Invloedryke struggle-stem teen onteiening sonder vergoeding

Adv. George Bizos.

Die stryd teen onteiening van grond sonder vergoeding het vanoggend ʼn enorme hupstoot gekry toe adv. George Bizos hom teen ʼn wysiging van die Grondwet uitgespreek het.

Bizos is die land se voorste menseregte-advokaat. As enigste oorlewende lid van die Rivonia-regspan en die regspan wat die kommunis Bram Fischer verdedig het, en as oudpres. Nelson Mandela se jare lange regsverteenwoordiger is sy invloed en morele statuur in die regerende ANC werklik enorm.

Bizos was vanoggend in gesprek met regter Edwin Cameron van die konstitusionele hof voor ʼn groot gehoor by die Universiteit Stellenbosch se Woordfees, en het hom sterk uitgespreek oor die grondkwessie.

“Ek is bekommerd oor wat besig is om met die grondkwessie te gebeur. Artikel 25 van die Grondwet het agt subartikels van wat die regering behoort te doen om die ongeregtighede van die verlede met betrekking tot grond reg te stel. Artikel 74 van die Grondwet gee verdere leiding hieroor.

“Die Grondwet se bepalings is heeltemal voldoende om die saak reggestel te kry, maar behalwe vir ʼn tydperk tydens die Mandela-bewind het die regering net mooi niks gedoen nie – net mooi niks!” het Bizos gese.

“Ek stem saam met die voormalige adjunkhoofregter, regter Dikgang Moseneke, dat die stadige vordering met grondhervorming te wyte is aan korrupsie en onbeholpenheid in die regering.

“Vir die jonges wat tans aanvoer dat alle wittes kolonialiste is, wil ek vra of ek ook een is. Ek dink nie ek is nie,” het Bizos voortgegaan.

“Wees versigtig voor jy die Grondwet wysig. Die huidige Artikel 25 is heeltemal genoegsaam. Daar is byvoorbeeld genoeg ruimte om onbewerkte grond te onteien – ook waar dit al generasies in ʼn familie se besit is, maar die huidige eienaars stedelinge is wat dit net soms gebruik om saam met vriende te jag.

“Waar niks geproduseer en geen belasting betaal word nie, is daar ruimte om teen baie klein koste binne die bepalings van Artikel 25 te onteien. As die eienaar hof toe gaan, sal die hof ten gunste van die regering beslis,” het Bizos voorspel.

Sy uitlatings sal verdere stukrag gee aan die groeiende beweging teen die EFF-voorgestelde en ANC-gesteunde parlementsbesluit verlede week dat ʼn parlementêre komitee teen Augustus moet terugrapporteer oor hoe die Grondwet gewysig en onteiening sonder vergoeding afgedwing kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eish

Die liberales begin ook die pyn van hul kleur ervaar. So is alger verblind deur die woordgimnastiek van die bevrydingsteologie waar die verbloemde agenda nou kaktusse baar. WEE die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand. Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel. Daarom, so sê die Here : Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke… Lees meer »

PJC

Foeitog dit lyk of hierdie nou na al die jare eers agterkom wat wat hy einlik al die tyd verdedig en ondersteun het. Seker wysheid met die grysheid.

Jerry

Malema gaan Bizos uitkryt as n verraaier! Meer prominente ANC lede gaan hulle stemme by Bizos se stem voeg mbt die regte manier om die grondkwessie te hanteer. As die EFF dink die DA het hulle verraai mbt die grondkwessie dan sien ek die ANC die EFF verraai nog voor hulle enige koalisies met die ANC kan sluit.

Alida

Dankie Mnr Bizos probeer dit net in die rooi ongeletterdes se koppe inkry. Ek stem gee vir hulle onbewerkte grond dan kyk ons of hulle dit voordelig sal uitbrei tot voordeel van almal. I have my doubts.

Piet Snot

Gelukkig het Oom George heelwat eiendom.