Barnard Beukman, direkteur van Glaskasteel Kommunikasie, sê dit volg nadat Moolman sedert sy onlangse beserings deur sy mediese span in ʼn geïnduseerde koma gehou is. “Hy is steeds in die trauma-eenheid van die hospitaal, maar daar is tevredenheid met sy algehele vordering. Sy dokters het aangedui dat hy nie noodwendig dadelik sal onthou presies wat met hom gebeur het en hoe hy beseer is nie.”
Beukman sê Moolman is reeds vir kort rukkies in ‘n stoel langs sy bed geplaas en het in ‘n goeie gees met geliefdes gesels. Hy sê aangesien Moolman steeds in die trauma-eenheid is, hy nog nie gereed is om enige media-onderhoude toe te staan nie.
Lees ook:
Musiekkonserte ten bate van Jannie Moolman
Jannie Moolman haal self asem
“Onwaarhede” oor Jannie Moolman versprei
Jannie Moolman se derde operasie ‘n sukses
Jannie Moolman ondergaan gesigoperasie
Jannie Moolman weer geopereer
Video: Jannie Moolman steeds in koma
Jannie Moolman kritiek ná val
Dis wonderlike nuus. Ek bid steeds dat jy volkome sal herstel. Hou die blink kant bo !
So dankbaar hy is besig om gesond te word. Wens hom net die beste toe.