Huishoudelike geweld dalk apart gekriminaliseer

Bathabile Dlamini. Foto: GCIS/Flickr

Die regering beplan om huishoudelike geweld binnekort tot ʼn spesifieke en afsonderlike misdaadkategorie te verklaar sodat dit meer effektief bestry kan word, het die minister van vroue, Bathabile Dlamini, in die parlement aangekondig.

Dlamini het geantwoord op ʼn skriftelike parlementêre vraag deur Makoti Khawula, EFF-parlementslid van Durban.

Khawula wou weet wat Dlamini se departement gaan doen om vroue beter te beskerm. Die minister het onderneem dat die Wet op Seksuele Misdrywe, die Wet op Gesinsgeweld en die Strafproseswet dienooreenkomstig hersien sal word.

“Omdat huishoudelike geweld nie tans ʼn afsonderlike misdaad is nie, word dit aangeteken as deel van aanranding, aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging ensovoorts,” het Dlamini gesê.

Verlede jaar is 2 930 vroue in die land vermoor terwyl 36 731 onder seksuele geweld deurgeloop het. Daar was 3 554 gevalle van poging tot moord op vroue, 53 263 aangetekende gevalle van aanranding teen vroue met die opset om ernstig te beseer, en 81 142 algemene vroue-aanrandings.

Volgens Dlamini is dit egter net die oortjies van die seekoei: Gemiddeld bly vroue in Suid-Afrika tien en ʼn half jaar in ʼn verhouding waarin hulle mishandel word voordat hulle dit aanmeld.

“Ek meen die aanpassings soos ek dit pas uiteengesit het, sal help om die voorkoms van geweld teen vroue te voorkom en hok te slaan,” het Dlamini afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann M van Heerden ·

Nog wette is nie oplossing nie. Pas net huidige wette toe en volg misdaad op.

Dries du Toit ·

Ou Jan -jan skets die ding mooi. Dit klink of ons n minister het wat baie goed gaan doen. Ongelukkig ken ons haar en het baie vertroue dat sy weet wat sy doen

Henk ·

Goeie polisie foto. Ek stel voor hulle stel aparte wette met minimum gevangenisstraf van 20 jaar vir kriminele in die parlement en kabinet ook in. Veral vir die betrokke by korrupsie staatskaping, wat eintlik hoogverraad is. Of hoe se jy dlamini?

Jan pierewiet ·

Ja asseblief terwyl sy besig is met syfers, noem die geraamde bedrae dat die saak gesterk kan word en beter strafmaatreels gevolg kan word

Nico ·

Daar is reeds uitmuntende wette en regulasies in plek. Pas dit net behoorlik toe met ‘n effektiewe staats-administrasie.
Pas op dat oor-regulering nie aanleiding gee tot misbruik nie.

Anoniem ·

Hoe ironies is dit dat die Minister van vrouens huishoudelike geweld teenoor vrouens klasifiseer as saak beskadiging….

Tanya ·

Ag asb daar is geen wet nie. Jy probeer om iets te doen wat jy self nie weet wat om te doen nie. Kom by asb

Johann ·

Begin by die anti wat onder eed gelieg het en STEEDS deel is van die ANC se beboemdes vir parlement!

Sanet ·

Dié ANTÍE sy weet hom hopeloos té veel, vani grootkokkedore se sonnes… hulle sal nie durf raak aan haar nie,Johann vriend

Emma ·

Ag vader behoede my werk sy vir vroue maar in die parlement sit sy. Foeitog die vrou kry hulle of wil hulle nie uit kry nie

BlinkStephaans ·

Dis alles goed en wel en oulik en beslis nie so slegte idee….en seker omdat “our people” meeste deurloop onder hierdie misdaad sal dit beslis deurgedruk word… maar hoe lank vra ons nou al dat plaasaanvalle ook daardie voorkeur behandeling kry?

Hennie ·

Ek sal haar nie eers aanstel oor ‘n bondel weggooi klere te stryk nie! Huis toe!

warrelwind ·

Hennie, wonder of sy nugter was, sit en slaap in die parlement, stuur haar lande toe om tamaties te gaan pak.

Sê net ·

Gesinsgeweldwet 116/1998 en regulasies is reeds in plek. Solank die polisiebeamptes die instruksies t.o.v. gesinsgeweld volg en behoorlik rekord hou soos van hulle verwag word, hoef dit nie te verander nie.

Asjas ·

Nuwe wette, jippeee, great!!
Kom ons gaan maak die slapende polisiemanne en vroue wakker sodat hulle ook weet daar is nuwe wette wat oortree mag word terwyl hulle in stasies en voertuie tussen bosse le en slaap.

Zumie ·

Die doel hier is duidelik sodat die wet verander word dat die SAPD gemagtig word om summier te arresteer in sulke gevalle . So word daar somaar dadelik gestraf voordat die anderkant van die storie gehoor word (uit ondervinding weet ek dat die staat nie baie goed is om sy strafsake suksesvol enduit te volvoer nie en hulle weet dit) Nou word die dreigement van “as vroulief kla word jy summier toegesluit gebruik as afskrik middel” Kyk maar – dit is hoe die wet verander gaan word….. “vroueregte ” trek nou die beginsel van “hoor ook die ander kant” skeef.

J ·

Wat van manne wat deur hulle lewensmaat mishandel en geslaan word. Wat van jong manne en ouer manne is hulle nie ook deel van huis houdelike geweld nie.

Judge Dredd ·

Om na Dlamini op TV te luister moet ook geklassifiseer word as huishoudelike geweld.

pieter ·

HET IEWERS GELEES”EN DIT WAS NAG” KANNIE ONTHOU WATTER BOEK NIE.DIE NAG IS HIER OP ONS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.