Impala-myn: 11 dood, 75 beseer toe hysbak val

Impala Platinum se Rustenburg-myn. (Foto: Implats)

Minstens 11 mynwerkers is dood en meer as 70 beseer ná ʼn ernstige voorval Maandag by ʼn skag van Impala Platinum (Implats) se myn in Rustenburg.

ʼn Woordvoerder van Implats sê 86 werknemers het in ʼn hysbak, wat mynwerkers in die mynskag op en af hys, gestaan ​​toe dit onverwags begin val het.

Voorlopige inligting dui daarop dat daar fout gegaan het met ʼn kabel wat aan die hysbak verbind is.

Volgens Implats bestaan die hysbak uit drie vlakke – elkeen met die kapasiteit om 35 personeellede te dra.

Elf mynwerkers is in die voorval dood en 75 hospitaal toe geneem vir mediese behandeling.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Oujongvrou ·

Iets het onverwags verkeerd gegaan????? Nee, die goed word nie in stand gehou nie. En as dit breek dan is almal verbaas. Ons lewe in n tydbom van n land

Wielspore ·

Tragies, geen werknemer verdien om werk toe te gaan en nie terug te kom. Sterkte aan die familie en vriende. Werkgewers moet onthou, veiligheid eerste, hierdie toestel val onder Lifting Equipment en daar is wettige inspeksies wat uitgevoer moet word.

Suzette ·

Hierdie kaders in beheer het nog nooit besef dat goed in stand gehou moet word nie – dit gebeur nie vanself nie…… dit is die vrugte wat gepluk word van swak bestuur en geen instandhouding.

Danie ·

Iets Verkeerd! Nee Swak instandhouding. Daai kabel is 50mm en as hy geinspekteur word soos wat moet gebeur en sy nodige smering gekry het dan kan weinig fout gaan. Daai kabel kan ook etlike meters rek voordat hy breek . Indien die inspekteur van myne wat die ondersoek gaan doen reg opgelei is en sy werk ken dan sal die bevinding swak onderhoud wees. Jare gelede het die hoist drywer uit snaakse geit die brieke vas gemaak dan het daardie cage op en af beweeg in die skag om jou bang te maak en gwoonlik het dit gebeur wanneer die omsetter n sekere kode vir die drywer gestuur het. Wie weet miskien was dit weer so. Horseplay.

Renier ·

35 in n hysbak per vlak,daar was 86 in die hysbak. Oorlaai,of verstaan ek verkeerd?

Jedi Knight ·

In 1980, 1987 en 1995 was daar ook sterftes agv hysbak ongelukke.

Renier, 35×3=105. Die hysbak was nie oorlaai nie.

Stefan ·

Ongelukke gebeur nogsteeds, al is die instandhouding op standaard en word die nodige inspeksies gedoen. Die Titanic het gesink al het hulle gesê dit kan nie gebeur nie. Ons sal wel uit die ondersoek te hore kom wat die werklike oorsaak was van die ongeluk.

Andries ·

Met 32 jaar diens as hysbak operateur/drywer sê ek nou iets maak nie sin nie. Daardie tou/ kabel kan nie breek nie . Sy minimum breeksterkte moet 10 x sy gewig kan dra voor hy enigsins kan breek. Dit word 6 maandeliks getoets by ‘n toetsstasie (wnnr) en maandeliks word die tou elektronies getoets vir enige defekte asook word die hysbak elke dag ondersoek.

Peet ·

Gedurende die 80-ger jare as Onsetter daar gewerk. Instandhouding was over-the-top. Dailys, weeklies, ens. Strand vd kabel volgens voorskrif weg gestuur vir ontleding. Weet iemand by watter skag dit was?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.