemiddeld bly vroue in Suid-Afrika tien en ʼn half jaar in ʼn verhouding waarin hulle mishandel word voordat hulle dit aanmeld.
“Ek meen die aanpassings soos ek dit pas uiteengesit het, sal help om die voorkoms van geweld teen vroue te voorkom en hok te slaan,” het Dlamini afgesluit.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
24 Kommentare
Nog wette is nie oplossing nie. Pas net huidige wette toe en volg misdaad op.
Ou Jan -jan skets die ding mooi. Dit klink of ons n minister het wat baie goed gaan doen. Ongelukkig ken ons haar en het baie vertroue dat sy weet wat sy doen
Is sy nog hier?
OOOOO…AARDBODEM❗❗
GEE SA NET KRAG V DIÉ ENE ??
Goeie polisie foto. Ek stel voor hulle stel aparte wette met minimum gevangenisstraf van 20 jaar vir kriminele in die parlement en kabinet ook in. Veral vir die betrokke by korrupsie staatskaping, wat eintlik hoogverraad is. Of hoe se jy dlamini?