Jacobs se vermeende aanvaller in hof

Beminde Jacobs in haar restaurant, Tromp-Op Boerekos Kombuis, in Trompsburg. (Foto: Anja van der Merwe / Maroela Media)

Die saak teen die man wat daarvan beskuldig word dat hy Beminde Jacobs (62) op ʼn plaas in Trompsburg aangeval het, sal in aanhouding bly totdat hy op 28 Julie formeel om borgtog kan aansoek doen.

AO Loraine Earle, polisiewoordvoerder, het Vrydag aan Maroela Media bevestig dat Macebo Patrick Phunga (39) aangekla word van aanranding met die doel om ernstig te beseer, verkragting en roof met verswarende omstandighede.

Hy het Donderdag vlugtig in die plaaslike landdroshof verskyn waar sy saak met ʼn week uitgestel is.

Maroela Media het vroeër berig dat Jacobs op 3 Julie ʼn plaaswerker in haar vriend, Flip Henning (78), se huis betrap het. Die man – wat sy geken het – was besig om in die slaapkamer in laaie te grou.

Jacobs, wat die hofverskyning bygewoon het, het Donderdag op haar Facebook-blad geskryf dat sy “Satan in die oë gekyk het”.

“Ek het ʼn staalsterkgevoel ervaar toe hy die hof binnekom en [ek] het onwillekeurig tot op die rand van die bank geskuif. Ek het opgestaan en reg langs die beskuldigdebank gaan sit en hom stip aangekyk.

“God het vir my krag van bo gegee om dit te doen.”

Jacobs skryf verder dat sy emosioneel sterker voel, en glo dit sal elke dag beter gaan ongeag hoe lank die saak sloer.

“Slegte dae gaan daar vir seker wees, maar ek weier om ʼn slagoffer te wees. God is groot en ek is ʼn oorwinnaar.”

Sy het vroeër aan Maroela Media gesê dat die aanvaller in ʼn oogwink op haar was. Hy het haar aangerand en gewurg en Jacobs het haar bewussyn verloor. Toe sy bykom, het sy besef sy is nie ten volle geklee nie.

Jacobs is ná die aanval sowat ʼn week lank by die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein behandel. Sy is ʼn bekende gesig op Trompsburg en die eienaar van die restaurant Tromp-Op Boerekos Kombuis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

melaney ·

Dit gaan ‘n interessante saak wees. Bly die dame is beter.

domheks ·

Vuilgoed! Hoop hy vrot in die tronk. As ons regstelsel net beter was! Maar nou ja…..

Swerwer ·

Beminde, is sò dankbaar dat jy terugbaklei en hul kan sien jy gaan nie tou op gooi nie. Diè pad is lank en styf maar met jou deursettingsvermoë sal jy oorwin. Mag die vuilgoed die ergste straf denkbaar ontvang

H.A. ·

Hulle almal word regtig voor gesorg. Die heyenas is nog oppad hof toe dan word hulle borgtog al bespreek en uitgeskryf.

SjN ·

Hy moet op dieselfde wyse hanteer word, gee hom vir die gemeenskap.

SomeOne ·

maar kry vonnis van 3 jaar, ons regstelsel is pateties verby

Groen-oog ·

Staan sterk Beminde. Jys klaar n wenner. Ons Hemelse Vader sal jou dra.

ES ·

Jy gaan op die ou einde oorwin – jy is nie ‘n slagoffer nie, jy is ‘n oorwinnaar van hierdie onreg wat jou aangedoen is – die hof sal hom SWAAR straf!

KatjieDeKat ·

Beminde, jy is a absolute ster vir jou ingesteldheid: “Maar ek weier om n slagoffer te wees”..WOW!!! Soveel respek aan jou. Ek self probeer ook so lewe. My gedagte is gewoonlik: “Oh well, things could always have been worse” en dan kyk ek na die dinge in my lewe om voor dankbaar te wees. En ek onthou almal wat ek van weet, wat nie so gelukkig was soos ek, om te oorleef nie. You are an unbreakable pillar, an Iron Woman in a world full of spaghetti straws. Ek lees wyd op die internet sowel as plaaslik, en dit gaan altyd my verstand te bowe, hoeveel mense lyk dit vir my, absoluut Desperaat is om slagoffers te wees. No backbone whatsoever, no belief in themselves, no self respect. Vrou, jy is n superster en ek stuur vir jou n massiewe drukkie!

Carel ·

Macebo Patrick Phunga se verweer sal heelwaarskynlik na so-iets klink:

“Ek het met ‘n skoon rein hart die bose blanke rassistiese vrou genader om hulp aan te bied, & sy het my sonder enige rede aangeval. Na ‘n hewige struweling, kom ek ter nouernood ontsnap uit haar kloue van wreedheid & teistering” . . . ens. ens.

Wonder wat die “Comrade” Landdros daarvan gaan sê ??

Perdeby ·

hoop nie hy kry borg nie, want wie gaan hom keer om haar weer te gaan aanval.

Niklaas ·

Nou waar is Hoedman en die dansende Rooi Oorpak brigade met sulke hofsake ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.